Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Francois van Coke “En Vriende” EP nou beskikbaar

Francois van Coke “En Vriende” EP nou beskikbaar

Blitsoorsig: Francois van Coke has dropped his En Vriende EP, a four-track project recorded with friends at Red Bull Studios Cape Town. The EP showcases collaborations with Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Early B, and aKING's Laudo Liebenberg, blending rock, punk, and hip-hop styles. The release leads up to his Francois van Coke & Vriende concert at Sun Arena in Pretoria on September 15, 2018, and serves as a preview before his third solo album arrives in 2019.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 13, 2018No Comments3 Mins Read Music News 85 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Francois van Coke het vandag sy En Vriende EP (aka “kortspeler”) vrygestel. Die EP het 4 opwindende liedjies op wat Francois saam met sy vriende opgeneem het.

Dit is al meer as ‘n jaar sedert die ikoniese rocker, Francois van Coke sy tweede solo album, Hierdie is die Lewe, vrygestel het.  En nou is hy terug met waarna sy aanhangers die meeste uitsien – nuwe musiek.

Met behulp van Red Bull en Jägermeister het Francois ou en nuwe vriende nader getrek om sy En Vriende EP te maak en los te laat. Die kortspeler met vier snitte spog met epiese samewerkings met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Early B en aKING se voorsanger, Laudo Liebenberg.

Francois van Coke - En Vriende EP

Die En Vriende EP se klank is groot. Dit wissel van rock tot punk tot hip-hop wat Francois se diversiteit as musikant onderstreep.  Die idee vir die kortspeler is aangevuur deur die AMP Events produksie, Francois van Coke & Vriende, (in samewerking met kykNET en Jacaranda FM) wat op 15 September 2018 plaasvind by Sun Arena, Time Square in Pretoria.

NetfloristOfferforge

“Al vier van die kunstenaars op die EP is deel van die ‘Francois van Coke & Vriende’ produksie. Ek wou hierdie jaar nuwe musiek vrystel voordat ek my derde vollengte solo album uitsit in 2019. Nadat alles lekker bymekaar gekom het vir die show in Pretoria, het dit soos ‘n goeie idee gevoel om saam met van hierdie vriende nuwe musiek te skryf. Met behulp van Red Bull Studios Cape Town en Jägermeister, het ons ‘n EP gemaak wat great klink.  Dit gaan awesome wees om ‘n song soos ‘Altyd lief vir jou’ met Early B vir die eerste keer op te voer by die Sun Arena,” vertel Francois.

Besoek Computicket om kaartjies te koop vir die Francois van Coke & Vriende konsert.

Hier is die snitlys vir Francois Van Coke se En Vriende EP:

  • “Ek lewe, ek belowe” Francois van Coke & Die Heuwels Fantasties
  • “Altyd lief vir jou” Francois van Coke & Early B
  • “Spaar my asseblief” Francois van Coke & Laudo Liebenberg
  • “Moenie bang wees nie” Francois van Coke & Jack Parow

En Vriende is by Red Bull Studios in Kaapstad opgeneem deur Fred den Hartog en Dane Taylor. Kyk uit vir ‘n musiekvideo vir die punk snit op die kortspeler, “Ek lewe, ek belowe” met Die Heuwels Fantasties wat op 24 Julie 2018 vrygestel gaan word. Hierdie opwindende vrystelling is ‘n noodsaaklike klankbaan vir die res van 2018, so maak seker jy stroom / koop dit dadelik HIER.

Ek het die hele En Vriende EP deurgeluister vanoggend en ek moet sê dat al die songs van ‘n baie hoë gehalte is. Ek dink hierdie EP gaan op my groei (soos altwee Francois se solo albums en die nuwe Fokofpolisiekar album het).

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Heuwels Fantasties Early B Francois van Coke Hip Hop Jack Parow Laudo Liebenberg Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.