Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Wat Dit Vat: Hier is die liedjies en videos

Wat Dit Vat: Hier is die liedjies en videos

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 6, 2022No Comments4 Mins Read Music News 22 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Wat Dit Vat was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan drie alledaagse mense kies om van hulle popsterre te maak, het heelparty gewonder of dit moontlik is.

Nou, dertien weke later, het die deelnemers nie net ’n popliedjie agter hulle naam nie, hulle het elkeen ’n volwaardige musiekvideo, wat individueel alreeds meer as 10 000 klieks op Youtube het, om mee te spog. En die beste van alles? Dié liedjies is nou beskikbaar om af te laai en te stroom op Spotify, Apple music, Deezer en die videos is beskikbaar op kykNET se Youtube-kanaal.

Wat Dit Vat - Kyknet

Hier is die Wat Dit Vat liedjies en videos

Edó Mostert, ’n professionele troufotograaf wat deur sy hele skoolloopbaan sanglesse geneem het, was Suid-Afrika se eerste manlike model met ’n voller figuur by ’n vooraanstaande modelagentskap in Kaapstad. Menseverhoudinge oor alle grense heen is een van sy groot passies in die lewe.

“Sjoe, dit is so moeilik om te beskryf hoe baie hierdie program, sy mense en my nuwe fans vir my beteken,” sê Edó. “Elke aspek van die program het my net meer en meer respek vir die musiekindustrie en die span agter die bekende gesig gegee. Die liedjie en musiekvideo is iets wat ek nog nooit in Suid-Afrika ervaar het nie en ek hoop dit is ’n baanbreker in elke opsig en dat dit die Afrikaanse LGBTQI+-gemeenskap wys dat daar lig aan die einde van die tonnel is. Kom ons wees elkeen ’n “queen B bitch” van ons eie realiteit en “werkit, boetie, werkit” vir die hele nuwe jaar!”

Kyk Edo se volledige musiekvideo hier onder. Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar het gehelp met lirieke op hierdie opwindende liedjie.

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Michelle Mountjoy, wat in Amerika gebore is, maar in Plettenbergbaai grootgeword het, se passie was nog altyd musiek.

“Wat dit vat was ongelooflik,” sê sy. “Dit het my heeltemal uit my doppie geruk en ’n soort selfvertroue gegee wat nooit weer by my weggeneem gaan word nie. Ek is oor 11 weke gevorm in nog meer van myself as tevore. Ek het baie gehuil, maar meer gelag. Dit het my gehelp om te genees en te weet: Al is dit soms moeilik, gaan ek altyd deur die lewe sing.

“My musiekvideo wys baie mooi hoe my lewe was voor Wat Dit Vat en hoe dit nou is. Dat dit met die wêreld gedeel word, gee my hoendervleis. Ek bid dat dit vir baie mense hoop sal gee. Ek voel geëerd om die kans te kon kry om hierdie pad saam met ongelooflike mense te stap. Hierdie is net die begin!”

Michelle se “Sing Jou Lied” musiekvideo spog ook met ‘n paar bekendes soos Minki van der Westhuizen en vriendinne. Kyk dit hier onder

YouTube video player

Joseph Mitchell, die oudste van die deelnemers en ’n afgetrede staatsamptenaar, doen graag drama vir ’n ekstra inkomste en tel sing en tuinmaak onder sy stokperdjies.

“Gooi jou net uit aan die anderkant. Dit kom uit die Bybel toe die dissipels saam met die Here see toe is en niks gevang het nie en hy vir hulle gesê het hulle moet die net aan die anderkant van die boot gooi,” sê hy oor sy pad tot hier. “Drama was altyd my groot liefde en ek sou nooit kon droom dat ek op 61 ’n musiekvideo sou maak nie. My drome het begin vaag raak, ek het gedink die deurbraak gaan nooit gebeur nie en toe kom hierdie uitdaging op my pad. Dit was die wonderlikste ondervinding. Ek kon net myself wees en dit geniet. Elke dag was ’n plesier!”

Nog ‘n bekende gesig is te sien in hierdie humoristiese musiekvideo. Early B wat ook tydens die program as mentor opgetree het, verskyn as die laaitie in Uncle Joe se musiekvideo: “Like nie die Laaitie nie”.

Voor-en agter die skerms van Wat Dit Vat was bekendes in die musiekbedryf betrokke om die drie deelnemers te help met hul onderskeie videos. Pierre Greeff en Hunter Kennedy ondermeer van Die Heuwels Fantasies het Loki ondersteun in verskillende dele van die proses van die bestuur vanhul moontlike loopbane, van stroomdienste tot lirieke.

Die Wat Dit Vat liedjies is op Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar om te luister en af te laai. Die videos is op YouTube beskikbaar. Loki Rothman maak op 30 Januarie 2022 op die Kwela bank bekend watter een van die deelnemers die meeste ondersteuning met hul liedjie en video ontvang het.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jagtrip
    Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’
  • Liedjie Skryf
    Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!
  • Angie Oeh - Wyfie
    Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo
  • Fanus Piennaar
    Fanus Pienaar Reik “Vat Haar Bietjie Plaas Toe” Uit

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Kyknet Loki Rothman South Africa Wat Dit Vat
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • Henry Ate
    Henry Ate “30 Years of Slap In The Face” Tour: Oct/Nov 2026
    June 26, 2026
  • TEEKS and Good Neighbours Featured
    Good Neighbours & TEEKS Live in Cape Town: 27 August 2026
    June 13, 2026
  • J. Cole South African Tour 2026
    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026
    February 23, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202624 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202624 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202624 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202623 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.