Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Loki & Die Heuwels Fantasties Reik “Nog Een” Video Uit

Loki & Die Heuwels Fantasties Reik “Nog Een” Video Uit

Blitsoorsig: Loki Rothman het in 2009 se SA's Got Talent opgemerk en is nou sanger, musikant en musiekregisseur. Na jare besig met TV- en filmmusiek, herleef hy sy debut Afrikaanse album met nuwe videos vir "Nog Een" met Die Heuwels Fantasties en "Dronkverdriet" met Francois van Coke. Hy het ook sy eie studio Rothman Records gestig en het signature gitare van Alvarez.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 20, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 80 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Loki Rothman het in 2009 se SA`s Got Talent harte gesteel met sy unieke kitaarspeel -vernuf en vandag is hy een van die mees gerespekteerde kunstenaars van sy tyd. Sanger, Musikant, Musiekregisseur, Komponis vir Televisie reekse en Films,

Loki se dagboek is vir die afgelope drie jaar so vol, dat hy nou eers kans kry om die Afrikaanse liedjies wat hy in Maart 2020, net voor die Covid grendeltydperk uitgereik het, weer die lig te laat sien.

Loki vertel dat sy enkelsnit “Nog Een”, wat hy saam met Die Heuwels Fantasties opgeneem het,  reeds sy oorsprong in 2018 gehad het

“Ek was toé besig met musiek vir die kykNET reeks Tydelik Terminaal. Die musiek hiervoor was baie meer elektronies. Terselfdetyd was ek in die middel van `n proses om my debuut Afrikaanse album te skryf en op te neem.”

“Dit was `n natuurlike proses. Ek het omtrent 4 jaar lank daaraan gewerk, daar was vir my geen haas nie. In 2019 het ek wel besluit dat die album op daardie stadium moes klaarkom. Ek het nog so drie liedjies nodig gehad vir `n tradisionele 10-snit album.”

NetfloristOfferforge

“Terwyl ek so aan nuwe liedjies begin werk het, kom ek af op `n 40 sekonde-stukkie van die eletroniese musiek wat ek vir Tydelik Terminaal gekomponeer het. Dit het vir my `n baie besonderse klank gehad en as inspirasie gedien vir die skryf van die vers en die koor vir “Nog Een.” Ek het net geweet dit is `n lied wat ek saam met Die Heuwels Fantasties moes opneem. Ek het hulle gekontak en almal het ingestem om dit saam te doen.”

Loki & Die Heuwels Fantasties - Nog Een

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties werk al vir jare saam met Loki aan verskeie musiek-projekte op verskillende vlakke. “Loki kan alles doen. Hy is the real deal. Hierdie liedjie wat ons saam doen is een van my favourites.” sê Greeff.

As musiekregisseur is dit vir Loki moontlik dat hy sy liedjies van die skryfproses regdeur tot die finale vermenging self te kan doen. Met “Nog Een” was Ewald van Rensburg ook betrokke by die produksie en die liedjie was aanvanklik in Maart 2020 uitgereik. Loki het net een vertoning van `n beplande toer om die album bekend te stel gedoen, toe die wêreld skielik daardie tyd stilstaan.

Loki vertel ons meer

“Ek het my besig gehou met TV en Film-musiekwerk vir die volgende paar jaar. In hierdie tyd het alles verander en my eie album en werk as kunstenaar het agtergebly. Onlangs het ek weer besef dat ek tog ook aandag aan my eie musiekloopbaan as sanger wil gee en nie net wegraak in musiekvervaardiging nie.”  

NetfloristOfferforge

Loki Rothman 2023

“Ek voel die beste twee liedjies op my 2020 debuutalbum het nie tot hulle volle reg gekom nadat die grendeltydperk alles stopgesit het nie. Ek het onlangs nuwe videos gemaak vir hierdie twee liedjies, “Nog Een” met DHF en “Dronkverdriet” met Francois van Coke en het besluit om die liedjies dan ook weer uit te reik.”

“Later vanjaar reik ek ook `n splinternuwe Afrikaanse liedjie met `n video uit, en hierdie drie videos, vorm dan `n storie wat mens kan volg as jy hulle die een na die ander kyk.”

Kyk die video vir “Nog Een” hier onder:

YouTube video player

Een van die mylpale vir Loki van die afgelope paar jaar is dat hy sy eie studio, Rothman Records, tuis geskep het

“Dit is `n privaatstudio, mens kan nie eintlik bespreek nie, maar dit is `n spasie waar ek en die kunstenaars, met wie ek saamwerk, asook en Flim en TV kliënte, musiek kan maak en opneem.”

NetfloristOfferforge

“Nog `n onlangse hoogtepunt vir my, is dat die bekende kitaar-handelsmerk Alvarez vir my twee signature Loki Rothman kitare gebou het nadat hulle my een van hul kitare sien speel het op `n Tik Tok video wat ek gedeel het. Die kitare word in `n klein dorpie in Japan vervaardig en kan deur Alvarez bestel word.“

Vir Loki is die tydsverloop `n baie interessante faktor

“Ek is op `n heel ander plek as mens as wat ek was toe “Nog Een” vir die eerste keer in 2020 uitgereik is. Toé het die sukses van my liedjies baie saakgemaak.”

“Ek was meer sensitief daaroor, dit was alles of niks. Nou is my loopbaan reeds op `n baie goeie plek. Ek voel rustiger en ironies genoeg dan nou ook meer gefokus. Ek sien uit na waarheen dit alles my gaan vat. Ek as kitaarspeler en dan ook sanger, en musiekvervaardiger en die platform van hoe dit alles kan saamwerk en inmekaarpas.”

Jy kan “Nog Een” hier stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Wat Dit Vat: Hier is die liedjies en videos

    Wat Dit Vat - Kyknet
    Music News 6 Jan 2022
  • Jack Parow & Loki Rothman Reik “Altyd op Vakansie” Uit

    Jack Parow & Loki Rothman
    Music News 16 Nov 2020
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Loki Rothman South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.