Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » “Die tragiese saak van Pamina Vermaak” Temalied uitgereik

“Die tragiese saak van Pamina Vermaak” Temalied uitgereik

Blitsoorsig: Annie Klopper se roman Die tragiese saak van Pamina Vermaak is tans landswyd beskikbaar en het sy eie temalied gekry. Die lied "Tyd om eerlik te wees" is opgeneem vir die fiktiewe kunstenaar Wolf De Jager deur musiektalente soos Hunter Kennedy en Laudo Liebenberg. Die liedjie het selfs op Apple Music se "Best of the Week"-speellys verskyn en word geprys as een van die beter Afrikaanse liedjies van die jaar.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 23, 2018No Comments3 Mins Read Music News 67 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Annie Klopper se roman Die tragiese saak van Pamina Vermaak is nou landswyd beskikbaar en Wolf De Jager het ‘n temalied uitgereik daarvoor.

Hoe dikwels het ’n roman sy eie temalied, en word ’n karakter uit ’n boek in die lewe geroep deur sy eie liedjie vry te stel? Te danke aan Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties), Frederick den Hartog (Die Heuwels Fantasties) en Laudo Liebenberg (aKING), is dit moontlik gemaak deur die opname van “Tyd om eerlik te wees” namens die (fiktiewe) kunstenaar Wolf de Jager.

Meer inligting oor Wolf De Jager en Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Wolf is die manlike hoofkarakter in hierdie romantiese komedie. Nadat steelfoto’s op sosiale media uitlek waar sy verloofde, ’n aktrise, hom met ’n Hollywood-ster verkul, tuimel Wolf se wêreld – en suksesvolle loopbaan – al hoe verder ineen. Hy gaan kruip weg vir die paparazzi op ’n klein Weskusdorpie waar hy sukkel om nuwe liedjies te skryf. Hier kruis sy paaie met Pamina Vermaak, ’n sonderlinge meisie wat haar eie deuntjie volg.

Annie Klopper - Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Klopper is ’n oudmusiekjoernalis en die outeur van Fokofpolisiekar se amptelike biografie, Biografie van ’n Bende: Die storie van Fokofpolisiekar (wat in 2011 uitgereik is). Sy het kragte met haar vriende uit die musiekbedryf saamgespan om hierdie grensverskuiwende projek die lig te laat sien.

NetfloristOfferforge

“Ek wou graag aan lesers die geleentheid gee om die karakters buite die beperking van slegs woorde op papier te ervaar. Jy kan die song luister terwyl jy lees, en só kry die verhaal ’n nuwe dimensie.” Annie Klopper

“Tyd om eerlik te wees” is ‘n instant treffer

Slegs twee dae nadat “Tyd om eerlik te wees” op alle digitale musiekplatforms vrygestel is, het Apple Music dit gelys onder die gesogte “Best of the Week”-speellys langs name soos Ariana Grande en The Kooks.

Wolf De Jager - Tyd om Eerlik Te Wees

Die snit is in samewerking met die outeur geskryf en opgeneem deur Kennedy, Den Hartog en Liebenberg by The Nothing Club in Kaapstad. Liebenberg, wat buiten sanger ook ’n akteur is, het gesorg dat die fiktiewe karakter ’n stem kry:

“Dit was lekker om volgens ’n ‘brief’ te werk – die gevoel van die storie te vertolk in die lied. Ek geniet dit altyd om saam met Fred en Hunter te werk aangesien ons mekaar goed verstaan. Ons het die vryheid gehad om te kan speel met die produksie van die liedjie en kon dit deur ’n klomp fases neem om by die eindproduk uit te kom.” Laudo Liebenberg

NetfloristOfferforge

Oor Liebenberg se “rol” as Wolf, het Kennedy die volgende te sê: “Dit klink asof Laudo al klaar die hoofrol [in ’n film] vertolk.”

Ek het na “Tyd om eerlik te wees” geluister en ek moet sê dat dit een van die beter Afrikaanse liedjies is wat ek al die jaar gehoor het. Ek dink Wolf De Jager moet nog songs opneem!

Klik hier om Die tragiese saak van Pamina Vermaak te koop op die Kwela webwerf.

Klik hier om na “Tyd Om Eerlik Te Wees” te stream of te koop.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op RWR.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Blood Brothers 2018: An Interview with Laudo Liebenberg

    Laudo Liebenberg
    Artist/Band Interviews 20 Sep 2018
  • Francois van Coke “En Vriende” EP nou beskikbaar

    Francois van Coke - En Vriende EP
    Music News 13 Jul 2018
  • Hunter Kennedy Releases a New Single: “Waiting for Maria”

    Hunter Kennedy
    Music News 12 Sep 2025
  • Jaakie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Check Vir My”

    Jaakie
    Music Videos 10 Sep 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Hunter Kennedy Laudo Liebenberg
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,287
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.