Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Britney Meistre heads to Hollywood to record “By My Side”
    • Artists Announced for MTN Bushfire Festival 2022
    • David Kramer Reik Liedjie Uit Vir Eseltjiesrus se Donkies
    • Nomadic Orchestra release flavourful album: “Out & About”
    • Emerger Prepares For Take-Off With “Aeroplane Park”
    • Amy Lilley releases new single: “Video Games”
    • Jeremy Loops Colabs With Ed Sheeran on “Better Together”
    • Nibs Van Der Spuy releases “Maiden of the river”
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

    Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

    Henno KrugerBy Henno KrugerApr 24, 2020 Music 3 Mins Read65 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Die gewilde sangeres Janie Bay se musiek het sedert 2019 reeds meer as `n miljoen keer op digitale platforms gestroom. Haar nuutste enkelsnit “Jammer” is pas deur Warner Music South Africa uitgereik.

    Janie Bay vertel dat “Jammer” letterlik binne 10 minute op papier beland het

    “Ek het vir `n paar weke rondgeloop met `n baie sterk emosie en toe ek uitendelik gaan sit om dit neer te skryf, het dit baie vinnig gebeur. Sommer so met my oggend koffie. “Jammer” is `n woord wat elkeen van ons al wou sê of gesê het, maar hoekom is dit altyd so moeilik? Ek het “Jammer” geskryf vir iemand wie ek seer gemaak het. Met hierdie liedjie en ook die video, deel ek my gevoelens oop en bloot. Dit is nooit te laat om jammer te sê nie. Ek het ook met die skrywe daarvan al geweet dat hierdie my volgende enkelsnit moet wees.”

    Janie Bay - Jammer

    Die produksie van “Jammer” is deur Ewald Janse van Rensburg en Dolf Willemse by Popkult behartig.

    Janie vertel dat dit fynwerk gekos het om die liedjie klaar op te neem voordat die staat van inperking begin het

    “Ek het ‘n paar dae voor ons president ons lockdown aangekondig het deurgery Potchefstroom toe om binne 2ure die vocals vir “Jammer” op te neem. Terselfdetyd moes ek ook aan `n musiekvideo dink.”

    “Daar was eers sprake van `n selfoon video, maar dit sou moeilik wees om dit self mooi te doen. Ek het met die talentvolle fotograaf Henry Marsh gereël om nog betyds `n musiekvideo te kan maak. Hy het ingstem om dit saam met my op kort kennisgewing te doen.”

    “Die opneem vd liedjie en die maak van die video het alles so blitsvinnig gebeur. Ek is baie gelukkig met hoe dit klink en lyk. Die liedjie het so lekker gevloei en met die maklike skryf daarvan maak dit eindelik vir my sin dat die res van die proses ook ten einde so maklik was – al was daar `n ander rede vir die kort tydlyn.”

    “Vir die video het ons met so min as moontlik gewerk om die emosie te kon wys, baie “stripped down.” Ek dink dit is ongelooflik wat mens kan uitrig wanneer jy jou hart volg; wanneer jy weet iets is bedoel om te wees en om dit dan te deel met die wêreld.”

    Janie Bay het in 2019 talle nuwe aanhangers met haar Afrikaanse musiek gewerf. Haar twee Afrikaanse enkelsnitte “Amper Daar” en “Die Heelal” wat verlede jaar uitgereik is, het volgens RadioMonitor.com reeds gesamentlik meer as 2 000 keer op Suid-Afrikaanse radio stasies gespeel.

    Beide liedjies het op verskeie trefferlyste verskyn: “Amper Daar” was no 1 op Maroela Media en Grootfm en “Die Heelal” het die nommer 1 posisie op Bok Radio se Top 20 gehaal. Die video van “Die Heelal” wat Janie saam met die gewilde rapper Early B opgeneem het,  is alreeds meer as 190 000 keer op Youtube gekyk.

    “Jammer” is beskikbaar op alle gewilde digitale musiekplatforms.  Kyk die musiekvideo hier onder…

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Jammer Janie Bay New Music Pretoria South Africa
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleDie Heuwels Fantasties reik “Ons moet Leef” enkelsnit en video uit
    Next Article How to Convert Videos for Cloud Storage with Movavi Video Converter
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

    Sep 29, 20213 Mins Read

    Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    Jun 21, 20213 Mins Read

    Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

    May 28, 20213 Mins Read

    Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

    Nov 13, 20204 Mins Read

    Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”

    Sep 4, 20203 Mins Read

    Janie Bay reik “Amper Daar” uit

    May 17, 20193 Mins Read24 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    Photo Album: Blood Brothers 2016

    Sep 16, 201616 Views

    Oppikoppi 2018 Nomakanjani: 20 Things I’ll Remember

    Aug 17, 201866 Views

    Photo Album: Oppikoppi 2013 Bewilderbeast

    Aug 20, 201334 Views

    Enjoy the Best Fusion Food at Wasabi

    Jun 2, 201515 Views

    A quick Pre Mieliepop chat with Late Night Fox

    Feb 22, 201717 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    6 E-Learning Trends That Will Change Your Mind

    Aug 31, 2021

    Ideas for Easier Recycling at Home

    Apr 14, 202217 Views

    How to Choose the Best CBD Products

    Nov 28, 2021

    Paul Haarman Answers “Why Invest In the US Stock Market?”

    Jun 17, 2021

    How To Speed Up Your MacBook Without Spending Money

    Jun 11, 201923 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    My 2 cents on Mieliepop 2014

    Oct 13, 201419 Views

    The Guild – Do You Wanna Date My Avatar (Video)

    Aug 19, 200945 Views

    2018 in Music: A Summary of the ups and downs

    Dec 23, 201827 Views
    Recent Posts

    Disney+ Makes Smooth Arrival in South Africa

    May 19, 20229 Views

    Britney Meistre heads to Hollywood to record “By My Side”

    May 17, 202245 Views

    The Best Time For A Deep Sea Fishing Trip In Australia

    May 14, 202212 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.