Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » “Bellville” (Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit) is hier

“Bellville” (Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit) is hier

Blitsoorsig: "Bellville" is Die Heuwels Fantasties se eerste snit vanaf hulle komende album C'est La Vie wat in September vrygestel word. Die lirieke, deur Pierre Greeff se vrou Jani geskryf, handel oor verlies en die hoop dat jou pa jou kom haal. Hunter Kennedy noteer dat die lied eksistensialisme en voorstedelike vrees verken, maar musiekaal triomfantlik is danksy William Haubrech se virtuoose trompetwerk.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 16, 2022No Comments2 Mins Read Music Videos 107 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Bellville” is die eerste nuwe enkelsnit vanaf Die Heuwels Fantasties se nuwe album met die titel C’est La Vie wat vroeg in September uitgereik word. Die lirieke is deur Pierre Greeff se vrou Jani gedurende die onlangse Covid tydperk geskryf.

Met betrekking tot die lirieke: “Altyd gereed/Hand op die heup/Altyd die buitekant glimlag/Maar die binnekant bly maar seer/Sê vir my Pa ek kom huis toe” verduidelik sy: “Ek het my pa op `n baie jong ouderdom verloor. Die idee ‘om jou pa te bel as jy in die knyp is’ is vir my soms moeilik om te begryp. Ek het die liedjie geskryf toe ek gevoel het dat ek omring was deur die dood en ek het gewonder, as dit vir my kom , hoe sal dit lyk? Wanneer dit my tyd is, hoop ek dit is my pa wat my kom haal. Maar wie weet hoe die dinge gebeur? Wie ookal opdaag, moet weet dat hulle my tien teen een op die hoek van Jip en Kommissaris straat in Bellville sal vind.”

Die Heuwels Fantasties - Bellville

Hunter Kennedy voel dat daar `n super lekker energie tussen die lirieke en musiek van “Bellville” is

“Liries dwaal dit in ‘n alledaagse eksistensialisme en wroeg met voorstedelike vrees, maar sonies is dit triomfantlik. Die trompet verwerking deur virtuoos William Haubrech sorg vir die emosionele oorwinning terwyl die dromerige volksmusiek jou oop maak om huis toe te verlang.”

Die Heuwels Fantasties - Ce La Vie - Bellville

Die video vir “Bellville” was gedeeltelik verfilm tydens die opname van die liedjie. Die res van die video is deur die meesterlike Damiane van Reenen geskep en vervaardig.

NetfloristOfferforge

Kyk die video hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Bellville” HIER stroom.

C’est La Vie is Die Heuwels Fantasties se negende studio album. Hul sewende album Herverbeel het in 2021 `n SAMA gewen vir die kategorie ‘Beste Kontemporêre Musiek Album.’ Hul mees onlangse album Volume is hierdie jaar in dieselfde kategorie genomineer.

Die Heuwels Fantasties in 2022

Kunstenaars wat met Die Heuwels Fantasties op C`est La Vie samewerkings gedoen het is: CHXRL, Francois van Coke, Jack and June, Coenie de Villiers, Ettienne en Taleswapper. C`est La Vie word op 2 September uitgereik.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Volume” Album uitgereik deur Die Heuwels Fantasties

    Die Heuwels Fantasties - Volume
    Music News 22 Oct 2021
  • Corné, Die Heuwels Fantasties & Ampie sing oor “Biertjies”

    Corne Pretorius - Biertjies
    Music News 8 Feb 2021
  • Hunter Kennedy: ‘n Vinnige Onderhoud oor “Herverbeel”

    Hunter Kennedy - Herbeveel
    Artist/Band Interviews 11 Dec 2020
  • Die Heuwels Fantasties Reik “Hardloop Weg!” Uit

    Die Heuwels Fantasties - Hardloop Weg - Enkelsnit
    Music News 4 Dec 2020

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Heuwels Fantasties South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,317
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.