Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Hunter Kennedy: ‘n Vinnige Onderhoud oor “Herverbeel”

Hunter Kennedy: ‘n Vinnige Onderhoud oor “Herverbeel”

Blitsoorsig: Die Heuwels Fantasties het hul nuwe album Herverbeel uitgereik, vol nuwe verwerkings en akoestiese weergawes van hul treffers. In 'n onderhoud vertel lede Hunter Kennedy oor die kreatiewe proses, sy gunstelingwerk op die album, en watter internasionale en plaaslike kunstenaars volgens hom die beste lirieke skryf. Die album is nou op alle major streaming platforms beskikbaar.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 11, 2020No Comments3 Mins Read Artist/Band Interviews 90 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Heuwels Fantasties se nuwe album, Herverbeel is vandag uit. Hunter Kennedy (een van die lede van Die Heuwels Fantasties) is ‘n liedjieskrywer, kitaarspeler, bas-kitaar speler wat bekend geraak te danke aan die Afrikaanse punk rock groep Fokofpolisiekar. 

Met Herverbeel pak Die Heuwels Fantasties nuwe verwerkings en akoestiese weergawes van hul treffers, sowel as unieke samewerkings met verskeie kunstenaars aan. Die idee was om met `n ander perspektief te kyk na bestaande Heuwels songs.

Ek het ‘n rukkie gelede met Hunter Kennedy gesels oor Die Heuwels Fantasties se nuwe album en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het daaroor.

Hunter Kennedy - Herverbeel

Hoe lyk 2020 as Hunter Kennedy hom kon herverbeel?

Mmm… Al kon ek sou ek versigtig wees om met tyd te mors. Daar is ‘n moontlikheid dat hierdie vullisvuur van ‘n jaar ‘n positiewe impak kan hê in die lang termyn. Die jaar is nog nie verby nie. Gewoonlik wens ek, ek het meer in die see geswem.

NetfloristOfferforge

Watter song op julle nuwe album is vir jou die beste verwerking?

Jislaaik! Dis moeilik. Ek hou baie van Margot se “Mejuffrou Sonneblom”.

Voel jy soms dat `n song wat jy skryf nie klink soos wat jy gedink het dit sal nie?

Ja, altyd. Elke liewe keer.

Is daar enige song op Herverbeel wat vir jou dan beter of nader aan die skrywe voel?

Mmm… Nee. Hahahaha! Ek dink songs lewe as konsepte. Die genres is maar net jassies.

Wat moet dieselfde bly en wat mag verander as mens `n song so oordoen?

Ek dink watookal die essensie was, of dit die hook of die lyric is of watookal. Ek dink meestal het daar net arrangement goedjies verander.

NetfloristOfferforge

Hoe het julle die liedjies op Herverbeel gekies?

Ons het ‘n klomp liedjies se name in ‘n hoed gegooi en ‘n paar uitgetrek!

Die Heuwels Fantasties - Herverbeel

Watter internasionale kunstenaars skryf volgens Hunter Kennedy die beste lirieke?

Ek dink Paul Simon is ‘n meester. Deesdae hou ek ook baie van Penelope Scott en Propagandhi is seker my gunsteling.

Watter plaaslike kunstenaars skryf vir jou die lekkerste?

Ek hou baie van hoe Danie Reënwolf skryf. Ek is ‘n fan van Koos Kombuis se skrywe. Francois Van Coke, Laudo Liebenberg, TeeJay Terreblanch, Loki Rothman, Bongiziwe Mabandla skryf vir my mooi, al verstaan ek nie die taal nie hou ek van die vertaling. Dit hang af. Dolf Willemse. Fred en Vegas. Jack Parow. Middelvinger. TCIYF.

Ek wil vir Hunter Kennedy en Die Heuwels Fantasties bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle albei alles van die beste toe met hulle toekomstige musikale avonture. Jy kan Herverbeel stroom al die major streaming platforms.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Hunter Kennedy Releases a New Single: “Waiting for Maria”

    Hunter Kennedy
    Music News 12 Sep 2025
  • Jaakie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Check Vir My”

    Jaakie
    Music Videos 10 Sep 2025
  • Francois Van Coke & Hunter Kennedy Reik “Hartseer Freaks” Video Uit

    Francois Van Coke & Hunter Kennedy - Hartseer Freaks
    Music Videos 1 Dec 2022
  • Michelle & Hunter Reik “Hierdie Is Nie Liefde Nie” Uit

    Michelle Mountjoy & Hunter Kennedy - Hierdie Is Nie Liefde Nie
    Music Videos 25 Nov 2022

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Heuwels Fantasties Herverbeel Hunter Kennedy
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.