Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jack Parow & Loki Rothman Reik “Altyd op Vakansie” Uit

Jack Parow & Loki Rothman Reik “Altyd op Vakansie” Uit

Blitsoorsig: "Altyd Op Vakansie" is die temalied van die nuwe Afrikaanse romantiese komedie Kaalgat Karel. Jack Parow en Loki Rothman het die liedjie geskep om die gees van die fliek vas te vang, oor 'n karakter wat weier om groot te word en net pret en 'n sorgvrye bestaan wil voer. Die musiekvideo wys beide kunstenaars wat geniet en pret het, en moedig kykers aan om op te hou stres en hulleself te geniet.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 16, 2020No Comments5 Mins Read Music News 71 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

As jy, soos die res van die wêreld, genoeg gehad het van 2020, sal Jack Parow en Loki Rothman se nuwe liedjie “Altyd Op Vakansie” jou opcheer.

“Altyd Op Vakansie” is ’n opgewekte goedvoel-kreet vir die somer. Dit sal jou beslis laat beter voel!  Dié liedjie en musiekvideo is op Vrydag, 13 November bekendgestel en die video spog alreeds met naby 20 000 kyke!

Altyd op Vakansie - Jack Parow en Loki Rothman

Meer inligting oor “Altyd Op Vakansie”

Dis die temalied van die nuwe Afrikaanse romantiese komedie, Kaalgat Karel, wat vervaardig is deur Boondogle Films se Paul Egan en Meg Rickards (wat ook die regisseur is).  Die storie vertel die verhaal van ’n kaalnaeler, Karel (Francois Jacobs), wat halsoorkop verlief raak op ’n pligsgetroue paramedikus, Rita (Christia Visser), wat sy bas red nadat sy mannewales skeefloop, maar daar is een probleem; sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.

Dié skreeusnaakse rolprent se amptelike lokprent is ook pas verlede Donderdag bekendgestel en beloof om meer insae te gee oor wat kykers kan verwag. Kyk dit hier onder.

IQ AcademyOfferforge

Volgens Jack en Loki, sluit “Altyd op Vakansie” perfek by die tema van die rolprent aan

“Die liedjie gaan oor Karel wat weier om groot te word. Hy wil net pret hê en ’n sorgvrye bestaan voer, sonder verantwoordelikhede. Die ou vat nie die lewe te ernstig op nie.” vertel Rothman.

“Ons het besluit om nie ’n bestaande treffer te gebruik nie, maar eerder iets te skep wat die gees van die fliek vasvang. “Loki en Jack het ’n goeie werksverhouding en ons was nog altyd beïndruk met Jack se talent. Ons het geglo dat hy die perfekte kandidaat sou wees om die regte stoute lirieke op te tower, wat steeds met die hart sal praat. Loki is ook baie goed daarmee om die regte atmosfeer met musiek vas te vang. Die eindresultaat van hulle harde werk, is indrukwekkend. Alhoewel die liedjie spesiaal vir die fliek geskep is, glo ons dat dit ook ’n lewe van sy eie gaan hê,” verduidelik regisseur Meg Richards.

Jack Parow & Loki Rothman

Die musiekvideo vir “Altyd Op Vakansie” is vervaardig deur Meg Rickard en Paul Egan en die regie, redigering en kinemematografie is behartig deur Michael Carter ondersteun deur Abigael Thompson as kamera-assistent en bevat tonele uit die fliek, maar wys ook hoe Jack en Loki hulleself geniet.

“In die video is ons by die huis, besig om speletjies te speel, bier te drink en pret te hê. Ons is regtig net besig om ons beste lewe te leef.” vertel Jack Parow.

NetfloristOfferforge

“Die idee agter die video is om kykers aan te moedig om op te hou stres en hulleself te geniet.” vertel Loki Rothman.

‘n Spesiale woord van dank gaan uit na Theunis Uys vir die lewering van musiek produksie dienste op beide die film en musiekvideo. Kyk dit hier onder…

Beide kunstenaars glo dat “Altyd Op Vakansie” sal aanklank vind by luisteraars van alle ouderdomme

“Ek dink dis ’n lekker partytjieliedjie. Dit gee jou daardie vakansiegevoel en dit is ook die perfekte klankbaan vir diegene met ’n sorgvrye lewe.” vertel Loki Rothman.

“Na ’n rowwe jaar, kan ons almal doen met goeie vibes en ’n vakansie. Altyd op Vakansie is lighartig en pret – is dit nie waaroor vakansie gaan nie? Die lewe is goed en ons moet dit geniet. Ek en Loki het nog altyd lekker saam gewerk. Ons ken mekaar al lank en verstaan mekaar se styl, wat dit maklik maak om vinnig en doeltreffend te werk. Kaalgat Karel-span is wonderlik en dit is ’n groot voorreg om saam met hulle aan die temalied van die fliek te werk.” vertel Jack Parow.

Die fliek wat op 12 Februarie 2021 in plaaslike bioskope open beloof om kykers te bederf met hope humor, sport en aksiebelaaide pret – dis ’n pragtige liefdesverhaal wat, net soos “Altyd op Vakansie”, aanklank sal vind by gehore van alle ouderdomme.

“2020 was so ’n snotklap van ’n jaar. Ons was lus om vir ’n slag weer te lag, vakansie te hou, te dans, te braai en regtig te leef. Ons is mal oor die temalied wat Loki en Jack geskep het en glo dat dit ’n treffer gaan wees hierdie somer.” se Meg Richards.

Kaalgat Karel word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die -Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep. 

“Altyd Op Vakansie” is op alle digitale platforms beskikbaar. 

NUUSFLITS:

Na deeglike evaluering en oorweging van die huidige klimaat en situasie van die teater landskap het die Kaalgat Karel vervaardigers die pynlike besluit geneem om die vrystelling van dié romantiese komedie uit te stel tot 24 September 2021.

Die film deur Boondogle Films, wat geskiet is in Oos-Londen, het verfilming klaargemaak op die aand wat inperking ingestel is in Maart 2020 en was veronderstel om op Valentynsnaweek 2021 vry te stel.

“Dit was ‘n hartverskeurende besluit”, sê vervaardiger en skrywer Paul Egan. “Ons glo dat in ag geneem die tweede golf van die Covid-virus en die huidige inperking, gekombineer met die aandklokreel, dit nie nou die regte tyd is om die film in teaters vry te stel nie.”

“Ons is deeglik bewus van die uitdagende omstandighede waarmee so baie mense tans te doen kry, asook al die onsekerhede op die pad vorentoe”, sê Egan se mede-vervaardiger en skrywer, Meg Rickards, wat ook die regie vir die fliek behartig het.  “Dit was werklik ‘n moeilik besluit, veral omdat ons nie kan wag om die film met die res van Suid-Afrika te deel nie.  Ons is vol hoop dat teen Erfenis-naweek in September, die prentjie rondom ons drasties beter sal lyk.”

Beide Egan en Rickards dra graag hulle diepste medelye oor aan almal wat geliefdes verloor het gedurende die laaste tyd en wens almal sterkte toe wat teen die virus veg sowel as almal wie se voortbestaan daardeur geraak word.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis

    Jack Parow - Dis DDP
    Music News 11 Aug 2025
  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026
  • Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem

    Jaakie
    Music Videos 1 Nov 2024
  • Smiddy Turns Negativity into Motivation With “Mabili”

    Smiddy
    Music News 15 Apr 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Jack Parow Loki Rothman Rap South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,277
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.