Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit
    • Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates
    • Dan Mace discovers incredible musical duo
    • Phil Gregory Releases New EP: “22” – Not Out
    • Daniel Baron Releases Powerful Emotional Ballad: “Roses”
    • OneRepublic Announces 2022 South African Tour Dates
    • Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit
    • SAMA28 Nominees Announced
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

    Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

    Henno KrugerBy Henno KrugerNov 13, 2020 Music 4 Mins Read7 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Janie Bay en Danie Reënwolf span hul unieke kragte saam in hierdie nuwe enkelsnit-uitreiking. “Ek glo nog in Jou” is die perfekte duet vir hierdie twee opwindende jong kunstenaars. Beide sangers het `n besonderse gawe om die luisteraar te kan boei met hul gevoelvolle lirieke en stemme. 

    Janie Bay wou nog altyd graag saam met Danie Reënwolf werk en het die idee van die lied met hom bespreek. Sy vertel meer daaroor

    “Ons het aan die begin van die jaar by `n braai gesels oor die moontlikheid om iets saam te doen, maar met ons besige skedules en lockdown was ons nie seker of dit hierdie jaar sou kon gebeur nie. Ek het dadelik geweet toe die idee van “Ek glo nog in Jou” begin vorm het, dat dit die regte een is om saam met Danie aan te pak.”

    Danie Du Toit - Janie Bay - Ek Glo Nog In Jou

    “Ek het weer met Danie begin gesels en ons het hier en daar daar tyd gemaak om die liedjie te begin skryf. Ek het een dag oppad Paarl toe die koor sommer so spontaan in die kar aanmekaar gesit.  Soos ek en Danie toe aanhou skryf het, het dit alles saamgekom as ‘n baie poëtiese, maar ook egte liefdeslied wat meestal daaroor gaan om regtig daar te wees vir iemand in ‘n verhouding en om te kan staat maak op mekaar, no matter what. Danie is tans “the it guy” in die Afrikaanse musiek- wêreld. Dit was vir my `n groot eer om hierdie liedjie saam met hom te kon skryf en opneem.”

    Danie Reënwolf se gevoel is wedersyds

    “Dis vir my net so `n voorreg om saam met Janie te kon werk. Dit was `n lekker song om te kon skryf. Janie het `n ongelooflike talent om van `n eenvoudige lied, iets baie besonders te maak. Dit was baie pret en ek dink ons het nogal iets spesiaal hiermee gedoen.”

    Die video van “Ek glo nog in Jou” is by `n vriendin se huis in Stellenbosch verfilm. Bay het die treffende konsep uitgedink en het ook die regie behartig

    “Ek geniet dit, ek is mal oor die film wereld. Ek het aanvanklik nie gedink dat `n video betyds opgemeen sou kon word met ons tydlyn nie. Dit was voor die handliggend dat`n eenvoudige storielyn met `n gemaklike, rou emosionele konsep die beste sou kon werk. Vandaar kon ons vinnig reëlings tref en ek dink die video het wonderlik uitgedraai. Dit is presies wat ons wou hê met betrekking tot die gevoel van die liedjie.”

    Meer inligting oor Danie du Toit (Alias Reënwolf)

    Danie is ʼn Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer en deel van die groep, Spoegwolf. Du Toit is ook mede-eienaar van die restaurant, Drum, in Stellenbosch. Hy is mede-kurator en mede-stigter van die aanlyn platform, Die Rivier, waar Suid-Afrikaanse kunstenaars inspirasie kan put en samewerkings bewerkstellig.

    Du Toit is ook die regisseur en vervaardiger van die aanlynprogram, Middernag met Marguerite. Behalwe vir musiek en skryfkuns, is hy ook ʼn entrepreneur wat help in die vervaardiging en verspreiding van die restaurant se unieke produkte, Drumfood Holdings Pty LTD.

    Meer inligting oor Janie Bay

    Haar musiek het sedert 2019 reeds meer as twee en `n half miljoen keer op digitale platforms gestroom. In Oktober 2016 het sy by Warner Music South Africa aangesluit. In September 2017 het Bay haar SAMA genomineerde album deur Warner, ‘Miscellany’ uitgereik. Die liedjie “Can’t Be the One” vanaf hierdie album, het ‘n Internasionale Goue Toekenning ontvang vir “Best Music in a Music Video” by die “Queen Palm International Film Festival” in Palm Springs, Kalifornië.

    Haar nuutste enkelsnit wat vroeër vanjaar uitgereik is, getiteld “Jammer” het onlangs no #1 gehaal op Jacaranda FM se SA Top 20. “In Die Sitkamer”, haar akoestiese album is op 4 September 2020 uitgereik. Bay se musiek het ook gespeel in ‘n paar Suid Afrikaanse films soos “Mooirivier”, “Vir Altyd”, en sy het haar eie weergawe van die treffer “You Are My Sunshine” opgeneem vir die plaaslike film “Stroomop.” Hierdie liedjie kan ook op “In die Sitkamer” gehoor word.

    Kyk die video vir “Ek Glo Nog In Jou” hier onder

    Jy kan “Ek Glo Nog In Jou” HIER stroom / download.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Danie Du Toit Janie Bay Music News Pretoria South Africa Stellenbosch
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous Article5 Useful Tips for Those Who Intend to Study Music in College
    Next Article Ziggy Alberts Announces Studio Album With “Heartbeat”
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    Jun 21, 20213 Mins Read

    Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

    May 28, 20213 Mins Read

    ‘n Onderhoud met Janie Bay oor “Ek glo nog in Jou”

    Dec 14, 20205 Mins Read11 Views

    Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”

    Sep 4, 20203 Mins Read

    Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

    Apr 24, 20203 Mins Read65 Views

    Janie Bay reik “Amper Daar” uit

    May 17, 20193 Mins Read24 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    A quick chat with Grassy Spark

    Nov 20, 2017

    Park Acoustics: Aidan Martin Interview

    Oct 24, 20196 Views

    4 reasons why I love Pride of India

    Jun 11, 201819 Views

    Mix Fest 2019: An Interview Alastair from Shortstraw

    Sep 20, 201912 Views

    An Interview with someone from Keghouse Micro Brewery

    Jun 6, 201815 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    Histograms in Mathematics: The Best Way to Enhance Clarity

    Aug 27, 2021

    Epic Breakup Letter from a Girl

    Jun 4, 201349 Views

    11 Habits You Need to Stop to Become Happier

    Jul 12, 201938 Views

    6 Steps to Creating Patient Trust in Telehealth

    Aug 24, 20205 Views

    4 Must-Have Apps to Run Your Business Remotely

    Sep 30, 201923 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    6 Things You Did Not Know About Michael Bolton

    Mar 13, 201895 Views

    The 100 Greatest Movie Insults of All Time (Video)

    Nov 6, 201259 Views

    Photo Album: Vanfokkingtasties @ Hatfield Square

    Sep 20, 201052 Views
    Recent Posts

    Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit

    Jul 1, 202247 Views

    What’s Coming To Netflix in July 2022?

    Jun 30, 202217 Views

    What are the Best Trails in Australia?

    Jun 29, 202211 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.