Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

Blitsoorsig: Janie Bay het haar nuwe engelsnit "My Lief" saam met Majozi en Early B geskryf en opgeneem. Die funky pop liedjie handel oor verhoudings en om agter jou geliefde te staan tydens moeilike tye. Die video, geregisseur deur Damiane van Reenen, is in Hermon in die Weskaap verfilm. "My Lief" verskyn op Bay se nuwe album Prisma wat op 18 Junie bekendgestel word.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 28, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 89 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Janie Bay se splinternuwe enkelsnit “My Lief” is op Vrydag 21 Mei deur Warner Music South Africa bekend gestel. Die video van hierdie nuwe trefferliedjie is pas uitgereik.

Hierdie funky pop liedjie wat Bay saam met die gewilde kunstenaars Majozi en Early B geskryf en opgeneem het, wys weereens hoekom Janie Bay as `n baanbreker van haar musiek-generasie bekend staan. “My Lief” verskyn saam met 6 nuwe liedjies op Bay se nuwe album Prisma wat op 18 Junie bekendgestel word.

Janie Bay - My Lief

Janie Bay het reeds `n jaar of twee gelede aan “My Lief” begin werk. Sy vertel:

“Die boodskap van die liedjie is net eerlik en eenvoudig. Verhoudings is nie altyd perfek nie. Die liedjie gaan daaroor om vir die lange duur agter jou geliefde te staan, al maak mens mekaar soms mal.”

Bay het tydens die skryfproses besef dat dit `n perfekte colab-liedjie sal kan wees. Sy vertel dat sy en die gewilde sanger Majozi al vir `n rukkie daaroor gesels om iets saam te doen.  Dit was toe `n spontane proses dat Majozi se lirieke in die lied in Engels geskryf en gesing is.

NetfloristOfferforge

Majozi sê dat hy opgewonde was om saam met Bay te werk

“Janie het `n wonderlik gawe om lieflike melodieë te kan “hoor” en dit dan in `n liedjie saam te vat.”

Bay het die super talentvolle Early B genader om ook mee te maak. Die treffer “Die Heelal” wat Bay en Early B in 2019 saam gedoen het, het groot sukses behaal en aanhangers vra gereeld wanneer hulle weer iets saam gaan doen.

Early B het dadelik ingestem. Hy sê:

“My Lief” is ‘n song wat nodig is in tye soos die. Ons almal wil hoor daar is iemand wat ons onvoorwaardelik liefhet. Die wêreld is nie meer dieselfde nie en die liedjie herinner ons dat alhoewel alles om ons verander, bly Liefde steeds staande.”

Die konsep en die regie van die video is behartig deur die talentvolle Damiane van Reenen. Die video is in Hermon in die Weskaap verfilm. Van Reenen sê die idee van `n ruimte met stoele in oop vlaktes was geiinspireer deur die gevoel van die liedjie met betrekking tot oop gesprekke met mekaar oor die liefde. Die storielyn handel daaroor dat die liefde kan bly staan as mens deur die moeilike tye onthou dat jy dit eintlik wil maak werk. Majozi se rug teen rug tonele met Janie Bay dui op die feit dat dit soms meer moeite vat om mekaar te verstaan.

NetfloristOfferforge

Majozi and Early B - My Lief

Damiane Van Reenen vertel verder

“Majozi wat skeef lê op die skerm dui op die perspektief van “seriously ek staan al op my kop van luister/praat/lief hê.” Early B se dele op al die stoele was vir my so half die einde van die verhaal, na al die gesprekke gekom en gegaan het en die storie amper klaar was, was die stoele besig om opgepak te word. Early B se woorde “nou`s ons steady” het alles bymekaar gebring.”

Janie Bay hou baie van die video. Sy sê:

“Damiane is tans een van ons mees opwindenste filmmakers. Ek het nog altyd gehou van eenvoudige, dog treffende videos en ek sien uit daarna om hierdie een met almal te deel!”

Kyk die video vir Janie Bay se “My Lief” hier onder:

YouTube video player

Jy kan “My Lief” HIER stroom / download.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Majozi Releases New Single: “Reason” (Featuring Early B)

    Majozi and Early B
    Music News 29 Oct 2024
  • Van Pletzen & Spoegwolf Reik “Ek Kyk Na Jou” Uit

    Van Pletzen
    Music News 3 Apr 2025
  • Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit

    Pierre Greeff - Plekkie in die Son Video
    Music Videos 11 Apr 2021
  • “Toe die wêreld stil gaan staan” gee my hoendervleis

    Karen Zoid
    Music News 9 Apr 2020

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Early B Janie Bay Majozi South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,294
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 516
USA 336
Cape Town 336
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.