Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates
    • Dan Mace discovers incredible musical duo
    • Phil Gregory Releases New EP: “22” – Not Out
    • Daniel Baron Releases Powerful Emotional Ballad: “Roses”
    • OneRepublic Announces 2022 South African Tour Dates
    • Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit
    • SAMA28 Nominees Announced
    • The Incidentals release debut single: “Trippin’ on Tar”
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Jack Parow laat Afrika 4 Beginners album los

    Jack Parow laat Afrika 4 Beginners album los

    Henno KrugerBy Henno KrugerNov 10, 2017 Music 4 Mins Read22 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Goeie nuus! Jack Parow is vars terug vanaf Nederland waar hy Tivoli Vredenburg in Utrecht ge-own het vir een aand met ‘n uitverkoopte Parow Fest. En nou is hy gereed om sy lekkerste album ooit, Afrika 4 Beginners, los te laat.

    Afrika 4 Beginners is rof en melodies en so Suid-Afrikaans soos dit kom – presies wat ons van Jack Parow verwag… en hy stel nie teleur met hierdie een nie. Die koning van Afrikaanse ryme kraai bobaas met ‘n lekker verskeidenheid van polsende musiek en ryme wat jou sal laat lag, huil, dink en laat wil partytjie.  Die liriese rymkletser verskaf die pompende maat vir al die beste tye wat nog kom – die perfekte klankbaan vir die herhinderinge wat jy wil koester of eerder wil vergeet (luister na Bang Babalas).

    Jack Parow laat Afrika 4 Beginners album los 1

    Afrika 4 Beginners is nou beskikbaar op iTunes. Klik hier om die album te kry. Hierdie CD gaan teen die begin van Desember ander CDs ongemaklik maak op winkelrakke landswyd.

    Parow hou mos nie daarvan om alleen partytjie te hou nie, so hy het ‘n paar van sy tjommies genooi na hierdie jol toe. Luister uit vir die talentvolle en vars Early B, Amerikaanse kletsrymer Dirt Nasty, HHP, Aewon Wolf, Hunter Kennedy en die Happy Boys Klopse, met stukkies komedie van Twakkie en Schalk Bezuidenhout tussen-in.

    Hierdie versameling vet liedjies is vervaardig deur Fokofpolisiekar se Johnny de Ridder, Loki Rothman, Sketchy Bongo, Die Heuwels Fantasties se Fred den Hartog, Desert_Head en Taxi Violence se Rian Zietsman.

    Hier is die track-list

    1. 1800 26 37 36 78 275
    2. Boepens Vark – “If you alone at home and you got nowhere to go, yo pick phone up en baby bel die Boepens nou.”
    3. Bang Babalas – “Ek’s vanoggend weer banggggggg babalas, die omdat ek weer gisteraand wayyyy te warm was, Ek’s altyd halfpad tussen chilled en angsbevange, raak wakker kaalgat op onbekende banke.”
    4. Africa for Beginners – Schalk Bezuidenhout
    5. Jantjie Volstruis ft. Happy Boys – “Waarvan die hart mos vol is loop die mond van oor, in die son deur my sondes met die maan getoor.”
    6. To all the girls ft. Dirt Nasty – “How do you say fucking awesome – LEKKER; en dis hoe ons rol in Afrika where I’m from; I wanna come visit you there – BRING A GUN.”
    7. Kak Soek ft. Early B – “Almal het gedoeg ek gan relax as ek ouer raak; maar maak nog die doef doef musiek wat jou ouers haat; Parow praat weer, fresh dressed f*kken vars man; my tunes kom met meer bleep bleeps as ‘n mars man.”
    8. Twakkie loves you – Twakkie
    9. Baby, ek likes jou – “Kan nie kook nie, maar sal vir jou ‘n steak kan braai; en as jy groceries koop dit uit die boot uit laai; ek sal elke dag my hart weer op jou verloor; ek weet ek’s dalk ‘n bietjie weird maar hoop jy like my ook.”
    10. Siem Salabiem ft. HHP & Xander Ferreira – “Almal wonder waar die bra met die pet is; hoof diaken van jou straathoek sektes; dis mos wat ek is, toor met die letters.”
    11. Jack Parow is ‘n robot – Schalk Bezuidenhout
    12. Pappa P – “Almal sluk ‘n chill pill sit stil en kraak ‘n venster; as Pappa stadig sleeptong by jou show in slenter; so drink maar suikerwater, eet ‘n stukkie f*kken toast; yo Parow’s f*kken terug pel, gooi n f*kken post.”
    13. Johnny is nie dood nie ft. Koos Kombuis
    14. Vingerafdruk ft. Hunter Kennedy – “In die donkerte in gekyk; nou staar die donkerte terug na my; aan fame try vat nou vat die fame aan my; my trots verslint nou net ’n vingerafdruk.”
    15. Skop, Skiet en Donderweer ft. Aewon Wolf – “Jy flow lame, jy’t no game, ek ruk jou rond met rou rym.”
    16. Monster – “So kom asseblief na my toe almal wat uitegput en oorlaai is; almal wat veraai is, as jy my soek ek’s waar die f*kken braai is.”
    17. African Time – Schalk Bezuidenhout
    18. My Koningkryk – ““Oppi, Daisies, Kunstefees; no matter waar jy gaan, hier’s die meeste gees; oop soos die vlaktes, kop vol idees; waar ‘n traffic light ook n robot kan wees.”

    Maak seker dat jy wese kry by een van hierdie shows in November en Desember 2017:

    • 24 November – Aandklas, Pretoria
    • 25 November  – Full Moon, Honeydew
    • 1 Desember – Rosetulee, Brakpan
    • 3 Desember – Hermanus, VAC
    • 7 Desember – Plett Rage, Plettenbergbaai
    • 8 Desember – Jbay Rage, Jeffreysbaai
    • 9 Desember – Shimmy’s Beach Bar, Kaapstad
    • 15 Desember – Upperdeck, Hartebeespoort
    • 22 Desember – Flamingos, Langebaan
    • 27 Desember – The Shed, Struisbaai
    • 28 Desember – Shenanigans, George
    • 29 Desember – Barrydale
    • 30 Desember – Brians Grill, Oudtshoorn
    • 31 Desember – Diaz Strand Hotel, Diaz

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

     

    Get updates via email
    Afrika 4 Beginners Afrikaans Cape Town Jack Parow Music News Rap South Africa Tours
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleThe Amblers release debut EP
    Next Article Answers to “What do you like about music?”
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Jack Parow Kondig Nuwe Album Aan

    Feb 22, 20223 Mins Read

    Jack Parow reik “Bang Babbelas” music video uit

    Oct 23, 20183 Mins Read26 Views

    Jack Parow stel “My Koningkryk” musiekvideo vry

    Feb 8, 20182 Mins Read20 Views

    Jack Parow – Boepens Vark musiekvideo uitgereik (NSFW)

    Oct 26, 20173 Mins Read45 Views

    ‘n Vinnige Pre Large On The Lawn Geselsie met Jack Parow

    Feb 23, 20173 Mins Read21 Views

    Jack Parow & Jitsvinger stel “Dis Bef*k” Remix vry

    Dec 1, 20162 Mins Read21 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    My 14 Favourite Photos of 2017

    Dec 22, 201730 Views

    Review: Ivacy VPN

    Mar 25, 202063 Views

    ‘n Vinnige geselsie met Koos Kombuis

    Nov 28, 201615 Views

    Photo Album: Hatfield Carnival 2011

    Feb 16, 201141 Views

    My 2 cents on the first edition of Large On The Lawn

    Feb 1, 201720 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    Love sucks: Let it in, let it rule – it makes the world go round

    Feb 10, 201417 Views

    5 ways to drink less without missing out

    Dec 3, 202124 Views

    Self-Employment: Everything You Need To Know

    Apr 20, 2021

    Here’s your chance to Save Our Stages!

    Jul 21, 202110 Views

    5 reasons why you should consider planting an indigenous garden

    Jun 21, 202126 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

    Aug 15, 201832 Views

    Photo Album: Oppikoppi 2010 – Sexy. Crooked. Teeth (Mobile)

    Aug 11, 201014 Views

    Twenty One 2021 Memes To Kick-Start Your Year

    Jan 1, 20218 Views
    Recent Posts

    What are the Best Trails in Australia?

    Jun 29, 20229 Views

    Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates

    Jun 29, 20222,911 Views

    Dan Mace discovers incredible musical duo

    Jun 27, 202228 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.