Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Corné Pretorius stel “Liefde is ‘n Werkwoord” vry

Corné Pretorius stel “Liefde is ‘n Werkwoord” vry

Blitsoorsig: Corné Pretorius het sy debuut-album "Halfvol" aan die kom op 24 September 2021. Die opwindende Afrikaanse kunstenaar het in sy eerste jaar groot sukses behaal met liedjies soos "Vuur en Vlam" en "Halfvol," wat reeds 60 miljoen luisteraars trek. Sy nuwe enkelsnit "Liefde is 'n Werkwoord" is nou uit, opgeneem saam met Hunter Kennedy en Fred den Hartog.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 27, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 66 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Corné Pretorius se nuutste enkelsnit “Liefde is ‘n Werkwoord” is hier. Sy vollengte album word op 24 September 2021 bekendgestel. Voorafbestellings vir die album, getiteld, “Halfvol,” kan ook vanaf vandag geplaas word.

Meer inligting oor Corné Pretorius

Die opwindende nuwe Afrikaanse kunstenaar het die afgelope jaar groot sukses behaal met sy debuut-liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My”, “Halfvol” en “Biertjies.” Die liedjie “Halfvol” het, volgens RadioMonitor.com tans `n 60 miljoen luisteraars-telling en die videos van hierdie liedjies het gesamentlik reeds meer as 200 000 klieks op YouTube.

Corne Pretorius - Liefde is 'n Werkwoord

Pretorius sê dat hy soms nie kan glo hoe baie daar gebeur het vandat hy sy musiekloopbaan in die middel van die fase 5 grendeltyd in April 2020 afgeskop het nie.

Corné Pretorius verduidelik

“Ek moet myself soms knyp om te besef hoe opwindend hierdie eerste jaar in die musiekbedryf vir my was. Ek het liedjies opgeneem met Die Heuwels Fantasties, Hunter Kennedy , Loki Rothman en Margot Rothman en die verhoog gedeel met Francois van Coke, Early B en Jack Parow.  Ek werk met `n fantastiese span en is dankbaar aan die publiek dat hulle aanklank by my musiek vind.”

NetfloristOfferforge

Liefde is 'n Werkwoord

Meer inligting oor Corné Pretorius se “Liefde Is ‘n Werkwoord”

Pretorius het “Liefde is `n Werkwoord” in studio geskryf en opgeneem saam met Hunter Kennedy en Fred den Hartog. Hy vertel: “Ons kom gewoonlik saam en begin dan riffs uitwerk en dan kom die lirieke. Daar is vir my niks wat naby die gevoel van studio-tyd kom nie. Die wêreld staan stil en alles draai om die maak van songs.”

Die video vir “Liefde is `n Werkwoord” is deur Damiane van Reenen in die Kaap in ‘Katinka die Kat’ se woonstel verfilm. Die vervaardiger was Marguerite van Eeden, met die akteurs Jane de Wet en Andhar Cotton.

Kyk die video vir “Liefde is ‘n Werkwoord” hier onder:

YouTube video player

Hunter Kennedy het agt van die tien liedjies op “Halfvol” geskryf. Hy vertel ons meer

“Ek is voorgestel aan Corné by Van Coke Studios. Ek het in 2020 baie tyd op my hande gehad en dit was “goeie timing” toe Corné my vra om vir hom liedjies te skryf. Ek moet sê, ek het nie verwag om boonop vriende te raak met Corné en ook nog in sy band te speel nie! Maar dit is presies wat gebeur het. Ons het maar net  geclick.  Hy het groot geword in dieselfde woonbuurt as ek, so ek dink daar was ’n mikrokultuur as anker vir ons om oor die weg te kom.”

NetfloristOfferforge

Daar was vier musiek-vervaardigers wat aan liedjies op die album gewerk het: Fred den Hartog, Johnny de Ridder, Richard Onraet en Loki Rothman.

Kennedy vertel ons meer hieroor

“Ek dink ons het ’n album gemaak waarop Corné kan trots wees. Hierdie album is nie net ’n kwaliteit debuut nie, maar ek moet byvoeg vir my ’n bewys van die veelsydigheid van ons vriendekring waarvan Corné nou deel is. Almal wat aan die album gewerk het, het `n belangrike bydrae gelewer.”

“Aan die begin het ek gedink ons moet dit cool genoeg maak vir Pierre Greeff om as produksie-bestuurder aan boord te klim en hy het! Dis nie maklik om ’n musiek loopbaan te loods in ’n grendel- tydperk nie. Ek dink Corné is nogal lucky om so `n formidabele span agter hom te hê. Dit is nie sommer vir enige iemand bestem nie, maar hy het self ook hard gewerk om dit te kan laat gebeur. Die resultaat is een amazing album.”

Luister na Corné Pretorius se musiek op Spotify.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Hunter Kennedy Releases a New Single: “Waiting for Maria”

    Hunter Kennedy
    Music News 12 Sep 2025
  • Jaakie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Check Vir My”

    Jaakie
    Music Videos 10 Sep 2025
  • Francois Van Coke & Hunter Kennedy Reik “Hartseer Freaks” Video Uit

    Francois Van Coke & Hunter Kennedy - Hartseer Freaks
    Music Videos 1 Dec 2022
  • Michelle & Hunter Reik “Hierdie Is Nie Liefde Nie” Uit

    Michelle Mountjoy & Hunter Kennedy - Hierdie Is Nie Liefde Nie
    Music Videos 25 Nov 2022

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Corne Pretorius Hunter Kennedy South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.