Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Corné Pretorius: ‘n Onderhoud Oor So Paar Goedjies

Corné Pretorius: ‘n Onderhoud Oor So Paar Goedjies

Blitsoorsig: Corné Pretorius is 'n opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaar wat onlangs sy tweede enkel "Vergewe My" uitgereik het. In hierdie onderhoud praat hy oor sy debut single "Vuur en Vlam" tydens lockdown, sy samewerking met Francois van Coke en Hunter Kennedy, en sy toekomsvisie vir die SA musiekindustrie. Sy boodskap aan aankomende kunstenaars is eenvoudig: wees wie jy is.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 12, 2020No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 151 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Corné Pretorius is reeds van kindsbeen af lief daarvoor om mense te vermaak en hy is een van die kunstenaars om dop te hou. Hy het onlangs sy nuwe enkelsnit, “Vergewe My” uitgereik.

Hy het ook in April 2020 sy eerste enkelsnit, “Vuur en Vlam” uitgereik. Corné Pretorius het grootgeword in Kaapstad en die Paarl.

Ek het onlangs met Corné Pretorius gesels oor so paar dingetjies

Ons gesels oor die lockdown, die Suid-Afrikaanse musiek bedryf ens. Hier is wat hy te sê gehad het.

Wat is die ups en downs daarvan om ‘n debuut single tydens 2020 in lockdown uit te reik?

Die ups is om mense se aandag te kry terwyl hulle by die huis sit was baie makliker in lockdown. Ek moet eerlik wees, die lockdown het eintlik geen downs vir my song gehad nie. ek het tyd gehad om te fokus op die interviews, te reply op fans en om nog songs te skryf. Dit was ‘n fees!

NetfloristOfferforge

Corne Pretorius

Waar kom jou liefde vir musiek vandaan?

My ouers is mal oor musiek en hulle het my altyd aangemoedig om musiek te doen. Maar ek dink dit die ver road trips saam my familie met lekker harde tunes in die kar van ‘n jong ouderdom af wat ek altyd sal onthou as die plek waar ek songs geleer saam sing het en ultimitly ‘n liefde gekry het vir sing

Vertel die storie agter die ontstaan van “Vuur en Vlam”?

“Vuur en Vlam” het in Van Coke Studios ontstaan net toe die staat aangekondig het dat geen shows meer as 100 mense mee mag gebeur nie. dit was op daai stadium ‘n groot skok en het ons liedjie skryf meeting in ‘n rugting in gestoot wat ek dink amazing uitgedraai het! Francois van Coke het die lirieke geskryf en Richard Onraet die musiek.

Wat is vir Corné Pretorius die hoogtepunt sover na die uitreiking van “Vuur en Vlam”?

Shoe, dis ‘n moeilike een, als is sover vir my ‘n hoogte punt hahahaha! Maar ek moet se, die feit dat “Vuur en Vlam” gekies was om voor te kan stem op Groot FM en dat TexxAndTheCity die song gekies het as die song van die week op ‘n grootendeels Engelse blog, was vir my iets amazings!

Ons sien jy werk baie saam met Francois van Coke en Hunter Kennedy? Wat leer jy van hulle oor die musiekindustrie?

Ahh man, dis twee van die amazingste mense wat ek ken, ongeah wat hulle al bereik het. Hulle is net amazing mense in geheel. Hulle het my met ope arms ingetrek en my gehelp om ‘n paar amazing songs te skryf wat nog oppad is. Maar die belangrikste ding wat ek geleer het was, wees net 100% wie jy is, dis baie makliker!

NetfloristOfferforge

Wat dink Corné Pretorius oor die algemeen oor die stand en toekoms van SA musiek-industrie?

Ek dink hiedie tyd het baie kunstenaars kans gegee om te werk aan great nuwe songs. Kunstenaars het begin saamstaam en awesome collabs begin doen. Ek dink daars nog ‘n stukkie slegte tye wat voorle maar sodra ons deur covid kom, gaan die fans ge-entertain wees soos nog nooit tevore!

Ons hoor jou tweede single “Vergewe My” is pas uitgereik. Vertel ons meer hiervan

Vergewe my is ‘n baie spesiale song! Die song het ‘n lekker vibe en die lirieke was geskryf deur een van die beste songwriters in ons land, Hunter Kennedy. Richard Onraet het die tune geskryf, en oh my word, wat ‘n awesome tune. My vriende vertel my hulle kan net die die chorus uit hul kop kry nadat hul dit geluister het nie.

Wat sal Corné Pretorius vir ander sangers wat nou ‘n loopbaan wil begin sê om hulle aan te moedig?

Wees wie jy is, moet nie probeer wees soos ‘n ander kunstenaar nie! doen jou ding, en die res sal volg.

Ek wil die geleentheid gebruik om vir Corné Pretorius te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hom als van die beste toe vorentoe.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde artikels in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Ek Wil Glo”, Corné Pretorius se nuwe video is hier

    Corne Pretorius - Ek Wil Glo
    Music Videos 7 Sep 2022
  • Corné Pretorius reik nuwe enkelsnit uit: “Skree”

    Corne Pretorius
    Music Videos 23 Nov 2021
  • Corné Pretorius reik debuut-album uit: “Halfvol”

    Corne Pretorius
    Music News 24 Sep 2021
  • Corné Pretorius stel “Liefde is ‘n Werkwoord” vry

    Corne Pretorius - Liefde is 'n Werkwoord
    Music Videos 27 Aug 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Corne Pretorius South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.