Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem

Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem

Blitsoorsig: Jaakie se musikale reis het op 11 April 2024 by Sunset Studios begin toe hy met produsent Fred den Hartog saamgewerk het. Nadat hy sy eerste freestyle opgeneem het, het Fred hom voorgestel om Afrikaanse liedjies te skryf. Sy debuutsnit "Hulle" met Jack Parow as gaskunstenaar is nou uit, en Jaakie beskryf die samewerking as 'n ongelooflike ervaring wat sy kuns na 'n hoër vlak geneem het.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 1, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 75 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Hierdie is die verhaal van `n romantiese Afrikaanse popster van die Kaap met die naam Jaakie, en sy droom wat uiteindelik waar geword het.

Dit is ‘n reis wat oor jare gestrek het, maar alles het vir hierdie kunstenaar in plek geval op 11 April 2024. Op daardie dag het sy vriend, Francois van Straten, hom gevra om ‘n paar foto’s en videos by Sunset Studios te kom neem.

Jaakie

Francois was besig om aan musiek te werk saam met die musiekvervaardiger Fred den Hartog. Wat hy nie geweet het nie, was dat hierdie dag sy lewe onherroeplik sou verander.

Terwyl hy daar was, het Jaakie begin rondspeel met ‘n paar lirieke en verse, en toe Fred voorstel dat hulle iets daarmee doen, het Jaakie dadelik agter die mikrofoon ingeskuif en sommer ge-freestyle.

NetfloristOfferforge

Dit was in daardie oomblik dat Jaakie as kunstenaar gebore is

Hy kon dit voel—die energie, die vreugde, die klik van al die stukkies wat in plek val. Die naam “Jaakie” was nie net ‘n alias nie; dit was ‘n manifestasie van jare se passie en strewe na ‘n droom.

`n Paar maande later het Fred voorgestel dat hy daaran moet dink om ‘n paar Afrikaanse liedjies te skryf en op te neem. Die vrystelling van sy debuutsnit “Hulle” met sy held Jack Parow as gaskunstenaar, is gebore uit hierdie visie.

Die lirieke van “Hulle” is geïnspireer deur die bekende slagspreuk van Dricus de Plessis “hulle weet nie wat ons weet nie.”

Die frase is ‘n viering van Suid-Afrikaners se unieke uitkyk op die lewe. Jaakie sê: “Ons het `n eiesoortige sin vir humor. Ek wou op my manier `n gevoel van samehorigheid in die liedjie vasvang. Dit gaan oor die idee dat, ten spyte van ons verskille, ons almal een is as `n nasie. Ons is Suid-Afrikaners.”

NetfloristOfferforge

Jaakie en Jack Parow het elk hul eie lirieke geskryf en opgeneem

Dit was nommerpas! Vir Jaakie was die hele proses om met Jack Parow saam te werk iets wat hy beskryf as “’n vergrootglas-ervaring.”

Hy verduidelik: “Die proses was net Ongelooflik. Dit het my kuns en inspirasie na ‘n hoër vlak geneem. Ek kan steeds nie glo dat ek ‘n liedjie gemaak het met die grootste Afrikaanse rapper ooit nie.”

Jack Parow sê dat hy dadelik geweet het dat hy deel wil wees van die skepping van die enkelsnit. “Jaakie het ‘n amazing vibe. ”

“Sy energie en hoe hy dinge aanpak, is net so cool. Ek hou van mense wat nie op hulle laat wag nie, wat self inspring en dinge aan die rol kry. Jaakie is so `n bra. Ek het baie tyd vir hom en ek dink ons gaan nog lekker saamjol em moeilikheid maak in die toekoms.”

NetfloristOfferforge

Die musiekvideo is gemaak deur “Perissos,” ‘n kreatiewe agentskap wat Jaakie saam met David van Heerden, Karlo Viljoen, Daniel Jooste en Josh Brand gestig het.

Kyk die video hier onder:

YouTube video player

Wees ook op die uitkyk vir Jaakie se tweede enkelsnit “Kolwyntjie”, wat binnekort uitgereik sal word.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • ‘n Onderhoud met Jaakie

    Jaakie
    Artist/Band Interviews 11 Oct 2025
  • Jaakie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Check Vir My”

    Jaakie
    Music Videos 10 Sep 2025
  • Jaakie en Van Straten Reik “Kolwyntjie” Uit

    VAN STRATEN en Jaakie
    Music Videos 9 Dec 2024
  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jaakie Jack Parow South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,290
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 336
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.