Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Resensie: Mieliepop 2018

Resensie: Mieliepop 2018

Blitsoorsig: Die skrywer het Mieliepop 2018 bygewoon, 'n jaarlikse musiekfees naby Lothair in Mpumalanga. Ten spyt van swaar reën gedurende die naweek, het hy en sy maat groot tyd gehad met vriende en musiekliefhebbers. Hoogtepunte het DZ Deathrays en The Black Cat Bones ingesluit. Die organiseerders het die moeilike toestande goed bestuur en hy het die fees geniet.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 3, 2018No Comments5 Mins Read Event Reviews 114 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Twee weke gelede was ek by Mieliepop 2018. Dit was die 7de keer wat ek die pelgrimstog gemaak het na die Tolderia Oord toe. Die musiekfees word elke jaar by hierdie oord (wat geleë is naby Lothair in Mpumalanga) gehou.

Hier is my Mieliepop 2018 resensie

Ons het Woensdag oggend ‘n bietjie last-minute festival shopping gedoen en teen 10 uur die oggend was ek en vroulief stewig oppad in ons Nissan Micra na Mieliepop toe. Die pad was darem nie te besig nie. Al irritasie was die verleggings naby Witbank en die laaste stukkie voor mens by Hendrina inry. Dit het darem ook nie gereën nie. Ons het omtrent 1 uur die middag by die oord opgedaag.

Om in te check en ge-tag te word was ‘n breeze en voor ons kon “Klopdisselboom” sê was ons tent opgeslaan en als uit die kar gepak. Dit het ons nie lank gevat om ons festival glase (wat nogals spiffy die jaar gelyk het) en ons vriende by die main bar te kry nie.

Die res was van Woensdag was ‘n regte dagdronk / nagdronk-sessie gevul met grappies, lekker tunes, twee cool honde wat in die bar rondloop, lekker vibes saam met festival buddies en musiekliefhebbers en blurry gesprekke met die ouens van DZ Deathrays (thanks vir dit Nino Van Aarde). Ek praat onder korreksie, maar ek dink het so half 3 Donderdag oggend gaan slaap.

NetfloristOfferforge

Mieliepop 2018

Resensie: Mieliepop 2018 59

Resensie: Mieliepop 2018 60

Toe ons Donderdag oggend wakker word het dit katte en honde gereën, maar ons spirits was hoog gewees. Ons het geweier dat die reënweer ons onderkry en seker gemaak dat ons Greg Giorgiades (saam met Jaco Mans), Strait Jackal, Zionruts Family, Go Barefoot, Albert Meintjies, Deon Bakkes & The Stolen Horses, Apocalypse Later, Van Pletzen en Made For Broadway te kyk.Dis moeilik om te sê wat die hoogtepunt van Donderdag was, maar ek kan wel sê dat al die vertonings wat ek gesien het van ‘n uiters hoë gehalte was.

Resensie: Mieliepop 2018 61

Resensie: Mieliepop 2018 62

Resensie: Mieliepop 2018 63

Resensie: Mieliepop 2018 64

Resensie: Mieliepop 2018 65

Vrydag oggend het ons wakker geword en dit het nog steeds gereën. Na Donderdag se kaskenades by die stages en die main stage bar was dit modderig oral gewees  – veral waar mense heeltyd rondbeweeg het. My modderige Soviet sneakers het darem survive en ek het plastiek sakke oor my kouse aangetrek om te deal met die wetness. Problem solved.

Vrydag was ‘n nat dag en ongelukkig kon van die kunstenaars nie betyds arriveer by die fees vir hulle vertonings nie. Die paaie was baie modderig en glibberig en daar het selfs mense hulle karre by die hek (naby die teerpad) parkeer en na die fees area toe geloop (wat ‘n paar kilometer weg is). Toe dit ophou reën in die laat middag het die organiseerders ‘n skraper gekry om die paaie te skraap (wat actually ook vir ‘n uur vasgesit het). Gelukkig het die reën na dit weg gebly vir die res van die naweek.

Resensie: Mieliepop 2018 66

Resensie: Mieliepop 2018 67

Resensie: Mieliepop 2018 68

Ek het baie op en af geloop, maar ek het seker gemaak ek kry my live-music-fix op die Vrydag. Ek het Half Sister (Jaco Van Der Merwe se side-project), Boxer, Hellcats (wat die main stage line-up gered het), DZ Deathrays (die Aussies wat vir die crowd by die main stage ‘n nuwe ene oopgeskeur het) en Hello Beautiful vrek baie geniet.

NetfloristOfferforge

Resensie: Mieliepop 2018 69

Resensie: Mieliepop 2018 70

Resensie: Mieliepop 2018 71

Vrydag se hoogtepunt was definitief DZ Deathrays. Die Aussies (wat gebaseer is in Brisbane) se vertoning was EXACTLY wat ek verwag het. Hulle het my (en baie mense wat hulle die eerste keer live gesien het) se breine gebreek met hulle kick-ass rock ‘n roll show. Eks bly ek kon hulle weer kyk laas week Vrydag by Arcade Empire.

Resensie: Mieliepop 2018 72

Resensie: Mieliepop 2018 73

Resensie: Mieliepop 2018 74

Resensie: Mieliepop 2018 75

Resensie: Mieliepop 2018 76

Toe ons Saterdag oggend wakker word, was daar glad nie reën nie, maar actually sonskyn. Die paaie was weer reg en ‘n paar mense het opgepak en huis toe gery, maar daar het meer as genoeg bittereinders oorgebly om te verseker dat daar nog ‘n party by Mieliepop 2018 was. Daar was nog baie modder, maar ek het besluit om dit te embrace – ek het die meeste van die dag kaalvoet aangedurf.

Gunshot Blue, Wolfgang Marrow, The Valley, Jagermeister Brass Cartel, Moonchild Sanelly, Georgetown, Rambling Bones, Klopjag, Runaway Nuns, Boo!, Retro Dizzy,  Crimson House, Hellcats (ja hulle het twee keer gespeel die naweek – legends), Bombshelter Beast, Julia Robert (wat nogals ‘n befokte set gespeel het) en The Black Cat Bones (wat heel moontlik die hoogtepunt van die dag was) was my musikale vermaak vir die dag gewees en ek was glad nie teleurgesteld nie. Die Bobbejaan DJ’s het ook lekker tunes gespeel by die Main Bar na die Bones se set. Ek het net voor 1 in die tent ingekruip.

Resensie: Mieliepop 2018 77

Resensie: Mieliepop 2018 78

Resensie: Mieliepop 2018 79

Resensie: Mieliepop 2018 80

Resensie: Mieliepop 2018 81

Resensie: Mieliepop 2018 82

 

Resensie: Mieliepop 2018 83

Resensie: Mieliepop 2018 84

Resensie: Mieliepop 2018 85

Resensie: Mieliepop 2018 86

Resensie: Mieliepop 2018 87

Mieliepop 2018 was vet pret gewees, al het dit meeste van die naweek gereën. Ek gaan my paar Soviets mis (ek moes kaalvoet huistoe bestuur). Eks spyt ek het nie Native Young, Femi Koya, Raygun Royale, Jonathan Peyper en Haezer se sets beleef nie, maar mens kan nie altyd by als uitkom by ‘n fees nie.

NetfloristOfferforge

Sondag oggend het ons vroeg opgepak en gery. Ons was veilig by die huis in Pretoria voor 12 uur die middag.

Kudos en virtual high-fives aan die organiseerders (wat ‘n paar hiccups gehad het as gevolg van die nat weer) wat die situasie mooi bestuur het. Thanks vir die shots Mystic Boer Brandy Griff, thanks vir jou geduld en support my liefie en thanks vir ‘n lekker fees. Ons maak weer so in 2019. Kom ons hoop net die reën bly weg volgende jaar. Ek het darem nou ‘n paar gumboots wat altyd in my kar se boot gaan wees indien dit wel weer reën.

Was jy by Mieliepop 2018? Hoe was jou ervaring? Los kommentaar onder hiedie artikel en laat weet ons.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • An Interview with DZ Deathrays

    DZ Deathrays
    Artist/Band Interviews 14 Feb 2018
  • Resensie: Mieliepop 2024

    Mieliepop Sign 2024
    Event Reviews 15 Mar 2024
  • Hellcats: So How About Them?

    Grind Bar - The Exodus
    Opinion 23 Aug 2019
  • Mieliepop 2018: A Fun Interview with Raygun Royale

    Raygun Royale
    Artist/Band Interviews 7 Mar 2018

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Festivals Lothair Mieliepop South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
  • Francois Van Coke & Vriende 2019
    Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie
    October 25, 2019
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,290
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 336
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.