Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jack Parow Kondig Nuwe Album Aan

Jack Parow Kondig Nuwe Album Aan

Blitsoorsig: Jack Parow marks his 40th birthday with an ambitious plan to release a new single on the 22nd of each month for 12 months, building toward his full-length album Die Evangelie van Goeie Tye. His first single, "Demone" featuring Margot, explores personal struggles and represents a metaphorical rebirth in his mindset and music. The post also covers Parow Fest dates in 2022.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 22, 2022No Comments3 Mins Read Music News 65 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dit is Jack Parow se veertigste verjaardag vandag (22/2/22). Om hierdie mylpaal te vier, beplan Parow om op die 22ste van elke maand vir 12 maande lank ‘n nuwe enkelsnit uit te sit in aanloop na die vrystelling van sy vollengte album getiteld, Die Evangelie van Goeie Tye, wat op 22 Februarie 2023 uitgereik sal word.

Jack Parow se eerste enkelsnit vanaf Die Evangelie van Goeie Tye, ‘Demone’ feat. Margot, is nou uit

Verlede jaar het Jack Parow na die Knysna woud gegaan om sy persoonlike demone in die gesig te staar en het sterker as ooit terug gekom.

Jack Parow vertel: “Dit was seker een van die donkerste tye van my lewe, maar ook die ligste.  Dit is ‘n baie betekenisvolle song vir my en om dit te kon skryf, en so eerlik te wees met myself, in so ‘n ‘scary mind space’ was een van die dinge wat my uit daai donkerte uit gekry het en terug na die lig toe.  So, dit is baie toepaslik dat dit die eerste single is vanaf my nuwe album, want dit was vir my die begin van ‘n proses wat gelei het tot ’n  metaforiese hergeboorte in my ‘mind state’ asook in my musiek.”

Margot Rothman is bekend vir haar dekking van ‘Toe vind ek jou’ op die fliek, ‘Fiela se kind’ se klankbaan. Haar broer, Loki Rothman, het ‘Demone’ vervaardig en vervaardig ook van die ander liedjies op die ‘Evangelie van Goeie Tye’.

IQ AcademyOfferforge

YouTube video player

Jy kan “Demone” HIER stroom / download.

Ek moet erken dat dié een van die beste Afrikaanse liedjies is wat ek sover in 2022 gehoor het. Eks sommer lus en gooi vir my demone ‘n middelvinger (thanks Jack Parow). Ek’s nuuskierig om te hoor hoe die res van die album gaan klink. Ek scheme dit gaan een vir die boeke wees. Net jammer ons moet ‘n jaar vir dit wag!

Jack Parow se Parow Fest 3 is Aan!

Geen ander Suid-Afrikaanse kunstenaars kan spog met hul eie fees in Europa nie, maar Jack Parow het daardie ‘bragging rights’ vir homself gegryp. Parow se gevolg in Nederland is so groot dat dit sy Nederlandse besprekingsagent, Mojo/Live Nation, geïnspireer het om ‘n fees vir hom daar te skep getiteld Parow Fest.

Die eerste Parow Fest was gehou in November 2017 by TivoliVredenburg in Utrecht met Jitsvinger, Skip&Die (Nederland), De Kraaien (Nederland), Ertebrekers (België), en De Likt (Nederland) wat by Parow op die program aangesluit het. Die fees het uitverkoop en was ‘n massiewe sukses wat gelei tot Parow Fest 2 in 2019.

NetfloristOfferforge

Jack Parow - Parow Fest

Parow Fest 2019 was net so groot. Francois van Coke en Europese kunstenaars, Donnie, De Likt, Fata Boom, Het Gezelschap en Slongs was op hierdie program. Die fees was weer gehou by TivoliVredenburg in Utrecht. En weereens het Parow Fest uitverkoop!

(Palama Productions het ‘n dokumentêr gemaak, ‘From Parow to Parow Fest: The Jack Parow Story’ (2020), en is deels by hierdie fees verfilm. Die dokumentêr speel tans op Showmax en op Nederland se Amazon).

Weens die sukses van beide Parow Fests, het Mojo / Livenation besluit om in 2022 ‘n datum in Groningen by te las. Van Pletzen en Europese kunstenaars Russian Village Boys, Prins S. En De Geit en Lionstorm is saam met Jack Parow op vanjaar se program:

  • 9 April 2022: Sportmuziek, Groningen
  • 10 April: TivoliVredenburg, Utrecht

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News category on Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jack Parow reik “Demone” Musiekvideo uit

    Jack Parow - Demone Featured
    Music Videos 5 Sep 2022
  • Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis

    Jack Parow - Dis DDP
    Music News 11 Aug 2025
  • Jack Parow Reik “Die Evangelie van Goeie Tye” Uit

    Jack Parow
    Music News 22 Feb 2023
  • Jack Parow & Angie oeh se “Meisies & Partytjies” Musiekvideo is hier

    Jack Parow & Angie Oeh
    Music Videos 7 Dec 2022

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Demone Jack Parow Margot Rap South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,277
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.