Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit

Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit

Blitsoorsig: Die Heuwels Fantasties het 'n video vir "Plekkie in die Son" met Early B gemaak, geskiet deur Damiane van Reenen. Die groep speel op 18 April by Nooitgedacht wynplaas in Stellenbosch, waar hulle ook hul eerste wyn-kolaborasie bekend stel. Slegs 500 kaartjies beskikbaar vir hierdie eerste live show in die Kaap sedert lockdown, met VIP-pakkette wat wyn en kos insluit.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 11, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 113 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die “Plekkie in die Son” musiekvideo hier! Die Heuwels Fantasties het die afgelope jaar gewys hoekom hulle steeds een van Suid Afrika se mees vooruitstrewende musiekgroepe is. Ten spyte van die uitdagings, het DHF in 2020 drie nuwe albums uitgereik. “2021” wat in Mei die lig gesien het, het drie treffers gelewer wat altesaam reeds om en by `n honderd miljoen luisteraars op radio bereik het. Liedjies van al drie albums, wat dan ook “Live in Lockdown” en “Herverbeel” insluit, is ook van die gewildste musiek wat daagliks op digitale platforms gestroom word.

Terug by 2021, het Die Heuwels besluit om nou ook `n video vir die liedjie “Plekkie in die Son”, wat hulle saam met Early B opgeneem, het te maak. Die talentvolle Damiane van Reenen het die video geskiet en geredigeer.

Pierre Greeff - Plekkie in die Son Video

Hunter Kennedy  vertel ons oor “Plekkie in die Son”

“Die liedjie het ‘n spesiale hoekie in my hart. Ek is bly ons maak ‘n video vir hom. Dit was ‘n ‘serious group effort’ song en ek vind aanklank by die emosie wat dit wek. ‘Melankoliese danspartytjie’ is hoe ek die liedjie sou beskryf en Damian het homself uitstekend van die taak gekwyt om dit te kon vasvang.”

Kyk die video vir “Plekkie in die Son” hier onder

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Dan, as jy na Die Heuwels se live shows verlang het, is daar goeie nuus! Hulle speel op Sondag 18 April by Nooitgedacht wynplaas in Stellenbosch. Early B en Corné Pretorius gaan ook optree. Dit is n piekniek-konsert en DHF stel ook hul eie wyn bekend!

Slegs 500 kaartjies beskikbaar vir die vertoning. Moenie uitmis nie! Dit is DHF se eerste LIVE show in die Kaap sedert lockdown.

Kaartjies is R300 (Kinders onder 12 Halfprys @ R150 en Kinders onder 3 GRATIS)

1. Beperkte kaartjies sluit DHF se eerste wyn-colab met meesterwynmakers Gavin Bruwer en Bruwer Raats van B Vintners-faam in, asook fynproe-boer Danie Carinus (Carinus Family Vineyards) met sy pragtige spogwyndruiwe. Dis ’n klein beperkte oplaag CHENIN BLANC wat geproduseer is en dis 1ste en eksklusief by dié aangeleentheid te vinde.

NetfloristOfferforge

2. Watch this space. Hierdie is net die begin ons noem dit DIE HEUWELS FANTASTIES FAMILIE WYNE.

3. SLEGS 390 bottels is gebottel vir die oesjaar! Moenie uitmis nie.

4. Jy kan ook ‘n piekniek boks / burger en chips vooraf bestel en daar sal kos stalletjies wees.

5. SLEGS 20 VIP KAARTJIES BESKIKBAAR vir elke show en sluit ‘n kis (6 bottels) van die wyn asook kos in.

NetfloristOfferforge

Voorprogram deur Corné Pretorius. Pretorius is bekend vir sy liedjies Halfvol, Vuur en Vlam, Vergewe My en Biertjies wat hy onlangs saam met Die Heuwels en Ampie uitgereik het.

Kry jou kaartjies HIER.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdatering in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Van Pletzen & Spoegwolf Reik “Ek Kyk Na Jou” Uit

    Van Pletzen
    Music News 3 Apr 2025
  • Majozi Releases New Single: “Reason” (Featuring Early B)

    Majozi and Early B
    Music News 29 Oct 2024
  • Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

    Janie Bay - My Lief
    Music Videos 28 May 2021
  • “Toe die wêreld stil gaan staan” gee my hoendervleis

    Karen Zoid
    Music News 9 Apr 2020

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Early B South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.