Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Jack Parow & Angie oeh se “Meisies & Partytjies” Musiekvideo is hier

Jack Parow & Angie oeh se “Meisies & Partytjies” Musiekvideo is hier

Blitsoorsig: Jack Parow en rapper Angie oeh het saamgewerk op "Meisies & Partytjies", die derde enkelsnit vanaf Parow se album Die Evangelie van Goeie Tye. Die liedjie word maandeliks vrygestel tot Februarie 2023 en is tans die meeste gestroom op die album. Die musiekvideo is by Liefde by die Dam in Johannesburg en The Lightning Bolt in Kaapstad verfilm.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 7, 2022No Comments3 Mins Read Music Videos 156 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jack Parow en mompel kletsrymer Angie oeh het twee noemenswaardige dinge in gemeen: meisies en partytjies. Hul samewerking, “Meisies & Partytjies” is die derde enkelsnit vanaf Parow se album, Die Evangelie van Goeie Tye. Hierdie album word stadig bekend gestel met ‘n nuwe enkelsnit wat op die 22ste van elke maand vrygestel word tot Februarie 2023.

Sover sluit hierdie album samewerkings met Early B, Margot, Loki en Bliksemstraal in, maar “Meisies & Partytjies” is almal se gunsteling en die liedjie wat tans die meeste gestroom word op die album. En dis beslis die regte tipe liedjie om die partytjies aan die gang te kry hierdie somer.

Jack Parow & Angie Oeh

Jack Parow vertel ons wat hy dink van Angie oeh

“Angie is regtig great. Ek love dit om saam met haar te werk. Dis cool om weer iemand fresh en nuut te hê. Sy het so ‘n cool style en het regtig net good vibes ge-add tot hierdie song,”

Angie oeh vertel ons wat sy dink van Jack Parow

“Dis vir my die grootste eer om saam Jack Parow ‘n song te hê en nou ‘n musiekvideo ook. Hy’s die coolste dude en om saam hom by Liefde by die Dam op te tree is die hoogtepunt van my jaar. Ons hou van meisies en partytjies. En almal wat dieselfde like is welkom by ons plek!”

NetfloristOfferforge

Jack Parow & Angie Oeh - Liefde By Die Dam

Die musiekvideo is verfilm by die Liefde by die Dam fees in Johannesburg en by The Lightning Bolt straatpartytjie in Kaapstad. “Ons het ‘n bed gebou onsite by Liefde by die Dam sodat dit lyk asof ons ‘n partytjie hou in die bed.” vertel Jack Parow.

Jack Parow het nog ‘n snaakse stukkie om te vertel oor “Meisies & Partytjies” se musiekvideo

“Angie het voor Liefde by die Dam nog nooit ge-stagedive nie. Ek het nie gedink dat die meeste van die kids wat daar was nog nooit regtig by groot shows was nie weens Covid. En toe ek stage dive van bo af toe val ek reguit op die grond, want niemand het my gevang nie! Na dit wou Angie nie vanaf die verhoog te stage dive nie, maar toe klim sy af van en stage dive van onder af! Dit was nogal mal.”

Kyk die video vir die liedjie hier onder:

YouTube video player

Ek weet hierdie is nie almal se cup of tea nie, maar ek moet sê dat hierdie tune op my gegroei het oor die laaste jaar. Eks nuuskierig hoe Jack Parow se voltooide album gaan klink – iets in my gut sê net vir my dat dit goed gaan wees.

NetfloristOfferforge

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdatering in die Music Videos category on Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

    Angie Oeh - Wyfie
    Music News 20 Aug 2024
  • Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis

    Jack Parow - Dis DDP
    Music News 11 Aug 2025
  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026
  • Smiddy Turns Negativity into Motivation With “Mabili”

    Smiddy
    Music News 15 Apr 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Angie oeh Electro Jack Parow Rap South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.