Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

Blitsoorsig: Janie Bay en Danie Reënwolf het hul kragte gebundel vir die nuwe enkelsnit "Ek glo nog in Jou". Die duet is 'n poëtiese liefdeslied wat oor werklike verbintenis en ondersteuning in 'n verhouding handel. Bay het die konsep en regie vir die video behartig, wat in Stellenbosch gefilm is. Beide kunstenaars noem dit 'n eer om saam te werk aan hierdie spesiale projektelike.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 13, 2020No Comments4 Mins Read Music News 76 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Janie Bay en Danie Reënwolf span hul unieke kragte saam in hierdie nuwe enkelsnit-uitreiking. “Ek glo nog in Jou” is die perfekte duet vir hierdie twee opwindende jong kunstenaars. Beide sangers het `n besonderse gawe om die luisteraar te kan boei met hul gevoelvolle lirieke en stemme. 

Janie Bay wou nog altyd graag saam met Danie Reënwolf werk en het die idee van die lied met hom bespreek. Sy vertel meer daaroor

“Ons het aan die begin van die jaar by `n braai gesels oor die moontlikheid om iets saam te doen, maar met ons besige skedules en lockdown was ons nie seker of dit hierdie jaar sou kon gebeur nie. Ek het dadelik geweet toe die idee van “Ek glo nog in Jou” begin vorm het, dat dit die regte een is om saam met Danie aan te pak.”

Danie Du Toit - Janie Bay - Ek Glo Nog In Jou

“Ek het weer met Danie begin gesels en ons het hier en daar daar tyd gemaak om die liedjie te begin skryf. Ek het een dag oppad Paarl toe die koor sommer so spontaan in die kar aanmekaar gesit.  Soos ek en Danie toe aanhou skryf het, het dit alles saamgekom as ‘n baie poëtiese, maar ook egte liefdeslied wat meestal daaroor gaan om regtig daar te wees vir iemand in ‘n verhouding en om te kan staat maak op mekaar, no matter what. Danie is tans “the it guy” in die Afrikaanse musiek- wêreld. Dit was vir my `n groot eer om hierdie liedjie saam met hom te kon skryf en opneem.”

Danie Reënwolf se gevoel is wedersyds

“Dis vir my net so `n voorreg om saam met Janie te kon werk. Dit was `n lekker song om te kon skryf. Janie het `n ongelooflike talent om van `n eenvoudige lied, iets baie besonders te maak. Dit was baie pret en ek dink ons het nogal iets spesiaal hiermee gedoen.”

NetfloristOfferforge

Die video van “Ek glo nog in Jou” is by `n vriendin se huis in Stellenbosch verfilm. Bay het die treffende konsep uitgedink en het ook die regie behartig

“Ek geniet dit, ek is mal oor die film wereld. Ek het aanvanklik nie gedink dat `n video betyds opgemeen sou kon word met ons tydlyn nie. Dit was voor die handliggend dat`n eenvoudige storielyn met `n gemaklike, rou emosionele konsep die beste sou kon werk. Vandaar kon ons vinnig reëlings tref en ek dink die video het wonderlik uitgedraai. Dit is presies wat ons wou hê met betrekking tot die gevoel van die liedjie.”

Meer inligting oor Danie du Toit (Alias Reënwolf)

Danie is ʼn Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer en deel van die groep, Spoegwolf. Du Toit is ook mede-eienaar van die restaurant, Drum, in Stellenbosch. Hy is mede-kurator en mede-stigter van die aanlyn platform, Die Rivier, waar Suid-Afrikaanse kunstenaars inspirasie kan put en samewerkings bewerkstellig.

Du Toit is ook die regisseur en vervaardiger van die aanlynprogram, Middernag met Marguerite. Behalwe vir musiek en skryfkuns, is hy ook ʼn entrepreneur wat help in die vervaardiging en verspreiding van die restaurant se unieke produkte, Drumfood Holdings Pty LTD.

Meer inligting oor Janie Bay

Haar musiek het sedert 2019 reeds meer as twee en `n half miljoen keer op digitale platforms gestroom. In Oktober 2016 het sy by Warner Music South Africa aangesluit. In September 2017 het Bay haar SAMA genomineerde album deur Warner, ‘Miscellany’ uitgereik. Die liedjie “Can’t Be the One” vanaf hierdie album, het ‘n Internasionale Goue Toekenning ontvang vir “Best Music in a Music Video” by die “Queen Palm International Film Festival” in Palm Springs, Kalifornië.

NetfloristOfferforge

Haar nuutste enkelsnit wat vroeër vanjaar uitgereik is, getiteld “Jammer” het onlangs no #1 gehaal op Jacaranda FM se SA Top 20. “In Die Sitkamer”, haar akoestiese album is op 4 September 2020 uitgereik. Bay se musiek het ook gespeel in ‘n paar Suid Afrikaanse films soos “Mooirivier”, “Vir Altyd”, en sy het haar eie weergawe van die treffer “You Are My Sunshine” opgeneem vir die plaaslike film “Stroomop.” Hierdie liedjie kan ook op “In die Sitkamer” gehoor word.

Kyk die video vir “Ek Glo Nog In Jou” hier onder

Jy kan “Ek Glo Nog In Jou” HIER stroom / download.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026
  • Janie Bay Releases Pop-Country song titled “Miracles”

    Janie Bay - Miracles
    Music Videos 2 Feb 2024
  • Stellenbosch: 15 Interesting Facts You Might Not Have Known

    Stellenbosch
    Geography Facts 12 Nov 2025
  • School of Rock Expands to Stellenbosch

    School Of Rock SA Stellenbosch
    Music News 6 Nov 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Danie Du Toit Janie Bay Pretoria South Africa Stellenbosch
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.