Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
  • An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie

Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie

Bianca NieuwenhuisBy Bianca NieuwenhuisOctober 25, 2019No Comments9 Mins Read Event Reviews 95 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Na maande se opwinding en gewag, het die tyd uiteindelik aangebreek vir Francois Van Coke en Vriende 2019. Ek kon ongelukkig nie laas jaar die heel eerste show bywoon nie.

Darem was dit so groot sukses gewees dat Van Coke besluit het om dit weer te doen die jaar. Bekende gesigte en ‘n paar nuwe maatjies is genooi.

Die line-up vir Francois Van Coke en Vriende 2019 is in Junie bekend gemaak, en met vriende soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Laudo Liebenberg, Arno Carstens, Early B, Riky Rick, Tasché Burger, Riana Nel en Coenie de Villiers om nie eers almal te noem nie, was daar geen twyfel dat ons sal moet regmaak vir een moerse party nie.

Okay, hier gaat ons…

Ons was al van vroeg middag besig om in die mood te kom vir die aand wat voorlê. Die DJ duo, #SOZLOL, het ons almal in die party mood gekry. Dit het wel begin lyk of daar ‘n storm oppad was in Pretoria, maar die enige storm wat wel uitgebreek het, was die een op stage.

Francois Van Coke En Vriende 2019 het afgeskop met ‘n rustige, akoestiese weergawe van “Komma”. Dit was eintlik die perfekte begin tot wat ‘n befokte aand sou word. Die song was chilled out, maar die tempo het vinnig begin optel. Dit het begin met die verskyning van Die Gevaar, wat die Sun Arena aan die skree gekry het met “Behoort Aan Niemand Nie”.

NetfloristOfferforge

Van Coke se nuwe album was nog net ‘n paar uur uit, maar tog kon mens hoor hoe mense in die crowd al saam begin sing met “Ek Probleem” (ek mag heel moontlik ook een van daardie mense gewees het).

Francois Van Coke & Vriende 2019

Ons was weer terug by rustiger vibes met Laudo Liebenberg van aKING se smeulende, diep stem wat “Die Skip” saam met Van Coke mooi komplimenteer. Obviously was een song saam met Laudo nie genoeg nie, en ons kon darem ons arms rond swaai op “Spaar My Asseblief”.

Die oomblik wat Jack Parow op die stage verskyn het, het die crowd behoorlik uitgefok. Way back toe ek nog in die hoërskool was, was Die Heuwels Fantasties se “Die Vraagstuk” my introduction gewees aan Jack Parow. Dit was nogal amazing om weer die song te hoor, geestelik terug te gaan na makliker tye en te vergaan in nostalgie.

Dis nie gereeld dat mens “Neonlig” by live shows hoor nie

Dit bly een van my gunstelling songs vanaf Van Coke se eerste solo album. Die feit dat Die Heuwels by was het dit net soveel meer special gemaak.

Na twee redelike somber songs was dit weer tyd om die tempo aan die gang te kry. Die Heuwels was klaar op stage, so wat beter as “Ek Lewe, Ek Belowe” om almal weer aan die spring te kry.

Die Heuwels Fantasties - FVC & Vriende

Francois van Coke het so ‘n jaar terug ‘n speletjies program op kykNET gehad (nie dat iemand ooit regtig iets gewen het nie). Maar een van die hoogtepunte van die program was dat Van Coke, saam met sy band Die Gevaar, klassieke Afrikaanse songs gecover het. Een van hierdie covers was “Liefling”. Wat sou die aand wees sonder die onvergeetlike song, en dit was beter gemaak deur Riana Nel wat haar ongelooflike stem by geleen het.

Mens kan nie van klassieke Afrikaanse songs praat en nie Coenie de Villiers se “Hillbrow” noem nie

Die duet tussen Coenie en Van Coke was baie spesiaal gewees, alhoewel dit voor gekom het asof die jonger klomp in die crowd dit nie vreeslik baie waardeer het nie.

Van Coke Kartel het twee jaar terug besluit ‘tot hier toe en nie verder’ and called it a day. Maar baie van die songs wat hul release het bly goud en mens kan nie help om dit elke nou-en-dan weer te wil hoor nie.

Van Coke Kartel - FVC & Vriende

As so baie van die members reeds by dieselfde show is, kan hul mos net sowel bietjie ‘n mini reunion daarvan maak, of hoe? Ons moes die trane probeer weghou met “Tot Die Son Uitkom”, en net keer dat ons nie ons nekke in spasmas in ruk op “Môregloed” nie.

Nadat Tasché Burger The Voice South Africa gewen het saam met Francois van Coke as haar mentor, was sy ‘n bekende gesig by van Van Coke se shows. Die eerste keer wat ek haar gesien het was by Pretoria se Liefde by die Dam in Augustus 2019. Haar akoestiese cover van “Lisa se Klavier”, saam met Richard Onraet op die guitar, gee mens hoendervleis. Dit was die perfekte song na ‘n epic, maar kort, Van Coke Kartel set.

Tasche Burger

Dit lyk my as jy vriende wil maak moet jy net as a coach op The Voice South Africa verskyn, want na die afgelope seisoen het Van Coke sommer 3 nuwe vriende na die verhoog genooi. Hy en mede-coach, Riky Rick het sommer ook collaborate op ‘n nuwe song vir Dagdrome in Suburbia. “Not Like Them” bring so ‘n lekker hip-hop feel tot die album, dit blend net mooi in met die rock vibe.

Van al die Vriende wat deel was van die show, het ek amper die meeste uitgesien na Riky Rick by Francois Van Coke en Vriende 2019

Nadat ek hom vir die eerste keer live gesien het by Post Malone, het ek gedink dat hy ‘n epic addition tot die Van Coke en Vriende Show sal wees, en gelukkig het Francois my mind gelees. (En baie dankie vir die random ou op wie se skouers ek vir so rukkie kon wees vir die song, jy was cool dude.)

Van al Francois van Coke en Die Gevaar se songs, is daar min wat die mense so hard maak saam skree soos “Dit Raak Beter” (wel, tot “Dagdrome in Surburbia” uitgekom het). En op die aand was dit nie veel anders nie, die jong klomp love die song. Ek wag wel steeds vir dit om beter te word though…

In die paar uur wat Dagdrome in Surburbia al uit was, het ek dit menige male deur geluister. Ek moes myself voorberei vir die aand. Behalwe vir die album wat release is, is die musiek video vir  “Daarsy Boys” ook vrygestel vroeër die dag.

Ek het verwag dat meer mense al woord vir woord sal saam skree (ek was reg daarvoor), toe nou nie. Maar ek is redelik seker oor ‘n paar shows sal dit ‘n song wees wat baie sal feature.

Daar was genoegsame song opsies gewees vir Francois van Coke om van te kies

Ek meen sy 3 solo albums het redelik baie bangers wat gemaklik deel kan vorm van enige setlist. Hierdie was bietjie ‘n throwback na sy debut album toe. Ons het “Waar Daar ‘n Wil Is” en “Ek Weet Nie” saam met Arno Carstens gehoor.

Vandat ek kan onthou was ek mal oor Springbok Nude Girls. Ek mag dalk selfs ‘n massive crush gehad het op Arno Carstens (of dalk nogsteeds het, maar shh). Dis min genoeg dat mens Arno hier rond sien optree, so elke keer as hy hier is, is dit nogal baie special. “Blue Eyes” mag dalk net een van Springbok Nude Girls se mees bekende songs wees van die laat 99’s, en dit bly ‘n epic song. “Blue Eyes” was hands down my persoonlike gunsteling gedeelte van die aand.

Aangesien “Blue Eyes” die tempo ietwat af gebring het, was daar nie ‘n beter opsie om dit op te volg mee as “Altyd Lief Vir Jou” met Mister Early B homself nie.

Hoe weet jy as ‘n party nou eers regtog befok gaan raak? Jy sit Francois van Coke en Jack Parow langs mekaar. Dit was vanselfsprekend dat die hele Sun Arena gaan uitfok met “Hard Partytjie Hou” en nog meer so met “Dans, Dans, Dans”. Throw in a couple of stage dives en die party is hard aan die pomp.

Hoe kan mens daai twee bangers top?

Natuurlik net met Early B én Jack Parow wat ons almal aan die skud gehou het met “Potte”. Hierdie twee se energie was net heeltemal te infectious. Mens kon nie help om saam jou potte te skud en selfs so bietjie te twerk nie.

Van Potte na die Platteland. Dit was tyd om die groot manne op stage te bring, en jy kry nie grooter as Fokofpolisiekar nie. The sounds of our growing up. Dit was seker so moeilik gewees om die Fokof songs te gekies het wat wel gefeature het op die aand, maar wat is ‘n Fokof set sonder “Hemel Op Die Platteland” en “Ek Skyn (heilig)”? Na 16 jaar sou mens dink dat hul al oor dit sou wees, maar met elke show bring die manne net die al hoe meer energie. Ware Afrikaanse Legends dié.

So 10 jaar terug het Die Heuwels Fantasties so ‘n klein liedjie uitgebring…

Dit was “Leja” (please note the sarcasm op ‘klein liedjie’). Ek kan nie aan ‘n Heuwels set dink sonder die iconic song nie. Ek is seker elke persoon het hul eie memories op daai song. Dis nogal epic om saam met soveel mense in ‘n arena te staan wat elkeen terug gevat word na daai memories toe, en tog net saam sing en als net saam beleef.

Dit was nogal hartseer dat Karen Zoid nie hierdie jaar by kon wees om saam met Van Coke die treffer, “Toe Vind Ek Jou”, te doen nie. Tasché mag dalk groot skoene gehad het om vol te staan, maar het sy hulle vol gestaan! Tasché mag maar enige tyd ons weer kom vind met daai duet.

Al was dit die Francois van Coke en Vriende Show, was dit tog ook die launch party van Van Coke se derde solo album. “Dagdrome In Suburbia” (die titelsnit op die nuwe album) is vrygestel by Liefde by die Dam in Augustus. Net twee maande na die release het dit nommer 1 op menigte radio stasies en streaming services bereik.

Danie du Toit van Spoegwolf was immers een van die Vriende. Op die stadium het ons het hom nog nie met ‘n oog gewaar nie. Daar is geen ander song wat die aand kon afsluit as “Dagdrome in Suburbia” nie. Dit was soos die juicy cherry op ‘n reeds amazing koek (skoon gedagtes asseblief).

Francois van Coke En Vriende 2019 was befok!

Almal wat betrokke was by die show het weereens ‘n groot sukses gemaak van dit! Baie dankie! Julle het vir ons ‘n amazing produksie gebring. Ek weet nou rêrig nie wat ek met myself gaan doen tot Francois Van Coke en Vriende 2020 nie?

Hoe was jou ervaring van Francois Van Coke & Vriende 2019? Los kommentaar hier onder en vertel my.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Fotos in hierdie artikel is geneem deur Henry Engelbrecht.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke en Vriende - Henry Engelbrecht
    Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena
  • Francois Van Coke & Vriende 2025
    Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet
  • Francois van Coke - En Vriende EP
    Francois van Coke “En Vriende” EP nou beskikbaar
  • Kakmal - Francois Van Coke en Van Pletzen
    Van Pletzen & Francois Van Coke gaan bietjie “Kakmal”

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Francois van Coke Pretoria South Africa Sun Arena
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Bianca Nieuwenhuis

Art is not what I create. What I create is chaos.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Limp Bizkit
    Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026
    June 8, 2026
  • NE-YO
    NE-YO South African Tour: October 2026
    June 15, 2026
  • J. Cole South African Tour 2026
    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026
    February 23, 2026
  • Springboks
    The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
    July 14, 2026
  • Pretoria Bach Choir Photo
    An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
    July 14, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202620 Views
Zolani Mahola - LIFT Me Higher

Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms

July 9, 202619 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202619 Views
Katia De Vallier

Katia De Vallier Inspires With “Nothing Should Stop You”

July 1, 202619 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,371 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.