Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

Blitsoorsig: Janie Bay het die video vir "Kalmeer" uitgereik, die tweede sang van haar album Prisma. Die liedjie spreek die behoefte vir kalmer waters in ons vinnig-bewegende wêreld aan. Saam met regisseur Damiane van Reenen het sy beelde geskep wat psigologiese onrustigheid, depressie en angs uitbeeld, wat die moeilikheid van onvaste tye weerspieël.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 29, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 79 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die immergewilde Janie Bay het pas `n video vir die tweede enkelsnit vanaf haar album Prisma uitgereik. Die liedjie “Kalmeer” gaan oor die onvoorspelbare wêreld waarin ons tans leef.

Janie Bay verduidelik die inspirasie agter “Kalmeer”

“Ek voel dat ons almal bietjie kalmer waters nodig het. Dinge beweeg vreeslik vinnig deesdae en dit voel asof daar tans so baie onverwagte dinge oor ons almal se pad kom. Dit is tans moelik vir die mensdom om psiglogies en emosioneel sin te kan maak van wat alles gebeur.”

Janie Bay - Kalmeer

Janie verduidelik die konsep vir die video vir “Kalmeer”

“Niemand is altyd op hul beste nie. Met die maak van die video wou sy en regisseur Damiane van Reenen werk met beelde wat die psige van `n diep onrustigheid voorstel.  Depressie, angs, moedeloosheid, vrees ensovoorts. Dit gee die gevoel van daardie moeilike tye uit wanneer ons in onvaste oomblikke nie die antwoorde het hoe om dinge beter te kan maak nie.”

Bay sê dat sy dit geniet om met Van Reenen te werk

“Hy het `n skerp, innoverende oog. Die res van die span op stel van “Kalmeer”, Marguerite van Eeden (produksie-assistent) en Ibby Bukuru en Deon Dee (Beligting) het dit alles `n baie goeie ervaring gemaak. Ek hoop dat mense van die video sal hou!”

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Janie Bay se Afrikaanse album, Prisma, waarop “Kalmeer” verskyn, is in Junie vanjaar uitgereik.  Die eerste enkelsnit vanaf die album “My Lief” wat Bay saam met Majozi en Early B opgeneem het het groot sukses op radio behaal, onder andere die nommer 1 posisies of Jacaranda FM se SA Top 20 en dié stasie internasionale CTM Top 20. “My Lief” was ook nommer 1 op Radio Helderberg se SA Top 10 en het verskeie ander Top 20 posisies landwyd gehaal.

Janie Bay

Die album is ‘n samevloeisel van liedjies wat geskryf is tussen 2019 en vroeg-2021. Met persoonlike temas soos familie, die liefde, passie, verlies en aanmoediging as hoeksteen, is dit ‘n meesterlike smeltkroes van uiteenlopende musikale teksture wat wye draaie gooi tussen lieflike ballades en ligte pop-musiek, asook ‘n goeie dosis elektroniese adrenalien.

Janie Bay het in 2017 as SAMA-genomineerde kunstenaar en internasionale pryswenner aangesluit by Warner Music South Africa. Haar musiek is al meer as 6 miljoen keer gestroom en volgens RadioMonitor.com het haar Afrikaanse enkelsnitte die afgelope twee jaar meer as 100 miljoen luister-trefslae gehaal.

Janie Bay se Prisma album is beskikbaar op alle gewilde digitale platforms.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026
  • Janie Bay Releases Pop-Country song titled “Miracles”

    Janie Bay - Miracles
    Music Videos 2 Feb 2024
  • Janie Bay gesels met ons oor 2021, 2022 en ander goedjies

    Janie Bay
    Artist/Band Interviews 6 Dec 2021
  • Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    Janie Bay - Prisma
    Music News 21 Jun 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Janie Bay South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.