Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » “Volume” Album uitgereik deur Die Heuwels Fantasties

“Volume” Album uitgereik deur Die Heuwels Fantasties

Blitsoorsig: Die Heuwels Fantasties het hul agste ateljee album "Volume" uitgereik, wat negentigs invloede in die huidige era inspan. Die album spog met 'n eklektiese mengsel van akoestiese treffers, pop-punk, synth-ballades en electro-folk. Die eerste enkel "EGGO" is 'n karige ballade met Pierre en Spoegwolf se Danie wat hul kwesbaarhede deel. Die album word op 31 Oktober 2021 by Fort Schanskop voorgestel.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 22, 2021No Comments2 Mins Read Music News 104 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Op Die Heuwels Fantasties se agste ateljee album, “Volume”, sien ons hoe hierdie konstante innoverende groep, hulle negentigs invloede in die huidige digitale- stroom- era inspan.”Volume”, wat op wat vandag uitgereik is, spog met ‘n eklektiese mengsel van akoestiese treffers, pop-punk, synth-ballades en so bietjie electro-folk vir `n uitsonderlike audio umami.

Hunter Kennedy vertel dat hy uit sy nate is oor die uitreiking van die nuwe album (“Volume”)

“Dit is ons derde een sedert die pestilensie en ek dink dit het in ons guns getel om geolie te bly. Pierre het ’n great job gedoen met die skryf van ‘EGGO’ en die samewerking met Spoegwolf het dit natuurlik tot ’n volgende vlak geneem. Ek hou ook baie van ‘Werk Vir ’n Lewe’ se energie.”

Die Heuwels Fantasties - Volume

“Ons het dit ontgun daar waar Blink-182 die wortels begrawe het. Ek sou sê die album as geheel is ’n kombinasie tussen die volwassenheid van ‘Herverbeel’ en die dringendheid van ‘2021′. ‘Volume II’ is ook al amper klaar en dit maak my nog meer opgewonde. Ons het baie nuwe musiek om te deel!”

Fred Den Hartog lewer kommentaar oor die album

“Met ‘Volume’ het ons die saksofoon, kitaar, klavier, perkussie en stemme op ‘n ander manier benader. Ons het alles stuk- stuk opgeneem om uiteindelik by ‘n plek te kom wat vars, uniek en steeds ‘Heuwels’ is, as dit sin maak. Ek hoop almal hoor en voel ons deur hierdie paar songs te luister.”

NetfloristOfferforge

Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album ‘EGGO’ is ‘n karige ballade vir onseker tye. Die subtiele klavier en tjello skep asemhalingsruimte vir Pierre (Die Heuwels Fantasties) en Danie (Spoegwolf) om hul aparte kwesbaarhede te emotiveer. Die lied se crescendo is ‘n katarsiese samekoms van twee generasies van alternatiewe Afrikaner. “EGGO” is alreeds vanaf 15 Oktober op alle digitale platforms beskikbaar.

Kyk die musiekvideo vir “EGGO” hier onder

YouTube video player

Jy kan “Volume” HIER aflaai / stroom.

Die Heuwels Fantasties stel die ‘Volume’ album met hulp van hul vriende Early B, Coenie De Villiers en Refentse bekend op die 31ste Oktober 2021 by Fort Schanskop (naby die Voortrekker Monument in Pretoria). In samewerking met Jack Daniels en Marras.

NetfloristOfferforge

Pierre Greeff sê: “Kan nie wag om saam met ons tjommies weer iets in Pretoria te doen op ‘n skaal wat ons nie kon in 500 dae nie.  Volume by die Fort om ‘Volume’ die wêreld in te stuur! “

Kry kaartjies vir hierdie vertoning HIER.

Wees op die kyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Bellville” (Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit) is hier

    Die Heuwels Fantasties - Bellville
    Music Videos 16 Aug 2022
  • Corné, Die Heuwels Fantasties & Ampie sing oor “Biertjies”

    Corne Pretorius - Biertjies
    Music News 8 Feb 2021
  • Hunter Kennedy: ‘n Vinnige Onderhoud oor “Herverbeel”

    Hunter Kennedy - Herbeveel
    Artist/Band Interviews 11 Dec 2020
  • Die Heuwels Fantasties Reik “Hardloop Weg!” Uit

    Die Heuwels Fantasties - Hardloop Weg - Enkelsnit
    Music News 4 Dec 2020

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Heuwels Fantasties South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.