Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Jan Blohm Reik “Tot Daar Waar Die Lig Is” Album Uit
  • Meet Chloe Stuart: The Teen Revving Up the Classic Car Scene
  • Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Nintendo Direct Recap: All Switch 2 & Switch Announcements
  • Louise Carver Reveals Life on Tour in “My Love” Video
  • Mid-Year Fatigue: Why It’s Real and How to Regain Momentum
  • Laj Beats Releases New Single: “Sebenza”
  • Acer Expands Gaming Portfolio With Predator Atlas 8
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Bos Boogie 2023: My Resensie

Bos Boogie 2023: My Resensie

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 7, 2023No Comments5 Mins Read Event Reviews 241 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Bos Boogie 2023 het die naweek van die 25ste Augustus gebeur op ‘n plot in die Kameelfontein area (naby Pretoria se Roodeplaat dam) en ek was daar. Dit was die derde keer dat ek myself by hierdie musiekfees bevind het en dit was vet pret gewees.

Hier is my Resensie van Bos Boogie 2023

Ek het so paar goeters gehad om te doen op die Vrydag van die fees, so ek was eers net na 5 uur die middag daar gewees. Ongelukkig het ek so paar kunstenaars gemis, maar ek het bitter vinnig ‘n poging aangewend om op te catch (en ek glo dit was suksesvol op die ou end gewees).

Die eerste band wat ek uitgecheck het was Zion Ruts Family en hulle het die partytjie afgeskop met hulle reggae vibes. Volgende was Walking Down Essex wat ons entertain het met bietjie rock musiek en na hulle was dit tyd vir bietie West Coast Wolves om ons aan die dans te kry voor die rugby begin…

Bos Boogie 2023 Bos Boogie 2023

Ja mense, die organiseerders het vir ons ‘n projektor en skerm gereel vir die game teen die All Blacks (wat die Springbokke gemaklik gewen het).  Terwyl die rugby aan die gang was het Fourth Son South ons vermaak en na hulle was dit tyd vir die klanke van Amafranx (wat baie van ons weggevoer het na plekke waar ons lanklaas of dalk nog nooit was nie).

Bos Boogie 2023 Bos Boogie 2023

Die laaste kunstenaar vir die aand was Pedro Barbosa (wat al vir meer as 20 jaar doenig is in die Suid-Afrikaanse musiek industrie).

NetfloristOfferforge

Pedro en sy orkes het almal in ‘n nog happier mood gesit en voor jy “Mosambiek” kon sê in Engels, het dit ‘n regte Bos Boogie geword – omtrent almal wat daar was het gedans. Ons het so bietjie laat gekuier die eerste aand – ek dink ek was half drie in die bed gewees.

Bos Boogie 2023 Stage Bos Boogie 2023

Dag 2 van Bos Boogie 2023 het begin met ‘n DJ battle tussen die twee Steves. Dit was iets baie cool om te beleef. Dis nie elke dag wat mens voor 10 uur kliphard Rage Against The Machine by ‘n fees hoor nie. Dit was ook lekker om te sien hoe hierdie outjies hulle self geniet. Ek weet nie of hulle troues doen nie, maar as hulle doen, is dit defnitief twee DJs wat jy moet book. Jy sal nie teleurgesteld wees nie.

Steve vs Steve - Bos Boogie 2023

Die eerste kunstenaar vir die dag op die akoestiese verhoog was Meel Vignetting en haar band. Daarna was dit tyd vir ‘n bietjie Black Heidi (wat my brein gebreek het met hulle awesome vibe), Zadelhoff, Adele (van Saarkie faam) en The Honeymooners wat almal lekker shows gespeel het.

Bos Boogie 2023  Bos Boogie 2023 Bos Boogie 2023: My Resensie 7 Bos Boogie 2023  Bos Boogie 2023

Volgende op die verhoog was Hollow Body (wat nog nooit my teleurgestel het met ‘n vertoning nie), Hulle was die laaste outjies op die acoustic stage gewees. Daarna het die main stage oopgemaak met vertonings deur Jahworx, Oceans of Angels en Swerwer. Al drie bands het solid sets gespeel en die party aan die gang gekry.

Bos Boogie 2023: My Resensie 8

Bos Boogie 2023: My Resensie 9

Bos Boogie 2023

Swerwer - Bos Boogie 2023

Die son het gesak oor die Bosveld by Bos Boogie 2023 en toe was dit vir die party om te begin. Kat & Wolf (een van Chris Chameleon se projekte) het ons ons oortjies laat spits, Cutting Jade het ons ge-transport na Hatfield toe in die 2000s, Radio Kalahari Orkes het ons aan die dans gekry, The Black Cat Bones het ons koppe van ons lywe af gerock en The Fake Leather Blues Band het ons laat dans tot ons moeg is.

Bos Bo

Bos Boogie 2023

Bos Boogie 2023

Bos Boogie 2023

Bos Boogie 2023

Bos Boogie 2023

Die ouderdom het opgecatch met my en ek was voor 12 in die bed. Iets wat nie sommer met my gebeur by ‘n fees nie… Ek blameer die een shot Cuervo wat ek gehad het.

Die derde dag by Bos Boogie 2023 het vir my begin met ‘n vertoning deur Sarah Jade. Die blou-harige dametjie mag maar sing hoor. Volgende op die line-up was Mony Pony (een van die outjies wat destyds in Soil 7T7 was), Tuin (wat ons ook weggevoer het na ander plekke toe) en Hoot n’ Anny.

Sarah Jade - Bos Boogie 2023

Mony Pony - Bos Boogie 2023

Tuin - Bos Boogie 2023

Hoot n Anny - Bos Boogie 2023

Die laaste kunstenaar vir die naweek was Jonathan Peyper gewees en hy het nie teleurgestel nie. Ek moet erken dat dit lekker was om bietjie saam te sing op sy weergawes van The Black Keys se liedjies. 

Jonathan Peyper - Bos Boogie 2023

My 2 sente oor Bos Boogie 2023

Bos Boogie is nie die grootste fees in Suid-Afrika nie, maar dis ‘n moerse lekker fees, veral as mens in baie mense vasloop wat jy ‘n ruk laas gesien het. Dit voel soos ‘n vriende en familie braai met ‘n moerse klomp goeie kunstenaars wat jam in die agtergrond. Die vaaib is baie soos Oppikoppi se Paasnaweek feeste se vaaibs was en ek love dit.

Die organiseerders het seker gemaak dat die jaar se fees se kroeg beter hardloop as voriges. Die line-up is ook aangepas om seker te maak dat almal nie hulle self doodbrand voor die main stage deur die dag nie. Altwee hierdie goeters is improvements. Die badkamers was ook baie skoner as laas jaar gewees.

Wel gedaan Jan-Hendrik, Eugene, Steve (en almal wat ook betrokke was by die fees). Hierdie enetjie was een vir die boeke gewees. Ek sien al klaar uit na Bos Boogie 2024 en ek hoop om almal wat hierdie resensie lees daar te sien.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.

📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.

🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.

📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.

🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.

📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.

Verwante Artikels

  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
  • Bos Boogie Festival
    Bos Boogie Music Festival: 11 Interesting Facts You Might Not Know
  • Park Acoustics - 4 Feb 2018
    Resensie: Park Acoustics – 4 Februarie 2018
  • Francois van Coke en Vriende - Henry Engelbrecht
    Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena

In Geval Jy Dit Gemis Het

  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
  • Francois Van Coke & Vriende 2019
    Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie
  • Pedro Barbosa
    Review: Pedro Barbosa – Journey To Reborn Launch

Goeters Om Te Doen

  • Capital Craft Beer Festival 2026 Featured
    Capital Craft Beer Festival 2026
  • Francois Van Coke & Vriende 2025
    Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet
  • Tamia
    Tamia South African Tour: August 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026

Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het

  • Park Acoustics
    Review: Park Acoustics – 30 July 2017
  • Dark City
    Dark City: 24 Interesting Facts You Might Not Know
  • Stargate SG-1 Poster
    Stargate SG-1: 23 Interesting Facts You Might Not Know
  • Deadline Band
    Deadline: 10 Interesting Facts You Did Not Know

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Bos Boogie Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels Om Te Lees
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Reading Festival 2019
    Reading Festival 2019: A Razzling Dazzling Affair
    September 12, 2019
  • Wacken Open Air 2019 Barry
    Wacken Open Air 2019: My Experience
    August 28, 2019
  • Castle Lite Unlocks
    Review: Post Malone Live in Johannesburg
    June 28, 2019
  • Hellcats
    Review: Bunk – The Healer @ The Grind Bar & Eatery – 27 April 2019
    May 7, 2019
  • Guns N' Roses at FNB Stadium
    Review: Guns N’ Roses at FNB Stadium in Johannesburg
    November 30, 2018
  • Our Last Night by Henno Kruger
    Review: Our Last Night at Platteland
    November 21, 2018
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Tubidy

How To Download Mp3s from Tubidy

January 2, 202444 Views
Nintendo Direct

Nintendo Direct Recap: All Switch 2 & Switch Announcements

June 11, 202638 Views
Tobias Bergson

Tobias Bergson Captures the Dancefloor with “Everything”

June 10, 202632 Views
Cindy Alter & CheraLee

Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”

June 11, 202629 Views
Recent Comments
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
  • Henno Kruger on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • GAZ on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • Sharon Sibert on Review: Guns N’ Roses at FNB Stadium in Johannesburg
  • Henno Kruger on The Fismits Release New Single: “Independence”
Categories
Entertainment
3,318 ▼
Music 2,551
Events 240
Interviews 223
Gaming 93
Streaming 86
Humor 48
Movies 32
Television 25
Advertising 20
Featured
584
Hacks
499
Facts
464 ▼
Music Facts 150
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
326
Opinion
225
General News
135
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.