Gazelle en Jack Parow is terug met “Hiekomkak”, hulle eerste colab sedert 2012 se “Hosh Tokolosh”. Ek weet glad nie HOE ek hierdie release gemis het nie, maar eks moer bly ek het dit gevang voor dit ou nuus word. Imagine iemand wat nou eers uitvind wie Vernon Koekemoer was? Skandalig.
Meer inligting oor “Hiekomkak”
“Hiekomkak” het net betyds gedrop voor die vakansieseison inskop in Suid Afrika (op die 3de Desember 2021). Die liedjie vat Afrikaanse stereotipes aan en is ‘n lekker stoute liedje wat lus is vir ‘n jol.
Die musiekvideo vir “Hiekomkak” is ‘n parodie van die Backstreet Boys video vir “I Want It That Way” en is ‘n refleksie op die materialistiese affluence influencer kultuur.
Dis ‘n satiriese aanname van hoe Hip Hop- en Pop-kunstenaars die visuele beelde van rykdom gebruik om die strewe tot ‘n onmoontlike standaard vir die meeste mense te laat voortduur. Die video eindig met ‘n oomblik van werklikheid en ‘n onthulling dat dit net ‘n droom was.
Wie is Gazelle nou weer?
Gazelle (regte naam Xander Ferreira) is een van ons land se mees erkende musikante. Hy is veral bekend vir sy gewilde samesmelting van kontemporêre elektroniese klanke en tradisionele Afrika-musiek. Hy mik om gapings tussen verskillende Suid-Afrikaanse kulture te oorbrug en daardeur sosiale kommentaar te lewer. Dis veral duidelik as jy na sy liedjie “Verlore Seun” luister (wat in die laat 2000s uitgereik is).
En Jack Parow?
Jack Parow (regte naam Zander Tyler) het geen bekendstelling nodig nie Die “rapper” (aka kletser) maak al vir jare golwe in die Suid-Afrikaanse musiek bedryf en rol gereeld lekker cathy tunes uit. Hy het al by omtrent elke musiekfees in die land gespeel en die kanse is goed dat jy die man met die snor by die bar al live gesien het in ‘n kroeg / kuierplek naby jou of dat jy ten minste al een van sy liedjies gehoor het.
Check die video vir “Hiekomkak” hier onder:
“Hiekomkak” is beskikbaar om te stroom / download op Spotify en al die ander musiekplatforms daar buite.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.