Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Corné Pretorius reik debuut-album uit: “Halfvol”

Corné Pretorius reik debuut-album uit: “Halfvol”

Blitsoorsig: Corné Pretorius het sy droom om sanger te wees tydens die 2020-inperkings verwerklik en het nou sy debuut album "Halfvol" uitgereik. Die album is 'n samewerking met bekende musikante soos Hunter Kennedy, François van Coke en ander. Met sy unieke, sielvolle stem het Pretorius reeds groot radio-sukses behaal en wil hy mense aanmoedig om hul drome na te volg.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 24, 2021No Comments3 Mins Read Music News 90 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Corné Pretorius se debuut album “Halfvol” is pas uitgereik. Indien jy nie geweet het nie, hy is een van die mees opwindende nuwe stemme in Afrikaanse musiek.

Die streng inperkings-reëls in 2020 het vir Corné Pretorius, `n bedrywige besigheidsman, skielik die kans gegee om sy droom om `n sanger te wees, te begin uitleef. Binne `n jaar het hy reeds groot sukses behaal met sy debuut-liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My”, “Halfvol” en “Biertjies.” Die nuutste enkelsnit “Liefde is `n Werkwoord” is verlede maand uitgereik.

Corne Pretorius

Corné Pretorius sê dat hy mense wil aanmoedig om, ten spyte van die probleme wat die wêreld tans in die gesig staar, hul drome na te volg. “Enigeiets is moontlik!” sê hy. “Ek kan nie glo dat dinge binne `n jaar so lekker vir my musiek-loopbaan uitgerol het nie. My songs doen baie goed op radio en ek het liedjies opgeneem met Die Heuwels Fantasties, Hunter Kennedy, Loki Rothman en Margot Rothman en die verhoog gedeel met Francois van Coke, Early B en Jack Parow.  En nou het ek `n album om bekend te stel!”

Richard Onraet wat meeste van die musiek-verwerking op Pretorius se liedjies doen sê dat dit vir hom opvallend is, dat alhoewel verskeie kunstenaars aan liedjies vir sy album geskryf het, Pretorius se eie klank en gevoel tydens opnames sterk deurgekom het. “Dit wissel tussen pop, elektroniese en selfs country, maar op die album as geheel, word mens weggeblaas deur Corné se unieke, sielvolle stem.”

NetfloristOfferforge

Hunter Kennedy is een van die mees belangrike rolspelers in Corné Pretorius se musiek-loopbaan. Kennedy het ses van die tien liedjies op “Halfvol” geskryf. Kennedy vertel: “Ons het maar net geclick. Hy het groot geword in dieselfde woonbuurt as ek, so ek dink daar was ’n mikrokultuur as anker vir ons om oor die weg te kom.”

Die res van die liedjies is deur Francois van Coke (“Vuur en Vlam” en “Halfvol”), Loki Rothman (“Werk toe” en “Terug”) en Jani Greeff (“Sal dit jou gelukkig maak”) geskryf. Margot Rothman, wat saam met Corné Pretorius laasgenoemde sing, sê: “Toe ek dit die eerste keer hoor het ek onmiddellik geweet dat ek baie graag deel wil wees van die opname van hierdie besonderse lied. Ek dink Corné het ‘n wonderlike nuwe klank wat die industrie nou nodig het en dis so lekker om deel te kan wees van `n projek wat `n bietjie vars lug bring.”

“Die inperkingstyd en hoe almal skielik vasgevang voel in hul eie huise het my laat dink oor die emosionele mure en heinings wat ons almal in ons verhoudings met ander bou, en hoe ons almal grense het,” vertel Jani Greeff oor die skryf van “Sal dit jou gelukkig maak. Ek dink Corné Pretorius en Margot se dialoog is iets wat almal kan verstaan.”

Corne Pretorius - Halfvol

Meer inligting oor Corné Pretorius se album “Halfvol”

Die album in geheel is `n samewerking deur `n gedugte span musikante: die skryf en collabs en dan was daar ook vier gewilde musiek-vervaardigers wat aan liedjies op die album gewerk het: Fred den Hartog, Johnny de Ridder, Richard Onraet en Loki Rothman.

NetfloristOfferforge

Corné Pretorius sê dat dit ook nog vir hom die kersie op die ‘plate-koek’ was toe Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties ingestem het om die uitreiking van die album te bestuur. “Ek het `n wonderlike span agter my en ons sien uit dat mense die album hopelik net so geniet om te luister, as wat ons dit geniet het om dit te maak!”

Jy kan “Halfvol” (die album) op Spotify en alle major stroom platforms stroom / download.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Ek Wil Glo”, Corné Pretorius se nuwe video is hier

    Corne Pretorius - Ek Wil Glo
    Music Videos 7 Sep 2022
  • Corné Pretorius reik nuwe enkelsnit uit: “Skree”

    Corne Pretorius
    Music Videos 23 Nov 2021
  • Corné Pretorius stel “Liefde is ‘n Werkwoord” vry

    Corne Pretorius - Liefde is 'n Werkwoord
    Music Videos 27 Aug 2021
  • Corné, Die Heuwels Fantasties & Ampie sing oor “Biertjies”

    Corne Pretorius - Biertjies
    Music News 8 Feb 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Corne Pretorius
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.