Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Jack Parow reik “Bang Babbelas” music video uit

Jack Parow reik “Bang Babbelas” music video uit

Blitsoorsig: Jack Parow het 'n musiekvideo vir sy liedjie "Bang Babbelas" uitgereik wat die aaklige gevoelens van 'n kater op humoristiese wyse uitbeeld. Die video is nie standaard nie en weerspieël Parow se unieke styl. Hy hoop dit maak die jaar se laaste maande 'n bietjie minder intense en dien ook as safety announcement oor verantwoordelike drinking.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 23, 2018No Comments3 Mins Read Music Videos 92 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jack Parow hoop om met sy nuwe musiekvideo vir “Bang Babbelas” ‘n bietjie humor te sprinkel op die laaste twee maande van die jaar. Hy wil ook hê mense moet wys raak oor die gevare van die partytjie seisoen.

2018 begin einde se kant toe staan. Almal begin nou uitsien na die fees-seisoen en ‘n wel-verdiende vakansie, maar niemand meer as Suid-Afrika se eie Ambassadeur van Goeie Tye (aka Jack Parow), nie.

Jack Parow - World Eye Photography - Bang Babbelas
Photo by World Eye Photography

Soos baie Suid-Afrikaners geniet Jack Parow ons lekker warm weer, mooi dames wat die somer terg in skrapse uitrustings, om uit te hang met familie en vriende tot die voëltjies begin fluit… ag jy weet just having the best of times.

Hierdie goeie tye het ook ‘n ander kant en die volgende oggend moet Parow (en ander wat dieselfde sport geniet) daardie aaklige wingerdgriep, droogies, koppyn of soos hy die noem, “Bang Babbelas”, in die gesig staar.

NetfloristOfferforge

Jack Parow het die volgende te sê oor “Bang Babbelas”

“Bang Babbelas is daardie gevoel wat jy kry wanneer jy wakker word op die rant van ‘n panic attack. Wanneer jy ‘n harde geluid hoor wil jy jouself bekak, wanneer jy Mariah Carey op die radio hoor begin jy huil en wanneer jou foon lui, mis jou hart ‘n klop, en so aan.  Ek en my vriende het hierdie phrase so ruk terug gecoin en wanneer hulle my vertel hulle het ‘n Bang Babbelas, weet ek die enigste medisyne is om vir hulle ‘n puppy te koop.”

Omtrent so jaar gelede het Parow sy oggend-na-die-jol gevoelens gepen en dit het opgeëindig op sy album, Afrika 4 Beginners as “Bang Babbelas”.

Jack Parow - Bang Babbelas
Foto deur World Eye Photography

Volgens The Star: “Bang Babbelas is a must for anyone who’s ever drunk too much. Hungover or sober it’s difficult not to laugh out loud at either the rhymes or the essential lived truth behind them.” 

En nou is daar ‘n musiekvideo vir die liedjie. En soos meeste Parow-dinge loop, is daar niks standaard omtrent die video nie. Check dit uit hier onder…

NetfloristOfferforge

Ja Jack, partykeer wens ek ook dat ek my babbelas kan wegvat met ‘n Super C. Kom ons hoop dit raak beter as ons ouer raak. In my opinie is die een van die beter music videos wat hy onlangs uitgereik het.

Hier is Jack Parow se service announcement: “Soos ek is meeste mense lekker vrot na ‘n besige jaar, so ek hoop hierdie video maak die laaste stretch ‘n bietjie minder intense en meer van ‘n vibe. Maar ouens, seriously… as jy gaan party, moenie ‘n doos wees nie en kry eerder jou ouma om jou rond te ry as jy besluit om te suip.”

Check Jack Parow live by een van hierdie venues in die naby toekoms:

  • 27 Oktober 2018 – Crown Bar, Paarl
  • 2 November 2018 – Presley’s, Boksburg
  • 3 November 2018 – Presley’s, Pretoria
  • 16 November 2018 – Brian’s Grill, Oudsthoorn
  • 17 November 2018 – Shenanigans Irish Pub, George
  • 30 November 2018 – Semi-Soet, Centurion

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op RWR.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis

    Jack Parow - Dis DDP
    Music News 11 Aug 2025
  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026
  • Smiddy Turns Negativity into Motivation With “Mabili”

    Smiddy
    Music News 15 Apr 2025
  • Gallo 100: The Sound of a Century – All The Deets

    Gallo Record Company
    Upcoming Events 21 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • KALEO February 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    KALEO
    Upcoming Events
  • French Montana: Live in South Africa in December 2026

    French Montana
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Jack Parow Rap South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Gerald Clark
    Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”
    October 20, 2026
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.