Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Resensie: Mieliepop 2024

Resensie: Mieliepop 2024

Blitsoorsig: Die skrywer het Mieliepop 2024 by Tolderia Oord naby Lothair bywoon en dit was 'n groot sukses. Anders as 2018 was die weer goed met net ligterige dou. Hoogtepunte sluit in bands soos The Tazers, Fuzigish, Jack Parow en baie ander wat almal lekker opgetree het. Die Silent Disco was ook 'n groot hit en die organiseerders het 'n goeie fees gerangskik.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 15, 2024No Comments8 Mins Read Event Reviews 234 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Mieliepop 2024 is die naweek van die 7de tot die 9de Maart gehou by die Tolderia Oord (naby Lothair in Mpumalanga) en dit was vet pret gewees.

Hier is my resensie van Mieliepop 2024

Die laaste keer wat ek by hierdie fees (wat in 2011 die eerste keer gehou is) was, was in 2018. Daai jaar was ‘n modderige affêre gewees, en ek het gehoop die jaar se fees is nie ‘n herhaling van dit nie.

Mieliepop Sign 2024

Gelukkig was hierdie jaar se Mieliepop nie ‘n nat fees gewees nie. So paar druppeltjies dou / mot reën het in die vroëe oggendure die feesterrein afgekoel, maar dit was actually lekker, nie onplesierig nie. Ek wil amper vir Modjadji ‘n briefie skryf om dankie te sê vir dit.

Phoenix, ek en Nino het geroadtrip uit Pretoria uit en voor jy kon sê “Pieliemop” het ons die Donderdag middag so 5 uur se kant by Tolderia opgedaag.

NetfloristOfferforge

Ons het seker gemaak ons slaan ons tente op voor dit donker raak, ‘n rukkie saam ons kamp maatjies gekuier en ons was net betyds om ‘n stukkie van die eerste band (Boom) te vang op die main stage. Die laaitjies is baie jonk, maar hulle het die partytjie aan die gang gekry.

Boom - Mieliepop 2024

Volgende het Sugar Dip ons vermaak terwyl die son ondergaan en toe ons weer loer, was Sex Tape op die main stage om die partytjie se spoed bietjie te versnel. Die laaitjies is ook nog jonk, maar hulle weet hoe om punk rock te speel.

Sugar Dip - Mieliepop

Sex Tape - Mieliepop 2024

Make-Overs was volgende op die line-up en soos gewoonlik het hierdie 2-piece Kaapse rock band my nie teleurgestel nie. Hulle set was next-level gewees. Hulle het lekker geraas gemaak…

Make-Overs - Mieliepop 2024

The Klubs was die volgende orkessie op die main stage. Die 3 piece band se set was ook next-level. Hulle het ook baie lekker geraas gemaak.

NetfloristOfferforge

Ek is bly ek kon hulle hierdie keer afneem. Die vorige keer wat ek hulle gesien was by That 70s Fest by Tweefontein Melkery en altwee my kamera batterye was pap gewees.

The Klubs - Mieliepop 2024

Die laaste act vir die dag op die Main Stage was PHFat gewees en soos gewoonlik het hierdie dans groepie dinge in die rooi in ge-reff. Dit het nie die Mieliepop 2024 crowd lank gevat om kliphard te dans en saam te sing nie. Die top-class klank en beligting het defnitief hierdie vertoning een van die naweek se bestes gemaak.

PHFat - Mieliepop 2024

Na PHFAT het ons natuurlik weer die dam onder die eend uitgeruk en ons was eventually omtrent so half 3 die oggend snoesig in ons tent-bedjies gewees.

Ek het een les op die eerste aand van die fees geleer: Moenie op die rubber mat op ‘n brug loop as dit nat is nie, mens gly en dan skaaf jy sommer jou knieg nerf-af met die afkom-slag.

NetfloristOfferforge

Vrydag oggend was ek vinnig by die mediese ouens gewees om my nerf-af knieg te dis-infect. Gelukkig was dit darem nie te ernstig nie, ek sal oorleef.

Na so paar breakfast kasies (wat meer vodka as kasies was) het ons eers so bietjie gekuier en dagdronk geraak by ons campsite. Dit was ‘n strategiese en kreatiewe manier om die son (wat nogals warm was) te vermy. Ek het wel ‘n punt daarvan gemaak om The Russian Dolls hier so teen middag-ete se kant af te gaan neem.

The Russian Dolls - Mieliepop 2024

Eventually het ons laat middag afbeweeg stages toe en so paar bands gekyk. Mouse kon ongelukkig nie hulle set speel nie, maar daar was alternatiewe vermaak gewees. Die eerste band wat ek rêrig gekyk het op die dag was The Tazers.

As jy ‘n rock ‘n roll fan is en jy het nog nie ‘n show van The Tazers beleef nie, doen jouself ‘n guns. Hierdie outjies is al ‘n paar jaar aan die gang en hulle bring altyd hulle A-game.

NetfloristOfferforge

The Tazers - Mieliepop 2024

Na The Tazers se set is ons ingesuig in die Silent Disco in wat aan die gang was by die main kroeg van die fees. Die vaaibs was nogals lekker gewees. Mense het hulle beste dans moves uitgeruk en dit was lekker om te sien hoe musiek mense verskillend affekteer. Musiek is definitief ‘n universele taal, en hierdie Silent Disco het dit defnitief na vore gebring. Ek het nog nooit so lekker gevaaib op Jay-Z en Busta Rhymes nie #SêMaarNet

Silent Disco - Mieliepop 2024

Ek het ‘n Francois Van Coke by RAMFest 2011 gepull by Mieliepop 2024. Ek het so lekker gedans by die Silent Disco dat ek amper Black Math se set gemis by die main stage. Gelukkig was ek betyds om bietjie hard ruk en rol te ervaar en agter die mini moshpit dinge wat rondom ons gebeur te bestudeer.

Black Math - Mieliepop 2024

Nota: Vir die van julle wat nie weet nie, Frannie het so lekker op PHFAT se musiek gedans by daai RAMFest en amper sy colab met Die Antwoord gemis.

Na Black Math was die tyd vir bietjie Fuzigish. Hierdie Suid-Afrikaanse Punk Rock veterane het seker maak dat die gene wat nog nie hulle mielies gepop het by die fees nie hulle mielies pop. Hulle het gewys hoekom hulle as een van die beste live acts in die land beskou word.

En nes mens gedink het dinge kan nie harder en lekkerder raak nie, was dit tyd vir Facing The Gallows om die harde metaal fans by Mieliepop 2024 te vermaak. Die outjies (wat in 2019 by Wacken in Duitsland opgetree het) het kliphard geraas gemaak. Hulle baskitaar speler het ook bietjie ge-crowdsurf in ‘n rubberbootjie op die mense se hande.

Facing The Gallows - Mieliepop 2024

Ons het ons self gedra en vroeg gaan slaap. Die keer het ek onthou om nie op die rubber mat op die brug te loop nie. Dit was ook lekker om op ‘n opgeblaaste matras te slaap (iets wat ek nie ervaar het die Donderdag aand nie). Dankie vir Pieter Stone wat seker maak gemaak het dat dit gebeur.

Saterdag het weer begin met breakfast kasies, maar ons het dit aansienlik rustiger gevat. Ek het seker gemaak al my batterye is gecharge (thanks George) en omtrent 12 uur die middag afbeweeg stages toe. Die eerste band vir dag Janus (wat ek nie rêrig ken nie) en na hulle was Tea & Oranges (wat bestaan uit Jaco Mans en sy ander helfte Dominique).

Ons het op die barge geklim toe dit bietjie koeler was en gaan kyk hoe lyk die dam en die natuur by Tolderia. Ons was net betyds terug om die Juno Band se vertoning te vang.

Mieliepop 2024 Barge

In geval jy nie geweet het nie, die Juno Band bestaan uit Gad (van Shortstraw), Floris (Kabaal Klankbaan), Shotgun Tori, en The Honeymooners (Steve en Jolene East).

Juno Band - Mieliepop 2024

Volgende was dit Pedro Barbosa se beurt om die laat middag partytjie sessie af te skop by die fees. Hy en sy band het ‘n moer goeie job gedoen hoor. Mense het lekker gedans en saam gesing en hulle self gate uit geniet.

Pedro Barbosa - Mieliepop 2024

Na Pedro was dit Shortstraw se beurt om mense aan die dans te kry. Die outjies het mense vinnig aan die sing gehad met liedjies soos “Couch Patato” en “Bikini Weather” (wat ook baie goeie memories terug gebring het van die 2010s).

Shortstraw - Mieliepop 2024

Na Shortstraw was dit tyd vir bietjie Reggae. Tidal Waves was 8 uur se kant op die verhoog en het ook mense vinnig aan die dans gehad. Dit was lekker om te hoor hoe mense saam sing en te sien hoe mense hulle self inleef in hulle musiek in.

Tidal Waves - Mieliepop 2024

Ons was so rukkie by die Silent Disco gewees en ons het onself weer gate uitgeniet voor dit tyd was vir The Black Cat Bones. Dit was die eerste keer wat ek hulle live gesien het met hulle nuwe frontman (Gareth Wilson) en ek het dit vreeslik geniet. Dit was ook lekker om bietjie van Southern Gypsey Queen se liedjies te hoor.

The Black Cat Bones - Mieliepop 2024

Jack Parow was so half elf op die verhoog en die “Man met die snor by die bar” het die partytjie kliphard in die rooi in-gereff. Die crowd by Mieliepop 2024 het hulle koppe verloor. Dit was ‘n set belaai met twee bottels Jagermeister, barriers wat amper breek en “bass” wat konstant drop. My kniëe was nie die volgende dag lief vir my gewees nie…

Jack Parow - Mieliepop 2024

Ek was rukkie na die main stage bar toe na Parow se set om na #SOZLOL se lekker tunes te luister, maar teen 1 uur die oggend wou die masjien nie meer dans nie, toe gaan slaap ek maar. Ons het vinnig opgepak die Sondag oggend en ons is redelik vroeg alreeds terug oppad Pretoria toe.

Kudos aan al die organiseerders (Henk, Niel, Willie, Johan en kie) wat betrokke was om hierdie fees te reël. Dinge het mooi geloop die jaar en die reën het darem die keer weggebly.

Die bier en Jagermeister was koud, die partytjies was lekker en die badkamers en storte is nog steeds to skoonstes by ‘n fees in Suid-Afrika. Sien julle hopelik volgende jaar vir my 9de Mieliepop.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Mieliepop 2014: My Experience

    Mieliepop Festival 2014 10
    Event Reviews 13 Oct 2014
  • Hellcats: So How About Them?

    Grind Bar - The Exodus
    Opinion 23 Aug 2019
  • Resensie: Mieliepop 2018

    Mieliepop 2018 15
    Event Reviews 3 Apr 2018
  • Mieliepop 2018: A Fun Interview with Raygun Royale

    Raygun Royale
    Artist/Band Interviews 7 Mar 2018

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Mieliepop Mpumalanga South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
  • Francois Van Coke & Vriende 2019
    Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie
    October 25, 2019
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,290
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 336
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.