Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Mieliepop 2017 – Wat ‘n lekker jol

Mieliepop 2017 – Wat ‘n lekker jol

Post Summary: My weekend at Mieliepop festival in Mpumalanga was hectic but brilliant. After a chaotic Friday arrival with tent troubles and a raft trip over the dam, the festival kicked off with great bands like The Lebowski and Lectric Monks. Saturday featured solid performances from acts like Bad Peter, Majozi, and Desmond & The Tutus. Sunday brought more highlights with Medicine Boy, Fuzigish, and Haezer getting everyone dancing, while Monday rounded things out with rock bands and comedy. The whole experience was fantastic and well-organised.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 3, 2017No Comments7 Mins Read Event Reviews 92 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die naweek van die 17de Maart het ek my 6de Mieliepop fees bygewoon in Mpumalanga. Ek en my crew (Jo, Jaxxy en Nino) het Vrydag oggend 11 uur uit Pretoria vertrek, maar te danke aan die feit dat ons vir ons ander partner in crime (Collette) moes wag by die Ultra City in Middelburg vir omtrent 20 minute, die feit dat ons na dit vir ‘n uur lank vir hulle moes wag in Ermelo (omdat hulle die Hendrina afdraai gemis het) en ‘n baie stadige kak trok (wat rêrig stadig gery het en rêrig gestink het) was ons eers omtrent 5 uur die middag by die Tolderia Oord (naby Lothair).

Dit het ons ‘n rukkie gevat om kamp op te slaan en ‘n replacement vir ons tent se top cover te kry (want die tjommmie by wie ons die tent geleen het, het dit nie in die sak gepak nie). Dankie vir Ruan (wat vir ons sy bakkie cover geleen het) en vir Friederich wat vir ons ‘n mattress pump geleen het. Na als opgestel is, is ek en Jo oor die brug om vir BraaiBoy hulle te gaan hello sê en ‘n Texan Steak op die kole te tan.

‘n Lekker vleisie, so paar tequilas en ander drankies later (te danke aan Steve en Jolene) het ons ‘n lift oor die dam gekry by die ouens van Fuzigish wat hulle raft gebou deur die loop van Vrydag. Die trip was wonky, en ons het amper ‘n paar keer in die riete vasgesit, maar ons het veilig by ons campsite uitgekom om geld te kry sodat ons die festival bar kan aandurf. Voor iemand kon sê “Mielie” was dit partytjie tyd by Mieliepop bar en ons het omtrent instantly die joligheid van die fees begin beleef. Dit was so baie pret dat ek eers omtrent 3 uur in ons tent ingeklim het.

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 87

Saterdag het ons vars begin met so bietjie breakfast (te danke aan Rudi en Shance) en met ‘n tent opslaan missie (te danke aan Legend Frans wat vir ons ‘n ander tent geleen het want ons sin het soon ‘n spaceship gelyk) en toe was dit tyd om The Lebowski uit te check by die Willow Tree stage. Die oudjies is nog bloed jonk maar hulle was die perfekte band om die festival mee af te skop. Ons het nie veel deur die dag gedoen nie, maar ons het darem tyd gemaak om The Dead Trends uit te check.

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 88

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 89

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 90

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 91

Net na 4 het ek Lectric Monks gaan kyk by die Willow Tree stage en ek moet sê dat hierdie orkes baie ver gekom het vandat ek hulle eerste keer gesien. Hulle energie was amazing. Na dit het ons Bad Peter gaan kyk by die main stage en bietjie silly geraak (te danke aan hulle lewendige optrede). Ek het ook moeite gedoen om Michael Canfield uit te check en ek was glad nie teleurgesteld nie. Die Amerikaner (wat nou in Tulbagh bly in die Wes Kaap) is baie talentvol en het ‘n baie passievolle set gespeel.

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 92

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 93

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 94

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 95

Deur die loop van Saterdagaand het ek vertonings gekyk deur Greg Georgiades & The Ultra Natives, We Are Charlie, Majozi, Gerald Clark, die Hot Water Duo en The Oh So Serious. Al hierdie acts het solid sets gespeel en ek moet sê dat dit my laat besef het hoe baie talent daar in Suid-Afrika is. Die headliner vir Saterdagaand was Desmond & The Tutus gewees en dit was ook ‘n baie pretterige ondervinding gewees (al speel Nic Dinnie nie meer in die band nie). Die aand het ge-eindig met my wat na Pop Art Live met een oor luister en na The Milk Bar Kid met die ander oor. Ek het ook ‘n rukkie na Crimson House geluister en dit was baie salig op die oordromme. Ek het ongelukkig DJ Legend vs DJ Dirtroad gemis (sorry Conrad en Frans maar ek was bietjie gaar na Vrydag).

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 96

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 97

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 98

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 99

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 100

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 101

Sondag was bietjie kouer as Saterdag en Vrydag, maar ons het ons self al vroeg warm gekuier in die campsite (te danke aan Chris, Heine, Wessel, Dylan, Jason en Alet) en nadat ons breakfast gekry het, het ons gaan shower in Mieliepop se luukse ablusieblok en vir Braaboy hulle gaan kuier. Iewers deur die loop van die oggend het ek en Chris van Boargazm geponder of ‘n skilpad metal band sal werk maar hy het gesë die Here in ‘n half-shell sal teveel dop.

Die dag was heel rustig totdat dit begin spoed vang het met puik optredes deur The Barbosa Experience, Tidal Waves en Naming James. Ek is bietjie ongelukkig omdat ek Jonathan Peyper mis gekuier het, maar ek kon darem elke woord oorkant die dam hoor.

NetfloristOfferforge

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 102

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 103

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 104

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 105

Laat middag en vroeg aand het dit bietjie kouerig begin raak, maar gelukkig het The Moths, Hellcats en Medicine Boy ons opgewarm. Al drie acts was aan die brand met hulle no-nonsense blend van rock ‘n roll. Die drie optredes was definitief drie van my gunstelling vertonings van die naweek gewees.

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 106

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 107

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 108

Die res aand het ek Femi Koya gesien (wat my heeltemal weggeblaas het met sy briljante optrede), Late Night Fox (wat ‘n lekker crowd getrek het by die Willow Tree Stage), Grassy Spark (wat almal aan die dans gehad het met hulle baie entertaining set), Fuzigish (wat die moshpit junkies gesatisfy het en seker een van die beste vertonings van die naweek gelewer het) en Haezer (wat die hele Mieliepop aan die dans gehad het). Daarna was daar ‘n overload van electro en bier voordat die Bobbejaan DJs die oortollige electro uit my ore geblaas het. Die aand het geëindig met Nino wat 3 uur die oggend reguit in die swembad inloop en ek wat half 4 die oggend in die tent inkruip.

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 109

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 110

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 111

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 112

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 113

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 114

Maandag oggend het begin met breakfast (te dankie aan die Panini tannie), ons wat ons fone gaan charge in een van die huisies, ‘n vinnige oproepie werk toe om seker te maak als in klop disselboom en ‘n lekker warm shower. Daarna het ons help braai by Braaiboy se stalletjie en The Dandies (wat die stage aan die brand gespeel het).

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 115

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 116

Die res van die dag het ek vir Ruff Majik (‘n kick-ass rock band), Mouse (nog ‘n kick-ass rock band), Retro Dizzy (‘n rock band van Kaapstad) en Miagii geluister en myself gate uit geniet. Ek het ook tyd gemaak om op die comedy barge te gaan en na Hannes Brummer en kie se grappies te luister.

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 117

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 118

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 119

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 120

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 121

Maandag aand het ek The Deathrettes en Ben Dey & The Concrete Lions vir die eerste keer gesien, uitgerock op The Tazers, met een oor na BCUC geluister by die bar, uitgerock op Black Math (nog ‘n kick-ass rock band), lekker saamgesing tydens Shortstraw se set en die metal fan binne my happy gehou te danke aan ons kampmaatjies: Boargazm. Ek het ook moeite gedoen om PH Fat te kyk voordat ek so 12 uur in my koue tentjie ingekruip het.

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 122

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 123

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 124

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 125

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 126

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 127

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 128

Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 129

Dinsdag oggend is ons vroeg weg by Mieliepop en ons was veilig 1 uur by die huis. Gelukkig was daar nie weer ‘n pap tyre soos laas jaar nie.

Mieliepop 2017 was ontsettend baie pret gewees en ek wil vir almal wat betrokke was met die organisasie daarvan (Henk, Willie, Coenie, Johan, Niel en die res) baie dankie sê vir ‘n befokte fees. Julle mag maar hoor. Dankie vir skoon badkamers, warm showers en bars wat nie te stadig was om orders te vat nie. Al wat ek gemis het was DJs wat met meer rock ‘n roll speel in die bar… Sien julle volgende jaar vir nommer 7.

As jy nie die jaar by Mieliepop was nie, check die video hier onder uit wat Dizzy Khaki geskiet het by die fees:

Wees op die uitkyk vir gereelde artikels in die Music en Photography kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

You might also like

  • Resensie: Mieliepop 2018

    Mieliepop 2018 15
    Event Reviews 3 Apr 2018

    Die skrywer besoek Mieliepop 2018, 'n musiekfees naby Lothair in Mpumalanga, vir die sewende keer in sewe jaar.

    An Interview with DZ Deathrays

    DZ Deathrays
    Artist/Band Interviews 14 Feb 2018

    Brisbane rock band DZ Deathrays is heading to South Africa in March 2018, with an interview revealing their thoughts on their new album and upcoming Mieliepop performance.

  • Resensie: Mieliepop 2024

    Mieliepop Sign 2024
    Event Reviews 15 Mar 2024

    Mieliepop 2024 was 'n fantastiese naweekse fees by Tolderia Oord met uitstaande live musiek, lekker partytjies en gelukkig geen modder hierdie keer nie.

    Hellcats: So How About Them?

    Grind Bar - The Exodus
    Opinion 23 Aug 2019

    Hellcats is a two-piece rock and roll band that captures the raw, unfiltered essence of classic rock and roll music with pure energy and authenticity.

Join The Wolf Pack

📻 Subscribe To Our Newsletter

Help To Keep Us Going

☕ Support Us

Explore Running Wolf's Rant

🎵 Visit the Music Hub🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check out Upcoming Events🎤 Check Out The SA Gig Guide
Festivals Lothair Mieliepop South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
More Articles
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
  • Francois Van Coke & Vriende 2019
    Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie
    October 25, 2019
Categories
Entertainment
3,403 ▼
Music 2,617
Events 245
Interviews 225
Gaming 97
Streaming 91
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
578
Hacks
502
Facts
466 ▼
Music Facts 152
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
334
Opinion
228
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
NetfloristOfferforge
Popular Topics
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.