Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

Blitsoorsig: Janie Bay, wie se musiek reeds meer as n miljoen keer gestroom het, het haar nuutste enkelsit "Jammer" uitgereik. Die liedjie is letterlik in 10 minute geskryf en het vinnig opgeneem en geproduseer voordat die lockdown begin het. Saam met fotograaf Henry Marsh het sy ook n emosionele musiekvideo gemaak wat die liedjie se boodskap perfek uitdruk.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 24, 2020No Comments3 Mins Read Music News 79 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die gewilde sangeres Janie Bay se musiek het sedert 2019 reeds meer as `n miljoen keer op digitale platforms gestroom. Janie Bay se nuutste enkelsnit “Jammer” is pas deur Warner Music South Africa uitgereik.

Janie Bay vertel dat “Jammer” letterlik binne 10 minute op papier beland het

“Ek het vir `n paar weke rondgeloop met `n baie sterk emosie en toe ek uitendelik gaan sit om dit neer te skryf, het dit baie vinnig gebeur. Sommer so met my oggend koffie. “Jammer” is `n woord wat elkeen van ons al wou sê of gesê het, maar hoekom is dit altyd so moeilik? Ek het “Jammer” geskryf vir iemand wie ek seer gemaak het. Met hierdie liedjie en ook die video, deel ek my gevoelens oop en bloot. Dit is nooit te laat om jammer te sê nie. Ek het ook met die skrywe daarvan al geweet dat hierdie my volgende enkelsnit moet wees.”

Janie Bay - Jammer

Die produksie van “Jammer” is deur Ewald Janse van Rensburg en Dolf Willemse by Popkult behartig.

Janie Bay vertel dat dit fynwerk gekos het om die liedjie klaar op te neem voordat die staat van inperking begin het

“Ek het ‘n paar dae voor ons president ons lockdown aangekondig het deurgery Potchefstroom toe om binne 2ure die vocals vir “Jammer” op te neem. Terselfdetyd moes ek ook aan `n musiekvideo dink.”

NetfloristOfferforge

“Daar was eers sprake van `n selfoon video, maar dit sou moeilik wees om dit self mooi te doen. Ek het met die talentvolle fotograaf Henry Marsh gereël om nog betyds `n musiekvideo te kan maak. Hy het ingstem om dit saam met my op kort kennisgewing te doen.”

Janie Bay

“Die opneem vd liedjie en die maak van die video het alles so blitsvinnig gebeur. Ek is baie gelukkig met hoe dit klink en lyk. Die liedjie het so lekker gevloei en met die maklike skryf daarvan maak dit eindelik vir my sin dat die res van die proses ook ten einde so maklik was – al was daar `n ander rede vir die kort tydlyn.”

“Vir die video het ons met so min as moontlik gewerk om die emosie te kon wys, baie “stripped down.” Ek dink dit is ongelooflik wat mens kan uitrig wanneer jy jou hart volg; wanneer jy weet iets is bedoel om te wees en om dit dan te deel met die wêreld.”

Janie Bay het in 2019 talle nuwe aanhangers met haar Afrikaanse musiek gewerf. Haar twee Afrikaanse enkelsnitte “Amper Daar” en “Die Heelal” wat verlede jaar uitgereik is, het volgens RadioMonitor.com reeds gesamentlik meer as 2 000 keer op Suid-Afrikaanse radio stasies gespeel.

NetfloristOfferforge

Beide liedjies het op verskeie trefferlyste verskyn: “Amper Daar” was no 1 op Maroela Media en Grootfm en “Die Heelal” het die nommer 1 posisie op Bok Radio se Top 20 gehaal. Die video van “Die Heelal” wat Janie Bay saam met die gewilde rapper Early B opgeneem het,  is alreeds meer as 190 000 keer op Youtube gekyk.

“Jammer” is beskikbaar op alle gewilde digitale musiekplatforms.  Kyk die musiekvideo hier onder…

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026
  • Janie Bay Releases Pop-Country song titled “Miracles”

    Janie Bay - Miracles
    Music Videos 2 Feb 2024
  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Janie Bay New Music Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.