Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Francois van Coke Reik “Nagmerries (Bye bye baby)” Uit

Francois van Coke Reik “Nagmerries (Bye bye baby)” Uit

Blitsoorsig: Suid-Afrika se rock-ikoon Francois van Coke het groot planne vir 2026 met vier nuwe enkelsnyitte op die pad. Sy eerste vrystelling, "Nagmerries (Bye bye baby)," is geskryf oor 'n herhalende nagmerrie en deur tegnologie beïnvloed. Die musiekvideo deur visuele kunstenaar Jacques van Rensburg vang daardie frustrase droomgevoel perfek vas.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 24, 2026No Comments2 Mins Read Music Videos 178 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Suid-Afrikaanse rock-ikoon Francois van Coke het groot planne vir 2026. Hy beplan om oor die loop van die jaar vier nuwe enkelsnitte vry te stel, en die eerste skoot in die oorgat is die kragtige nuwe liedjie, “Nagmerries (Bye bye baby).”

Francois van Coke vertel die storie agter “Nagmerries (Bye bye baby)”

“Ek het ’n herhalende nagmerrie wat my gereeld terug vat na ’n ongemaklike tyd in my lewe. Ek probeer met hierdie song daardie tyd en nagmerrie groet. Ek het hom nog nie gehad na die song geskryf is nie, so dit werk dalk.”

Francois van Coke - Nagmerries

“Die song is ook geskryf in die era van die geboorte van Afrikaanse KI kunstenaars, so ek moes ons (die mens) se obsessie met tegnologie ook probeer ontleed in van die lirieke.”

“Die koorgedeelte is beïnvloed deur twee uiteenlopende bands, Violent Femmes – wat ek al jare lank luister en Ghost – ’n onlangs gunsteling. Die song is geskryf saam met een van my ou medewerkers, Fred den Hartog.”

NetfloristOfferforge

Francois Van Coke Nagmerries

‘n Visuele Reis na ‘n Droomwêreld

Die musiekvideo vir “Nagmerries (Bye bye baby)” merk die eerste samewerking tussen Francois en die visuele kunstenaar Jacques van Rensburg (Vanartist).

Die video probeer daardie frustrerende gevoel vasvang wat mens net in ‘n droom kry – soos wanneer jy probeer veg maar nie jou teiken kan tref nie, of wanneer tyd agteruit begin beweeg.

Hierdie visuele uitbeelding komplementeer die donkerder ondertone van die musiek perfek. Francois verduidelik dat dit gaan oor daardie magtelose gevoel wanneer jou hande nie wil saamwerk terwyl jy probeer om iets te skep nie.

Kyk die musiekvideo hier onder:

NetfloristOfferforge

Francois van Coke | Nagmerries (Bye Bye Baby)

Hierdie eerste Francois van Coke vrystelling stel ‘n hoë standaard vir die res van die reeks wat in 2026 verwag word.

Maak seker jy voeg hierdie nuwe liedjie by jou speellys! Stroom dit HIER.

Met “Nagmerries (Bye bye baby)” bewys Francois van Coke weereens waarom hy steeds aan die voorpunt van die Afrikaanse rock-toneel staan.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026
  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Nagmerries South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 2
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.