Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Recaps » Liefde by die Dam 10de Verjaardag Edisie: ‘n Wêreldklas Fees

Liefde by die Dam 10de Verjaardag Edisie: ‘n Wêreldklas Fees

Blitsoorsig: Liefde by die Dam het amptelik tien jaar bestaan en die mylpaal is op Saterdag, 18 April, gekelebra met ongeveer 15 000 feesgangers. Die fees het 'n wonderlike verskeidenheid kunstenaars gehad, waaronder Mango Groove, Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties en vele meer. Organiseerder Pierre Greeff het die dag as een van die beste in die fees se geskiedenis beskryf, en die volgende uitgawes kom in Augustus in Johannesburg en November in Kaapstad.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 22, 2026No Comments2 Mins Read Recaps 188 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Liefde by die Dam is amptelik 10 jaar oud! Oud en jonk het op Saterdag, 18 April, saamgedrom om dié spesiale mylpaal in styl te vier.

Hoewel die oggend met bewolkte weer begin het, het die lug gou oopgetrek vir ‘n skitterende dag van topgehalte Suid-Afrikaanse vermaak.

Fokofpolisiekar @ Liefde By Die Dam
Foto Deur Wayde Flowerday

Die sowat 15 000 feesgangers is bederf met ‘n ryk verskeidenheid kunstenaars. Van die legendariese klanke van Mango Groove en die rock-energie van Fokofpolisiekar en aKING, tot gunstelinge soos Die Heuwels Fantasties, Appel, Early B en Jack Parow. Selfs Kurt Darren het die skare verras met ‘n onverwagse verskyning vanaf ‘n spesiale dek, terwyl geheime gaste soos Riaan Benadé en Tasché ook die verhoog warm gemaak het.

Liefde by die Dam 2026 ‘n Fees vir die Boeke

Pierre Greeff, hooforganiseerder van Liefde By Die Dam en voorsanger van Die Heuwels Fantasties, beskryf die dag as een van die beste in die fees se geskiedenis.

NetfloristOfferforge

Hy skryf die sukses toe aan ‘n wêreldklas produksiespan en die lojale ondersteuning van borge en vennote. Volgens Pierre was dit ‘n droom wat waar geword het om Mango Groove op die Liefde-verhoog te hê.

Liefde By Die Dam
Foto deur Carlo Smit

Claire Johnston van Mango Groove het ook haar lof uitgespreek oor die energie en die indrukwekkende produksiegehalte van die dag. Sy noem dat al elf lede van die groep dit gate uit geniet het om deel van die dekade-viering te wees.

Maak Reg vir die Volgende Rondte

As jy hierdie een misgeloop het, is daar goeie nuus op die horison. Liefde by die Dam is in Augustus vanjaar terug by die Emmarentia-dam in Johannesburg. Kaapstad hoef ook nie afguns te voel nie, want die fees skuif in November na Meerendal toe.

Hou die sosiale media-blaaie dop vir die amptelike aankondigings van die nuwe reeks kunstenaars en kaartjiebesonderhede. Elke liedjie wat op die dag weerklink het, was ‘n bewys dat hierdie fees ‘n onmisbare deel van die Suid-Afrikaanse kultuurkalender geword het. Dankie aan almal wat reeds vir ‘n dekade lank saam jol!

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Recaps kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events 28 Jul 2026
  • Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    Music News 5 Aug 2025
  • LYFE 2026: Everything You Need To Know

    LYFE Festival - 29 November 2026
    Upcoming Events 20 Oct 2026
  • ULTRA South Africa 2026 Raises the Bar

    ULTRA South Africa 2026
    Recaps 29 Apr 2026

Goeters Om Te Doen

  • Gallo 100: The Sound of a Century – All The Deets

    Gallo Record Company
    Upcoming Events
  • KALEO February 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    KALEO
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Festivals Johannesburg Liefde By Die Dam South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ultra South Africa
    ULTRA South Africa Concludes Epic Ninth Editions
    March 5, 2024
  • Social Sustainability
    Social Sustainability: Everything You Might Not Know
    January 18, 2024
  • Therapy
    Free Online Therapy South Africa: What You Should Know
    October 25, 2023
  • Load Shedding
    Load shedding in South Africa: An In-Depth Understanding
    September 20, 2023
  • Jody Sheckter - Formula One (F1)
    Formula One Drivers: 5 Who Made South Africa Proud
    March 31, 2023
  • South Korean Won
    The South Korean Won: Everything You Need To Know
    February 17, 2023
  • Northern Ireland at the 1982 FIFA World Cup
    1982 FIFA World Cup: The year Northern Ireland caused an upset
    October 20, 2022
  • Weed Tolerance
    Weed Tolerance: Everything You Should Know
    May 27, 2022
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,354
Rock 623
Useful Tips 570
Afrikaans 529
Cape Town 347
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.