Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Resensie: Jack Parow by Arcade Empire

Resensie: Jack Parow by Arcade Empire

Blitsoorsig: Die skrywer het Jack Parow se show vir sy nuwe album Afrika 4 Beginners by Arcade Empire bygewoon. Die aand was vol energie met opening acts The Capitals en SILVABLACK & The Midnight wat albei indruk gemaak het. Jack self het klassieke hits en nuwe liedjies gespeel, en het die menigte op die dansvloer gekry. Die nuwe album is nou beskikbaar.

Bianca NieuwenhuisBy Bianca NieuwenhuisFebruary 22, 2018No Comments4 Mins Read Event Reviews 122 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ek het onlangs na die Jack Parow show toe gegaan by Arcade Empire op die 16de Februarie. As ek terug dink aan my top twee kuiers van 2017 sal ek sê dit was beslis die laaste Hotbox party en ‘n sekere aand aan die einde van November by Aandklas. Wat het hierdie twee kuiers in gemeen, wonder jy? Net een persoon: Jack Parow. Jack het saam met hom het hy sy nuwe album, Afrika 4 Beginners gebring.

Arcade Empire was nog redelik stil vir ‘n Vrydag aand toe ons 8 uur daar opdaag

Ons was nogals verbaas, ons het gedink ons sal teen daardie tyd nie meer kon beweeg nie. Maar soos die tyd aangestap het, het meer en meer mense begin aankom. Dit was nie ‘n packed, oorvol aand gewees nie, maar ek kla glad nie. Dis lekker as mens beweeg ruimte het, en nie soos sardiens voel voor die mainstage nie.

Die eerste opening act was The Capitals.

Ek het nog nie voorheen van hul gehoor nie, al bestaan hul al amper 3 jaar, maar was keen op te sien wat hierdie ouens sou op lewer. Hul het nie teleurgestel nie! Hul sound klink asof Blink-182 en Shortstraw ‘n lovechild gehad het. En so vreemd soos wat dit dalk klink, dit het gewerk!

Jack Parow @ Arcade EmpireSo dit was net van pas dat hul ‘n cover van Blink-182 se “AllThe Small Things”gespeel het. Ek is beslis nou ‘n fan van die band (en ek sê dit nie net oor hul die aand daarna die hele Aandklas gekry het om vir my Happy Birthday te sing nie. I’m not biased like tha tat all). Ek kan sien hoe The Capitals nog groot dinge in die Suid Afrikaanse music scene sal bereik. Kyk maar uit wanneer jy hulle live kan sien.

NetfloristOfferforge

SILVABLACK & The Midnight was volgende

Hulle het die vibe van punk / indie (ja dit voel nog steeds weird om dit te sê) gevat na, wel, ek weet nie hoe om hul vibe te beskryf nie. En al het voorheen van hul gehoor, sou dit nie gehelp het nie… Hul het dan self op Facebook so gesê. Op ‘n vroeg oggend post waar hul die showpromote, het hul gesê: “[This will be] A show that will fuck up any idea yout houghtyou had as to what kind of music we create!”.

Al wat ek weet is dat ek hul eerste paar songs gelove het. Ongelukkig was ek toe weg gesleep bar toe, want blykbaar is dit tradisie dat mense vir ‘n verjaarsdag meisie shots koop.

Jack Parow @ Arcade EmpireOns was betyds terug by die mainstage vir die main act – Jack Parow

Vol energie soos altyd, hy het elke persoon aan die Dans Dans Dans gekry. Dit help seker ook dat Parow Jägermeister in die mense heel voor aan die stage se kele afgooi het (ek sou dit nie op daardie oomblik kon handle nie). Ek het ou gunstelinge soos “Bloubek”, “Bring Your Friends”, “Hard Partytjie Hou”, “I Miss”, en“Hosh Tokolosh” (ja Gazelle, ons mis jou!).

Jack Parow @ Arcade Empire

Natuurlik het Parow ook songs van sy nuwe album, Afrika 4 Beginners, gespeel, die show was immers sy album launch tour. ‘n Klomp mense het heeltemal uitgehak op “Boepens Vark” en “Bang Babbelas”. Dit was loshande, weereens, een van Parow se beste shows gewees (en ja ek weet ek sê dit elke keer wat ek hom sien).

NetfloristOfferforge

Afrika 4 Beginners is nou landswyd beskikbaar. As jy ‘n fan is van Jack Parow, kry beslis vir jou copy. En as jy nie ‘n fan is nie, kry in elk geval een, want jy sal nou een word!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op RWR.

PS: Die fotos is geneem deur Ferdie Snyman.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026
  • Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis

    Jack Parow - Dis DDP
    Music News 11 Aug 2025
  • Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem

    Jaakie
    Music Videos 1 Nov 2024
  • Jack Parow Reik “Die Evangelie van Goeie Tye” Uit

    Jack Parow
    Music News 22 Feb 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Arcade Empire Jack Parow Pretoria
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Bianca Nieuwenhuis

Art is not what I create. What I create is chaos.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.