Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Michelle & Hunter Reik “Hierdie Is Nie Liefde Nie” Uit

Michelle & Hunter Reik “Hierdie Is Nie Liefde Nie” Uit

Blitsoorsig: Michelle Mountjoy en Hunter Kennedy het hul nuwe liedjie "Hierdie Is Nie Liefde Nie" uitgereik in samewerking met die TEARS-stigting. Die liedjie, geskryf uit Michelle se persoonlike ervaring van mishandeling in 'n verhouding, word uitgereik ter ondersteuning van die 16 dae van Aktivisme-veldtog teen geweld op vroue en kinders. Die twee musikante wil mense daaraan herinner dat ware liefde nie met geweld gepaard gaan nie en mense aanmoedig om tot aksie oor te gaan.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 25, 2022No Comments4 Mins Read Music Videos 138 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Hierdie Is Nie Liefde Nie” is sopas uitgereik. Oor die afgelope paar dae is publisiteitsfoto’s en die omslag van die sanger en liedjieskrywer, Michelle Mountjoy, en bekende musikant, Hunter Kennedy, se nuwe enkelsnit aan die media vrygestel en dis nie ’n mooi prentjie nie. Dié beeldmateriaal vir “Hierdie Is Nie Liefde Nie”, wat in samewerking met die TEARS-stigting saamgestel is, tref diep en dra die kragtige boodskap oor dat ware liefde nie gewelddadig is nie.

Die twee musikante het vandag hierdie liedjie uitgereik ter ondersteuning van die 16 dae van Aktivisme-veldtog teen geweld op vroue en kinders, ’n jaarlikse Verenigde Nasies-inisiatief wat van 25 November tot 10 Desember plaasvind. Dié veldtog fokus op die bewusmaking van die negatiewe impak wat geslagsgebaseerde geweld, nie net op vroue en kinders het nie, maar ook op die samelewing.

Michelle Mountjoy & Hunter Kennedy - Hierdie Is Nie Liefde Nie

Hierdie treffende lied, wat dié jong sanger en liedjieskrywer saam met Hunter en Fred den Hartog geskryf het, gaan oor wat liefde nié is nie.

“Ek kom uit ’n verhouding uit waarin ek mishandel is, maar gelukkig kon ek ontsnap. Dit is vir my belangrik om vir diegene wat hulle in dieselfde situasie bevind te sê dat niemand dit verdien om mishandel te word onder die dekmantel van liefde nie.” sê Michelle Mountjoy

NetfloristOfferforge

Hierdie Is Nie Liefde Nie Cover

Hunter Kennedy vertel ons hoekom “Hierdie Is Nie Liefde Nie” geskryf is

“Die liedjie is geskryf vir mense wat in dieselfde situasie is as waarin Michelle was. Ons wil mense daaraan herinner dat ware liefde nie met geweld gepaard gaan nie.”

Hulle glo dat “Hierdie Is Nie Liefde Nie” sal aanklank vind by luisteraars omdat dit staan vir wat reg is. “Die liedjie moedig kritiese denke aan en is eerlik en sonder verskonings. Dit vra nie simpatie nie, maar smeek mense om oor te gaan tot aksie,” verduidelik Hunter.

“Hierdie Is Nie Liefde Nie” is Michelle se vierde enkelsnit. Sy het naam gemaak nadat sy die realiteitsreeks, Wat Dit Vat Met Loki Rothman, in 2021 gewen het. Sy en Hunter het dan ook op die stel van Wat Dit Vat ontmoet.

“Nadat ek en Hunter saamgewerk en mekaar leer ken het, het ek geweet dat hy die perfekte pasmaat sou wees vir my liedjie. Nadat ek die idee aan hom voorgelê het en my storie met hom gedeel het, het hy dadelik ingestem. Dit was ’n groot voorreg om saam met hom en Fred te werk. Hunter se energie en dryfkrag is aansteeklik en dit was ’n plesier om hierdie projek saam met hom aan te pak.” sê Michelle.

NetfloristOfferforge

Kyk die video vir “Hierdie Is Nie Liefde” Video hier onder:

YouTube video player

Meer inligting oor die TEARS-stigting

Die TEARS-stigting, wat vanjaar sy tiende bestaansjaar vier, bied toegang tot krisisintervensie-, voorspraak-, berading- en voorkomingsopvoedingsdienste vir diegene wat geraak word deur gesinsgeweld, seksuele aanranding en seksuele mishandeling van kinders. Dit is in Johannesburg geleë en verskaf ’n nasionale diens wat 24/7, 365 dae per jaar funksioneer, en wat gratis is vir alle mense in Suid-Afrika.

“Michelle was gelukkig genoeg om uit ’n gewelddadige verhouding te ontsnap en is al vir die afgelope jaar ’n trotste ambassadeur van die TEARS-stigting. Ons begin nou met die 16 dae van Aktivisme-veldtog, waartydens ons mense aanmoedig om skenkings te maak, saam te gesels en bewusmaking te skep oor ons organisasie en dienste. Michelle se liedjie is ’n groot deel hiervan en sy werk nou saam met ons om vir hierdie saak ’n stem te gee,” sê die TEARS-stigting se Tula Yapce.

Vir Hunter is dit ook ’n voorreg om saam met TEARS te werk

“Hulle pak ’n reuse taak aan en ek is baie beïndruk deur die wonderlike werk wat hulle doen. Ek dink dis ’n goeie idee om deel te wees van die 16 dae van Aktivisme. Daar is baie dinge wat moet verander en dit kan soms oorweldigend wees, maar al verander ons net een persoon se lewe, is dit ’n stap in die regte rigting.” 

NetfloristOfferforge

Indien jy of iemand wat jy ken verkrag is of mishandle word, skakel, *134*7355# (Gratis) of kontak die TEARS-Stigting op 010 590 5920 (24/7).

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Hunter Kennedy Releases a New Single: “Waiting for Maria”

    Hunter Kennedy
    Music News 12 Sep 2025
  • Jaakie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Check Vir My”

    Jaakie
    Music Videos 10 Sep 2025
  • Francois Van Coke & Hunter Kennedy Reik “Hartseer Freaks” Video Uit

    Francois Van Coke & Hunter Kennedy - Hartseer Freaks
    Music Videos 1 Dec 2022

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Hunter Kennedy
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.