Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Worsie van Wyk Reik Puik Enkelsnit Uit: “Kraal Van Sweet”
    • Gia Mckay releases new single: “Cut Up”
    • Louise Carver Releases ‘Nothing Feels Good Without You’
    • Will Linley drops debut EP: “Kill All My Feelings”
    • Kat Releases ‘Halloween’ (Produced By Mark Haze)
    • RIP Mthandeni Mvelase (The Music Industry Icon)
    • Brace yourselves for The Narrow’s 20th Anniversary Tour
    • SAMA28 To Return to Sun City
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Wat Dit Vat: Hier is die liedjies en videos

    Wat Dit Vat: Hier is die liedjies en videos

    Henno KrugerBy Henno KrugerJan 6, 2022 Music 4 Mins Read
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Wat Dit Vat was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan drie alledaagse mense kies om van hulle popsterre te maak, het heelparty gewonder of dit moontlik is.

    Nou, dertien weke later, het die deelnemers nie net ’n popliedjie agter hulle naam nie, hulle het elkeen ’n volwaardige musiekvideo, wat individueel alreeds meer as 10 000 klieks op Youtube het, om mee te spog. En die beste van alles? Dié liedjies is nou beskikbaar om af te laai en te stroom op Spotify, Apple music, Deezer en die videos is beskikbaar op kykNET se Youtube-kanaal.

    Wat Dit Vat - Kyknet

    Hier is die Wat Dit Vat liedjies en videos

    Edó Mostert, ’n professionele troufotograaf wat deur sy hele skoolloopbaan sanglesse geneem het, was Suid-Afrika se eerste manlike model met ’n voller figuur by ’n vooraanstaande modelagentskap in Kaapstad. Menseverhoudinge oor alle grense heen is een van sy groot passies in die lewe.

    “Sjoe, dit is so moeilik om te beskryf hoe baie hierdie program, sy mense en my nuwe fans vir my beteken,” sê Edó. “Elke aspek van die program het my net meer en meer respek vir die musiekindustrie en die span agter die bekende gesig gegee. Die liedjie en musiekvideo is iets wat ek nog nooit in Suid-Afrika ervaar het nie en ek hoop dit is ’n baanbreker in elke opsig en dat dit die Afrikaanse LGBTQI+-gemeenskap wys dat daar lig aan die einde van die tonnel is. Kom ons wees elkeen ’n “queen B bitch” van ons eie realiteit en “werkit, boetie, werkit” vir die hele nuwe jaar!”

    Kyk Edo se volledige musiekvideo hier onder. Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar het gehelp met lirieke op hierdie opwindende liedjie.

    Michelle Mountjoy, wat in Amerika gebore is, maar in Plettenbergbaai grootgeword het, se passie was nog altyd musiek.

    “Wat dit vat was ongelooflik,” sê sy. “Dit het my heeltemal uit my doppie geruk en ’n soort selfvertroue gegee wat nooit weer by my weggeneem gaan word nie. Ek is oor 11 weke gevorm in nog meer van myself as tevore. Ek het baie gehuil, maar meer gelag. Dit het my gehelp om te genees en te weet: Al is dit soms moeilik, gaan ek altyd deur die lewe sing.

    “My musiekvideo wys baie mooi hoe my lewe was voor Wat Dit Vat en hoe dit nou is. Dat dit met die wêreld gedeel word, gee my hoendervleis. Ek bid dat dit vir baie mense hoop sal gee. Ek voel geëerd om die kans te kon kry om hierdie pad saam met ongelooflike mense te stap. Hierdie is net die begin!”

    Michelle se “Sing Jou Lied” musiekvideo spog ook met ‘n paar bekendes soos Minki van der Westhuizen en vriendinne. Kyk dit hier onder

    Joseph Mitchell, die oudste van die deelnemers en ’n afgetrede staatsamptenaar, doen graag drama vir ’n ekstra inkomste en tel sing en tuinmaak onder sy stokperdjies.

    “Gooi jou net uit aan die anderkant. Dit kom uit die Bybel toe die dissipels saam met die Here see toe is en niks gevang het nie en hy vir hulle gesê het hulle moet die net aan die anderkant van die boot gooi,” sê hy oor sy pad tot hier. “Drama was altyd my groot liefde en ek sou nooit kon droom dat ek op 61 ’n musiekvideo sou maak nie. My drome het begin vaag raak, ek het gedink die deurbraak gaan nooit gebeur nie en toe kom hierdie uitdaging op my pad. Dit was die wonderlikste ondervinding. Ek kon net myself wees en dit geniet. Elke dag was ’n plesier!”

    Nog ‘n bekende gesig is te sien in hierdie humoristiese musiekvideo. Early B wat ook tydens die program as mentor opgetree het, verskyn as die laaitie in Uncle Joe se musiekvideo: “Like nie die Laaitie nie”.

    Voor-en agter die skerms was bekendes in die musiekbedryf betrokke om die drie deelnemers te help met hul onderskeie videos. Pierre Greeff en Hunter Kennedy ondermeer van Die Heuwels Fantasies het Loki ondersteun in verskillende dele van die proses van die bestuur vanhul moontlike loopbane, van stroomdienste tot lirieke.

    Die liedjies is op Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar om te luister en af te laai. Die videos is op YouTube beskikbaar. Loki Rothman maak op 30 Januarie 2022 op die Kwela bank bekend watter een van die deelnemers die meeste ondersteuning met hul liedjie en video ontvang het.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Kyknet Loki Rothman Music News South Africa Wat Dit Vat
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleHow To Be a Pro Gamer: 5 Tips To Help You Get There
    Next Article 5 Tips For Improving Your Writing Style (Infographic)
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    “Sambreel”, die Nuwe Bouwer Bosch Enkelsnit is Hier

    Jul 29, 20222 Mins Read13 Views

    “Kakofonie” (deur Straatligkinders & Majozi) is hier

    Apr 22, 20222 Mins Read41 Views

    Kontras se nuwe album is hier: “Vir Konteks”

    Sep 15, 20204 Mins Read

    “Asemrowers”: Die nuwe Bittereinder video is hier

    Nov 20, 20182 Mins Read29 Views

    Van Pletzen reik super kief “Zaberfluten musiekvideo uit

    Jun 19, 20182 Mins Read26 Views

    “Komma”, Fokofpolisiekar se Nuwe Amazing musiekvideo is hier

    Feb 28, 20183 Mins Read46 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    Park Acoustics: Bouwer Bosch (Straatligkinders) Onderhoud

    Jan 28, 201920 Views

    Foto Album: Van Coke Kartel @ Atterbury Teater

    Jul 24, 201726 Views

    An Interview With Pedro Barbosa

    Dec 20, 201916 Views

    Photo Album: Bastille Live in Johannesburg

    Jan 14, 201420 Views

    Review: Fourth Son South – “Another Mile” EP

    Apr 30, 202064 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    5 Ways to Leverage Social Media and Boost Lead Generation

    Apr 13, 20219 Views

    Love Advice from Doctor Frank (Video)

    Sep 30, 201418 Views

    18 Hilarious ‘What They Found In Maropeng’ Tweets

    Sep 10, 201516 Views

    Vaping: 6 Interesting Facts You Might Not Know

    Sep 22, 2021

    5 Skills To Help You Become A Master Slots Player

    May 14, 2021
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    21 Discount Mashups That Will Improve Your Mood

    Jan 29, 202119 Views

    Classic Games: Super Mario Bros

    Oct 16, 200928 Views

    My 2 Cents on Parklife Music Festival 2013

    Apr 2, 201340 Views
    Recent Posts

    What Are The Risks & Dangers of Air Conditioners?

    Aug 5, 202212 Views

    Worsie van Wyk Reik Puik Enkelsnit Uit: “Kraal Van Sweet”

    Aug 5, 2022152 Views

    Gift of the Givers celebrates their 30th Anniversary

    Aug 3, 20228 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.