Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Corné, Die Heuwels Fantasties & Ampie sing oor “Biertjies”

Corné, Die Heuwels Fantasties & Ampie sing oor “Biertjies”

Blitsoorsig: Opwindende Afrikaanse kunstenaar Corné Pretorius het vier suksesvolle liedjies uitreik en werk nou saam met Die Heuwels Fantasties en Ampie op "Biertjies". Die liedjie, geskryf deur Hunter Kennedy, fokus op positiewe herinneringe en samesyn. Pretorius sê hy kan nie glo hoe veel gebeur het sedert hy sy loopbaan in 2020 begin het nie.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 8, 2021No Comments3 Mins Read Music News 91 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Aanhangers sal bly wees om te hoor dat Corné Pretorius se nuutste enkelsnit “Biertjies” pas uitgereik is en dat al vier treffers nou op ‘n EP uitreiking beskikbaar is!

Meer inligting oor Corné Pretorius

Die opwindende nuwe Afrikaanse kunstenaar Corné Pretorius het die afgelope paar maande vele aanhangers gewerf met sy debuut-liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My” en “Halfvol” –drie in die kol radiotreffers wat tans op radiostasies landwyd speel. Die videos van hierdie liedjies het gesamentlik reeds meer as 100,000 kyke op YouTube.

Corne Pretorius - Biertjies

Pretorius span kragte met Die Heuwels Fantasties en Ampie op “Biertjies”

Hy vertel dat dit vir hom gepas was om ‘sommer net `n lekker ligte liedjie’ nou te kon maak.

“Daar is tans baie stres in die wêreld; ons kan almal doen met `n bietjie pret en plesier.  Al drie my enkelsnitte wat verlede die lig gesien het, was tydens verskillende fases van die grendeltydperk opgeneem en uitgereik. Ek is dankbaar dat dit so goed doen! Dit is nou vir my `n groot eer en next level om Biertjies saam met Die Heuwels en Ampie te kon doen.”

NetfloristOfferforge

“Ons het `n rukkie terug almal bymekaar gekom by Sunset Recording Studios in Stellenbosch om te ontspan en om die liedjie op te neem. Ons het ons families saamgebring en so tussendeur die opname vd liedjie gebraai en gekuier. Die video van “Biertjies” bestaan uit video opnames van hierdie onvergeetlike dag.”

Hunter Kennedy het die lirieke van hierdie lekker nuwe treffer geskryf

Kennedy sê dat dit moeilik is om in ons hedendaagse omstandighede positief te bly.

“Ek dink wel, dit is van kardinale belang dat jy na jou siel probeer kyk. ‘n Goeie manier om dit te doen is om op positiewe ervarings en herinneringe te fokus.  Met die skryf van “Biertjies” het ek deur al die donker dinge probeer dink aan ‘n algemene deler wat ‘n ligpunt verteenwoordig. En die ding wat by my gestick het was biertjies om ‘n vuurtjie. Kamp, jag, vakansie, naweke. Woensdae… Samesyn en biertjies en vuurtjies is ietsie wat ek dink ons almal behoort te mag deel.”

Pretorius sê dat hy soms nie kan glo hoe baie daar gebeur het vandat hy sy musiekloopbaan in die middel van die fase 5 grendeltyd in April 2020 afgeskop het nie

“Ek het dele my eerste liedjie “Vuur en Vlam” op my selfoon opgeneem. Toe was dit alles nog net `n droom. Nou minder as `n jaar later het ek reeds 4 liedjies suksesvol uitgereik, `n show saam met Francois van Coke gedoen en daar is ook nog vele ander liedjies waaraan ek werk met ander bekende kunstenaars.”

NetfloristOfferforge

“Dis ongelooflik!  Ek werk met `n fantastiese span en is dankbaar aan die publiek dat hulle aanklank by my musiek vind. Ons gaan vanjaar sommer nog baie lekker musiek maak!”

Kyk die musiekvideo vir “Biertjies” hier onder

Jy kan die Biertjies EP HIER luister en aflaai.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ampie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Royal Kalahari”

    Ampie
    Music Videos 9 May 2026
  • Ampie Reik “Sy Is Die Een” Uit

    Ampie
    Music Videos 17 Feb 2026
  • Ampie reik nuwe enkelsnit uit: “Rooftog”

    Ampie - Rooftog
    Music News 24 Apr 2025
  • “Ek Wil Glo”, Corné Pretorius se nuwe video is hier

    Corne Pretorius - Ek Wil Glo
    Music Videos 7 Sep 2022

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ampie Corne Pretorius Die Heuwels Fantasties
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Matthew Mole - Love Me
    Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”
    October 6, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”
    October 5, 2026
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,325
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.