Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Upcoming Events » Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

Blitsoorsig: Liefde by the Dam bereik 'n mylpaal met sy tiende-jaar vlagskip-konserte in 2026. Die fees op 1 Augustus by Emmarentia Dam en in November by Meerendal in die Kaap trek Suid-Afrika se top musikale talente aan. Met kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke en Spoegwolf, en uitstaande feesontwerp, word hierdie buitelug-feeste erken as indrukwekkende Afrikaanse kultuurvieringe.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 28, 2026No Comments4 Mins Read Upcoming Events 386 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Na die onvergeetlike sukses van die Mega Bonanza verjaardag-konsert by Emmarentia Dam in April vanjaar, is die Liefde-span amptelik gereed vir die volgende groot hoofstuk.

Die gewilde Liefde by die Dam-feesvieringe bereik vanjaar ’n mylpaal met die aanbieding van sy tiende-jaar vlagskip-konserte, wat weer eens die land gaan laat gons met ’n onverbeterlike kombinasie van musiek, passie en atmosfeer.

Liefde By Die Dam 2026

Op Saterdag 1 Augustus gaan die ikoniese Emmarentia Dam weer eens omskep word in ’n ware Liefde-wonderwêreld.

Feesgangers kan soos altyd ’n produksie verwag wat die asem wegslaan, gekenmerk deur wêreldklas klank en van die land se top musikale talente.

NetfloristOfferforge

Liefde by die Dam-organiseerder Pierre Greeff verduidelik die filosofie agter die fees: “Ons kies kunstenaars wat ons wéét die verhoog behoorlik sal laat vlamvat. Ons wil hê die crowd moet ’n ongelooflike tyd hê.”

Die unieke karakter van die fees word verder versterk deur die uitstaande feesontwerp van Merwe Marchand. Hierdie visuele vernuwing, gepaard met die uitstekende tegniese versorging, sorg daarvoor dat Liefde by die Dam onbetwisbaar erken word as een van die mees indrukwekkende buitelug-feeste in Suid-Afrika.

Vir diegene in die Kaap, is daar ook goeie nuus: In November kry Kaapstad sy beurt met ’n feesdag op die pragtige Meerendal-landgoed net buite Durbanville.

’n Sterbelaaide Line-up vir Elke Smaak by Liefde By die Dam 2026

Of jy nou ’n liefhebber is van lekker Pop-musiek, of verkies om saam te skree met harde rock-musiek, hierdie jaar se program verseker dat daar ten minste een gunsteling-kunstenaar vir elke feesganger op die verhoog sal wees.

NetfloristOfferforge

Emmarentia Dam (1 Augustus 2026):

Die line-up sluit in: Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Spoegwolf, Early B, Eden, Juanita du Plessis, GString, Robbie Wessels, Die Piesangskille, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Riaan Benadé, Zaan Sonnekus, Moegoe, Bobby van Jaarsveld en Marno van der Merwe.

Liefde By Die Dam JHB 2026

“Liefde By Die Dam plaas die feesganger se ervaring altyd eerste,” – So sê Hunter Kennedy wie reeds vir ‘n dekade lank in beide Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar by dié jaarlikse gewilde fees optree. 

Kennedy vertel verder: “Die kurasie van talent word mooi beplan om seker te maak dat menige onvergeetlike oomblikke deur die loop van die dag geskep word. Die ontwerp van die dag self is in sy eie reg ‘n kunswerk. Daar is baie om jou te prikkel, jou aandag te hou en wonder te wek. Die smaakvlakke is volgens my superieur. Dus maak die Liefde die een onmisbare afspraak in enige kultuurvraat se kalender.”

Robbie Wessels het onlangs saam met Die Heuwels Fantasties en Jack Parow die lekker rugby-liedjie “Bomb Squad Blues” uitgereik. Die idee vir hierdie liedjie het hoeka agter die verhoog by `n Liefde by die Dam konsert ontstaan. Wessels vertel: “Liefde by die dam is een van daai feeste wat jy net moet bywoon om te verstaan waaroor dit gaan. Toe ek die eerste keer daar was het dit my asem behoorlik weg geslaan. Duisense jongmense met so baie gees wat elke kunstanaar se liedjies kliphard saamsing. Dit is iets ongeloofliks om te beleef!”

NetfloristOfferforge

Juanita du Plesssis tree vir die eerste keer by Liefde op. Sy sê: “Dit is altyd vir my spesiaal om te hoor hoe amal die liedjies saamsing. Something old, Something new. Dis `n lekker samekoms vir die hele familie, oud en jonk. `n Moewiese Party!”

Die hekke maak 08h30 oop en die program vir die dag lyk so:

  • 08:55 – Moegoe
  • 09:10 – GString
  • 09:35 – Marno van der Merwe
  • 09:55 – Eden
  • 10:20 – Juanita du Plessis
  • 10:55 – Zaan Sonnekus
  • 11:30 – Robbie Wessels
  • 12:10 – Bobby van Jaarsveld
  • 12:50 – Ricus Nel en Riaan Benadé
  • 13:45 – Karlien van Jaarsveld
  • 14:25 – Francois van Coke
  • 15:05 –Die Piesangskille
  • 15:35 –Snotkop
  • 16:15 –Spoegwolf
  • 17:00 –Die Heuwels Fantasties
  • 17:35 –Early B

Meerendal (7 November 2026):

Die Kaapse fees spog met: Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Jack Parow, Early B, Bok van Blerk, Appel, Eden, Robbie Wessels, Riaan Benadé, Ricus Nel, GString, Zaan Sonnekus, Twee, Bernice West, Moegoe en Die Piesangskille.

Liefde By Die Dam Kaapstad 2026

Dit is trots Afrikaans, en dit is met Liefde aangebied! Die span agter die fees spreek hul dank uit teenoor die borge en vennote wat hierdie ervaring moontlik maak: Flying Fish, WeBuyCars, Virseker, LIFT en kykNET.

NetfloristOfferforge

Kry jou kaartjies op Ticketmaster HIER.

Moenie hierdie landmerk-vieringe misloop nie – ons hoop om jou daar te sien!

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Liefde by die Dam 10de Verjaardag Edisie: ‘n Wêreldklas Fees

    Fokofpolisiekar @ Liefde By Die Dam
    Recaps 22 Apr 2026
  • Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    Music News 5 Aug 2025
  • ULTRA South Africa 2026 Raises the Bar

    ULTRA South Africa 2026
    Recaps 29 Apr 2026
  • Calabash South Africa 2026 Cancelled

    Calabash South Africa Cancelled Featured
    Music News 14 Jan 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Festivals Johannesburg Liefde By Die Dam
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • TrevTober
    TrevTober Turns 5 on 24 October 2026 in Sandton
    September 9, 2026
  • The Source Collective @ Sognage
    The Source Collective Live @ Sognage: 9 October 2026
    September 7, 2026
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets
    September 7, 2026
  • Prime Fest III Logo
    Prime Fest III: Everything You Should Know
    September 6, 2026
  • Dave Koz
    Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets
    September 5, 2026
  • Up The Creek Music Festival
    Up The Creek 2027: Everything You Should Know
    September 2, 2026
  • Scorpion Kings Live - 19 September 2026
    Scorpion Kings Live at FNB Stadium: 19 September 2026
    September 1, 2026
  • Old Mutual Music at the Lake: 24 September 2026 2
    Old Mutual Music at the Lake: 24 September 2026
    August 28, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,290
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 336
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.