Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jack Parow Reik “Die Evangelie van Goeie Tye” Uit

Jack Parow Reik “Die Evangelie van Goeie Tye” Uit

Blitsoorsig: Jack Parow het sy verjaardag gevir deur sy vollengte album Die Evangelie van Goeie Tye vry te stel. Die 13-snit projek is 'n jaar se werk waarin hy elke maand sedert sy veertigste verjaardag 'n liedjie vrygestel het. Die album is 'n persoonlike dagboek wat sy ervarings en gedagtes oor elke maand verken, met samewerkings met Early B, Angie oeh en ander kunstenaars.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 22, 2023No Comments2 Mins Read Music News 125 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dit is vandag (22 Februarie) Jack Parow se verjaardag en hy vier dit deur sy nuutste vollengte album, Die Evangelie van Goeie Tye, vry te stel. Hy het reeds ‘n jaar terug begin met hierdie album se vrystelling.

Jack Parow het sedert sy veertigste verjaardag verlede jaar elke maand op die 22ste ‘n nuwe liedjie vry gestel en nou is hierdie 13-snit album uiteindelik hier in sy volle glorie.

Jack Parow lewer kommentaar oor die album

“Partykeer is dit sad, partykeer is dit happy. Soms is dit introspektief en soms is dit social commentary. Partykeer probeer ek inspireer en ander kere kyk ek na my eie ervarings en probeer hulle dissekteer.”

“Dit is ‘n jaar uit my lewe, ‘n maand-tot-maand dagboek in die vorm van musiek; ‘n snapshot van waar my kop elke maand was in die jaar nadat ons ons vryheid terug gekry het na amper drie jaar se lockdown.”

NetfloristOfferforge

Jack Parow - Die Evangelie Van Goeie Tye

“Die afgelope twaalf maande van hierdie album maak was een van die coolste en mees insiggewende jare van my lewe. Dit het my baie geleer en ek is super trots om dit te kon klaar maak en te vry te stel in sy geheel.”

Jack Parow

Die album sluit in samewerkings met Early B, Angie oeh, Bliksemstraal, Margot en Loki Rothman. Loki het meeste van die liedjies op die album saam geskryf, al die liedjies vervaardig en sing saam op “Mermaid”.

Die vollengte album skop af met die “Evangelie van Goeie Tye” intro en sluit af met die finale enkelsnit van die album, “Neus Breek”.

YouTube video player

Oor “Neus Breek” het Jack Parow die volgende te sê

“Dit is so hard jy gaan jou kop wil verloor op die song. En wat is ‘n beter manier, om ‘n jaar van binne my kop rondkrap opsoek na musiek, af te eindig met ‘n track wat my van vooraf my kop laat wil verloor! So, hier’s hy nou, ‘n jaar se bloed, sweet en trane vir jou ore. Geniet hom. Gooi. Destroy.”

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis

    Jack Parow - Dis DDP
    Music News 11 Aug 2025
  • Jack Parow & Angie oeh se “Meisies & Partytjies” Musiekvideo is hier

    Jack Parow & Angie Oeh
    Music Videos 7 Dec 2022
  • “Innie Boland” Released by Parow, YoungstaCPT & Middelvinger

    Jack Parow, Middelvinger, YoungstaCPT
    Music News 1 Jul 2022
  • Jack Parow Kondig Nuwe Album Aan

    Jack Parow - Parow Fest
    Music News 22 Feb 2022

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Evangelie Van Goeie Tye Jack Parow Rap South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.