Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Janie Bay: ‘n Onderhoud oor “Ek glo nog in Jou”

Janie Bay: ‘n Onderhoud oor “Ek glo nog in Jou”

Blitsoorsig: Janie Bay en Danie Reënwolf het onlangs die hit "Ek Glo Nog in Jou" uitgereik wat alreeds miljoene kyke behaal het. In hierdie onderhoud vertel sy hoe die lied ontstaan het, die gemaak van die video, en haar akoestiese album "In Die Sitkamer" wat tydens lockdown in 'n home studio opgeneem is. Janie deel ook haar motivasie en toekomstige planne vir die nuwe jaar.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 14, 2020No Comments5 Mins Read Artist/Band Interviews 121 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Janie Bay en Danie Reënwolf het onlangs ‘n nuwe enkelsnit uitgereik, “Ek Glo Nog in Jou”. Die video het alreeds meer as 250,000 kyke op YouTube gehad. Dis definitief een van die beste Afrikaanse liedjies van 2020.

Ek het onlang met Janie Bay gesels oor hierdie liedjie en so paar ander goedjies. Hier is wat sy te sê gehad het.

Baie geluk met “Ek glo nog in Jou”. Hoe het die lied ontstaan?

Baie dankie. Ek en Danie het by ‘n braai by hul huis een dag vinnig gechat oor om dalk iets saam te doen. Ons het toe so paar keer geskryf by Drum, hul restaurant in Stellenbosch en ek het die chorus in die kar een dag geskryf op pad Paarl toe. Ek dink die mooi scenery het my inspire.

Vertel ons van die maak van “Ek glo in jou” video?

Danie was in ‘n motor ongeluk net so week of so voor die recording en filming van die music video. Ek het nie gedink die music video gaan moontlik wees hierdie jaar nie, maar Danie was keen om te shoot.

NetfloristOfferforge

Ek het besluit ons doen ‘n eenvoudige split screen one-take video waar ons min of meer op dieselfde tye deur ‘n huis stap, asof die karakters “long” vir hul persoon om huistoe te kom.

Janie Bay & Danie Reenwolf - Ek Glo Nog In Jou

Hoekom het jy vir Danie Reënwolf gekies om die lied mee saam te doen?

Ek dink meeste mense sal saam stem dat Danie ‘n genius is, veral met lirieke. Hy maak altyd magic. Dit was ‘n droom om saam met hom te kon werk en ek is super dankbaar dat hy willing en keen was om n song saam met my te skryf en uit te bring.

Jy het ook in September n akoestiese album “In die Sitkamer” uitgereik. Vertel ons meer van die beplanning agter dit tydens lockdown?

Ons wou graag hierdie jaar ‘n vol-produksie, nuwe album uitbring en inperking het net mooi begin toe ons in studio toe wou gaan. Ons moes maar pivot en het toe besluit om ‘n acoustiese album sommer by die huis te record. Aangesien ons in die Kaap was was die ouens van Spoegwolf naby aan ons en hulle het ‘n epic home studio in hul sitkamer en hulle was toe nie genoeg om ons daar te laat record, hence die naam “In Die Sitkamer”.

Hierdie is beide wonderlike suksesse vir Janie Bay in `n moeilike jaar. Wat het jou gemotiveer om die beste van 2020 te maak?

Ek het net voor lockdown ook ‘n single record en music video gemaak vir “Jammer” wat toe in lockdown release het, dan ook “In Die Sitkamer” en “Ek Glo Nog In Jou”; Ek het regtig soms nie gemotiveerd gevoel nie en die jaar het maar sy disappointments en heartache gehad wat ek moes deur werk en verwerk. Maar om ‘n artist te wees beteken om pretty much altyd ‘n urge te hê om te create en dit trump vir my demotivation. Ek is dankbaar dat ek kon create in so moeilike jaar in moeilike circumstances. Dit was eerlikwaar nie altyd maklik nie.

NetfloristOfferforge

Wie was Janie Bay verlede jaar hierdie tyd? En wie is sy nou?

Ek dink my core is nog dieselfde, maar seker maar met ‘n bietjie meer wisdom. Die tiepe wisdom waar jy besef dat niemand weet regtig wat aan gaan in hierdie wêreld nie en dat dinge maar pretty bad is, MAAR, mens kan steeds kies om jou lewe gelukkig te maak en te hou.

Janie Bay

Wat wil Janie Bay graag volgende jaar doen? Is daar n spesifieke fokus vir jou?

Ek wil graag daai nuwe album uitbring met nuwe songs wat hopelik mense se breine gaan breuk :P. Ek het ook meer begin skryf vir ander sangers, so ek hoop om te kan aangaan met dit. En as dinge uitwerk soos ek graag wil hê sal ek my eie besigheid hê oor die volgende jaar, maar vir nou hou ons dit maar hush-hush.

Watter ander kunstenaars het jou in 2020 inspireer?

Post Malone, Tate McRae, altyd John Mayer, Billy Raffoul, Billie Eilish en James Bay.

Watter stories in die nuus het Janie Bay ge-inspireer?

Mense wie se klein besighede begin op tel het, mense wat opgestaan het vir GBV, mense wat successfully kos by mense uitgekry het wat nie gehad het nie en mense wie se musiek begin op tel het in lockdown.

NetfloristOfferforge

Wat maak Janie Bay opgewonde?

Wanneer ek ‘n song klaar gemaak het, selfs nog voor iemand gehoor het. As iemand na aan my iets ontvang wat julle baie gelukkig maak, as ek my goals reach en natuurlik, om op stage te wees.

As Janie Bay drie wense kon maak vir 2021, wat sal dit wees?

Dat ons land beter leadership kan kry, dat meer mense in ons land gehulpe kan raak met werk en kos, en vir myself, dat ek kan aanhou musiek maak, songs skryf en release en net okay kan leef, niks fancy nie.

Ek wil vir Janie Bay dankie sê vir hierdie onderhoud. Ek wens haar alles van die beste toe met haar toekomstige musikale projekte en haar loopbaan.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

    Danie Du Toit - Janie Bay - Ek Glo Nog In Jou
    Music News 13 Nov 2020
  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026
  • Janie Bay Releases Pop-Country song titled “Miracles”

    Janie Bay - Miracles
    Music Videos 2 Feb 2024
  • Janie Bay gesels met ons oor 2021, 2022 en ander goedjies

    Janie Bay
    Artist/Band Interviews 6 Dec 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Danie Du Toit Ek Glo Nog In Jou Janie Bay
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.