Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Jack Parow reik “Demone” Musiekvideo uit

Jack Parow reik “Demone” Musiekvideo uit

Blitsoorsig: Jack Parow gee elke maand op die 22ste nuwe musiek vry as deel van sy album Die Evangelie van Goeie Tye. "Demone" met Margot was die eerste enkelsnit, met 'n musiekvideo wat Parow self geskryf en gereëliseer het. Hy het ook "Piele", "Meisies en Partytjies", "Puff Puff Puff", "Paranoia", "Rolmodel" en "There it is" alreeds uitgereik.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 5, 2022No Comments5 Mins Read Music Videos 111 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sedert Jack Parow se veertigste verjaardag op 22/02/2022, stel hy elke maand op die 22ste ‘n splinternuwe enkelsnit vry. Hy gaan aanhou om maandeliks ‘n nuwe rap te te laat val tot Februarie 2023 wanneer sy album, Die Evangelie van Goeie Tye, volbring is.

Die heel eerste enkelsnit vanaf Die Evangelie van Goeie Tye was “Demone” met Margot. En nou het die tyd gekom om die musiekvideo ook bekend te stel. In 2021 het Parow na die Knysna woud gegaan om sy persoonlike demone in die gesig te staar. Hy het sterker as ooit terug gekom.

Jack Parow - Demone

Jack Parow is baie trots op die eerste musiekvideo wat hy al ooit self geskryf en die regie van behartig het. Hierdie musiekvideo is vrygestel om 2:22pm op Maandag, 5 September.

Jack Parow vertel ons meer oor “Demone”

“Demone was die eerste single van my nuutste album, Die Evangelie van Goeie Tye en ook nou die eerste music video wat ek self direct en geskryf het. Dit was vir my ’n nerve-wrecking experience, maar ek is so bly ek het dit aangepak!” 

NetfloristOfferforge

“Dit is ‘n baie betekenisvolle song vir my en om dit te kon skryf, en so eerlik te wees met myself, in so ‘n ‘scary mind space’ was een van die dinge wat my uit daai donkerte gekry het en terug na die lig toe. Dit was vir my die begin van ‘n proses wat gelei het tot ’n  metaforiese hergeboorte in my ‘mind state’ asook in my musiek.”

“Ek wil net ‘n extra groot dankie sê vir JÄGERMEISTER wat my ge-BACK het van die begin af en vir my gesê het om te go for it; hulle doen so baie vir local music. Dan ook net aan Margot Rothman vir haar amazing stem en vibe, die span wat saam met my gewerk het om dit tot lewe te bring, die amazing modelle wat game was vir alles en ook ANNIE’S WARDROBE, PROPS TO THE STARS en SCAR Hair se span van stylists. Ek voel so geëerd dat almal so glo in my vision en altyd my toelaat om te maak wat ek wil. LIEF VIR JULLE!”

Margot Rothman is bekend vir haar dekking van “Toe vind ek jou” op die fliek, “Fiela se kind” se klankbaan. Haar broer, Loki Rothman, het “Demone” vervaardig en vervaardig ook van ander liedjies op die Evangelie van Goeie Tye.

Kyk die video vir “Demone” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Ek moet erken dat hierdie een van die beter Jack Parow liedjies is wat ek die laaste paar jaar gehoor het. Dit is sover my gunsteling liedjie uit die paar liedjies wat alreeeds uitgereik is as deel van sy Die Evangelie van Goeie Tye album.

Jy kan “Demone” HIER aflaai / stroom.

6 ander liedjies is alreeds uitgereik wat op Jack Parow se nuwe album gaan wees. Hou aan lees en vind meer uit oor hulle.

Jack Parow vertel ons meer van “Piele”

“Met die tweede single van my album, Die Evangelie van Goeie Tye, wou ek weg beweeg van die donkerder kant wat ek ge-channel het in “Demone” en sê, jy weet, dinge mag dalk woes gaan partykeer of jy mag dalk deur ‘n rowwe tyd gaan maar op die einde van die dag sal alles weer cool wees, of soos ‘n mens sê, moenie worry nie, ALLES IS PIELE!”

NetfloristOfferforge

Jy kan “Piele” HIER aflaai / stroom.

Jack Parow vertel ons meer van “Meisies en Partytjies” (saam met Angie oeh)

“Dis ‘ n weerspieëling van enige wilde jol tydens die pandemie se aandklokreël, it could go either way. Jy kan opeindig met mense wat jy love of mense wat jou irriteer… maar ek’s gewoonlik willing om te gamble.”

Behalwe dat Jack Parow en Angie oeh albei voortreflike rappers is, het hulle ook ‘n paar ander dinge in gemeen… meisies en partytjies. Hierdie liedjie sal enige partytjie aan die gang kry of lekker lewe in blaas.

Jy kan “Meisies en Partytjies” HIER aflaai / stroom.

NetfloristOfferforge

Jack Parow het net een ding te sê oor “Puff Puff Puff”

“Bederf jouself.” 

Jy kan die track HIER aflaai / stroom.

Jack Parow verduidelik “Paranoia”

“Wanneer elke minuut soos 10 voel en selfs die grim reaper by jou deur staan om te kyk of jy nog lewe… dit is waaroor hierdie song gaan. Die paranoia, die angs, die vrees vir jou lewe en die hoop dat hierdie hangover asseblief net nie so erg soos die laaste keer sal wees nie.”

Jy kan “Paranoia” HIER aflaai / stroom.

Meer inligting oor die 2 ander liedjies wat uitgereik is sover

Jack Parow bewys weereens hoekom hy die Koning van Afrikaans Rap is met sy gevaarlike flow in “Rolmodel” en laat die treffers vloei met “There it is”.

Ek dink persoonlik hierdie album gaan kak gevaarlik wees. Merk my woordjies mensies. Ek het so spesmaas dat ek die completed projek op repeat gaan luister as dit finally klaar is.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026
  • Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis

    Jack Parow - Dis DDP
    Music News 11 Aug 2025
  • French Montana: Live in South Africa in December 2026

    French Montana
    Upcoming Events 23 Sep 2026
  • The Groove Room: Live in Cape Town – 26 December 2026

    The Groove Room - Live in Cape Town
    Upcoming Events 23 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Demone Jack Parow South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.