Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Corné Pretorius reik nuwe enkelsnit uit: “Skree”

Corné Pretorius reik nuwe enkelsnit uit: “Skree”

Blitsoorsig: Corné Pretorius het in twee jaar vyf gewilde Afrikaanse snitte gelewer met sy hit "Halfvol" wat 60 miljoen luisteraars op radiostasies bereik het. Sy debuut-album bevat 10 liedjies met samewerkings van plaaslike kunstenaars soos Hunter Kennedy, Die Heuwels Fantasties en Ampie. Die nuwe single "Skree" volg op sy nommer 1 treffer "Liefde is `n Werkwoord" en handel oor laaste oomblikke in die lewe, getrig deur Covid-verlies.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 23, 2021No Comments2 Mins Read Music Videos 87 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Corné Pretorius het die afgelope twee jaar groot sukses behaal met die uitreiking van vyf gewilde Afrikaanse enkelsnitte. Sy groot treffer “Halfvol” het reeds `n gesamentlike luisteraars-telling van 60 miljoen op nasionale radiostasies.

Corné Pretorius se debuut-album, met dieselfde titel, bestaan uit 10 liedjies wat in samewerking met `n span gedugte plaaslike kunstenaars en musiek-vervaardigers opgeneem is. Hunter Kennedy, Die Heuwels Fantasties, Ampie, Loki Rothman en Margot Rothman sing ondere andere op van die treffers op die album. Daarbysaam het vier top-musiekregisseurs aan die album gewerk, insluitende Fred den Hartog, Johnny de Ridder, Richard Onraet en Loki Rothman.

Corne Pretorius

Die nuwe enkelsnit “Skree” volg op die hakke van die liedjie “Liefde is `n Werkwoord”, wat hierdie week nommer 1 op Bok Radio se Top 30 is, en ook tans op Jacaranda FM se SA Top 20 verskyn.

Corné Pretorius sê die besluit om Skree ook na radiostasies te stuur is geneem omdat die publiek daarvoor vra.  Hy vertel

“Ons het `n studio video van Skree saam met die album in September bekend gestel en my aanhangers lewer gereeld kommentaar op die liedjie. Mense vind tans aanklank daarby. Dit handel oor daardie laaste oomblikke in `n mens se lewe. Ons het almal mense aan Covid verloor. Die liedjie sny diep. In Engels sê hulle: “the rage to live.” Hierdie liedjie is baie na aan my hart en ek hoop dat dit vir meer mense ook iets sal kan beteken.”

NetfloristOfferforge

Corné Pretorius sê dat hy mense wil aanmoedig om, ten spyte van die probleme wat die wêreld tans in die gesig staar, hul passie na te volg

“Enige iets is moontlik!” sê hy. “Ek kan nie glo dat dinge binne `n jaar so lekker vir my musiek-loopbaan uitgerol het nie. Ek het liedjies opgeneem met Die Heuwels Fantasties, Hunter Kennedy, Loki Rothman en Margot Rothman en die verhoog gedeel met Francois van Coke, Early B en Jack Parow. En nou het ek `n album bekend gestel en het `n nommer een liedjie op een van die mees gewilde radiostasies in die land. In my wildste drome as `n jong seun het ek nooit gedink ek sal eendag ABBA verbysteek vir `n nommer 1 posisies op `n treffersparade nie!”

Kyk die video vir “Skree” hier onder:

YouTube video player

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Ek Wil Glo”, Corné Pretorius se nuwe video is hier

    Corne Pretorius - Ek Wil Glo
    Music Videos 7 Sep 2022
  • Corné Pretorius reik debuut-album uit: “Halfvol”

    Corne Pretorius
    Music News 24 Sep 2021
  • Corné Pretorius stel “Liefde is ‘n Werkwoord” vry

    Corne Pretorius - Liefde is 'n Werkwoord
    Music Videos 27 Aug 2021
  • Corné, Die Heuwels Fantasties & Ampie sing oor “Biertjies”

    Corne Pretorius - Biertjies
    Music News 8 Feb 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Corne Pretorius South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.