Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit
    • Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates
    • Dan Mace discovers incredible musical duo
    • Phil Gregory Releases New EP: “22” – Not Out
    • Daniel Baron Releases Powerful Emotional Ballad: “Roses”
    • OneRepublic Announces 2022 South African Tour Dates
    • Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit
    • SAMA28 Nominees Announced
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

    Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

    Henno KrugerBy Henno KrugerMay 28, 2021 Music 3 Mins Read
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Janie Bay se splinternuwe enkelsnit “My Lief” is op Vrydag 21 Mei deur Warner Music South Africa bekend gestel. Die video van hierdie nuwe trefferliedjie is pas uitgereik.

    Hierdie funky pop liedjie wat Bay saam met die gewilde kunstenaars Majozi en Early B geskryf en opgeneem het, wys weereens hoekom Janie Bay as `n baanbreker van haar musiek-generasie bekend staan. “My Lief” verskyn saam met 6 nuwe liedjies op Bay se nuwe album Prisma wat op 18 Junie bekendgestel word.

    Janie Bay - My Lief

    Janie Bay het reeds `n jaar of twee gelede aan “My Lief” begin werk. Sy vertel:

    “Die boodskap van die liedjie is net eerlik en eenvoudig. Verhoudings is nie altyd perfek nie. Die liedjie gaan daaroor om vir die lange duur agter jou geliefde te staan, al maak mens mekaar soms mal.”

    Bay het tydens die skryfproses besef dat dit `n perfekte colab-liedjie sal kan wees. Sy vertel dat sy en die gewilde sanger Majozi al vir `n rukkie daaroor gesels om iets saam te doen.  Dit was toe `n spontane proses dat Majozi se lirieke in die lied in Engels geskryf en gesing is.

    Majozi sê dat hy opgewonde was om saam met Bay te werk

    “Janie het `n wonderlik gawe om lieflike melodieë te kan “hoor” en dit dan in `n liedjie saam te vat.”

    Bay het die super talentvolle Early B genader om ook mee te maak. Die treffer “Die Heelal” wat Bay en Early B in 2019 saam gedoen het, het groot sukses behaal en aanhangers vra gereeld wanneer hulle weer iets saam gaan doen.

    Early B het dadelik ingestem. Hy sê:

    “My Lief” is ‘n song wat nodig is in tye soos die. Ons almal wil hoor daar is iemand wat ons onvoorwaardelik liefhet. Die wêreld is nie meer dieselfde nie en die liedjie herinner ons dat alhoewel alles om ons verander, bly Liefde steeds staande.”

    Die konsep en die regie van die video is behartig deur die talentvolle Damiane van Reenen. Die video is in Hermon in die Weskaap verfilm. Van Reenen sê die idee van `n ruimte met stoele in oop vlaktes was geiinspireer deur die gevoel van die liedjie met betrekking tot oop gesprekke met mekaar oor die liefde. Die storielyn handel daaroor dat die liefde kan bly staan as mens deur die moeilike tye onthou dat jy dit eintlik wil maak werk. Majozi se rug teen rug tonele met Janie Bay dui op die feit dat dit soms meer moeite vat om mekaar te verstaan.

    Majozi and Early B - My Lief

    Damiane Van Reenen vertel verder

    “Majozi wat skeef lê op die skerm dui op die perspektief van “seriously ek staan al op my kop van luister/praat/lief hê.” Early B se dele op al die stoele was vir my so half die einde van die verhaal, na al die gesprekke gekom en gegaan het en die storie amper klaar was, was die stoele besig om opgepak te word. Early B se woorde “nou`s ons steady” het alles bymekaar gebring.”

    Bay hou baie van die video. Sy sê:

    “Damiane is tans een van ons mees opwindenste filmmakers. Ek het nog altyd gehou van eenvoudige, dog treffende videos en ek sien uit daarna om hierdie een met almal te deel!”

    Kyk die video vir “My Lief” hier onder:

    Jy kan “My Lief” HIER stroom / download.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Early B Janie Bay Majozi Music News Music Videos South Africa
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleHow has VR Changed the Fitness Industry?
    Next Article Fear Of Falling unveil striking debut EP: “Breaking Point”
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    “Kakofonie” (deur Straatligkinders & Majozi) is hier

    Apr 22, 20222 Mins Read41 Views

    Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

    Sep 29, 20213 Mins Read

    Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    Jun 21, 20213 Mins Read

    Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

    Nov 13, 20204 Mins Read7 Views

    Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

    Apr 24, 20203 Mins Read65 Views

    Janie Bay reik “Amper Daar” uit

    May 17, 20193 Mins Read24 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    My 2 Cents on Parklife 2015

    May 5, 201516 Views

    My 2 cents on Innibos 2016

    Jul 6, 201615 Views

    My 2 Cents on the new Arcade Empire Venue

    Jul 24, 201243 Views

    Album Review: Backcapwoods – “As a Matter of Matter”

    Sep 28, 2018

    Photo Album: Bittereinder @ Party At Launch

    Feb 11, 201318 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    Brazil: 10 Facts You Might Not Know

    Aug 24, 201018 Views

    5 Easy Fixes That Will Boost Your Local SEO Right Now

    Mar 18, 202055 Views

    10 Crazy Charles Manson Quotes

    Nov 20, 2017124 Views

    Cricket: 10 Interesting Facts That You Might Not Know

    Feb 19, 202053 Views

    What are the Best CBD Products for Sleep?

    Jan 14, 2022
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    Fokofpolisiekar at Vredefest 2010 in Hatfield Square (Video)

    Sep 6, 201048 Views

    4 Rock Music Video releases you may have missed in 2017

    Nov 27, 20177 Views

    Tops at Spar Ad: A funny reminder that South Africa is a serious country

    Jan 11, 201963 Views
    Recent Posts

    Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit

    Jul 1, 2022107 Views

    What’s Coming To Netflix in July 2022?

    Jun 30, 202245 Views

    What are the Best Trails in Australia?

    Jun 29, 202211 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.