Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Janie Bay gesels met ons oor 2021, 2022 en ander goedjies

Janie Bay gesels met ons oor 2021, 2022 en ander goedjies

Blitsoorsig: Ons het met Janie Bay gekuier oor haar album Prisma en nuutste single "Kalmeer". Sy praat oor haar groei as skrywer in Afrikaans, hoe 2020 en 2021 haar gevorm het, en haar sieninge op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Tans fokus sy op writing workshops en co-writing projekte in plaas van live shows.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 6, 2021No Comments3 Mins Read Artist/Band Interviews 62 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Janie Bay het oor die laaste paar jaar golwe gemaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Vroëer in 2021 het sy haar album, Prisma uitgereik.

Ek het onlangs met Janie Bay gesels oor 2020, 2021 en so paar ander goedjies. Hier is wat sy te sê gehad het.

“Kalmeer” is jou nuutste single vanaf die album Prisma. Som die gevoel van die liedjie in drie woorde op?

Onsekerheid. Angs. Kragtig.

Hoe was Janie Bay se 2020 en 2021?

In sekere maniere was dit baie goed. Ek voel ek het baie gegroei as ‘n artist en mens. Ek het ook vir 6 maande in die Kaap gewoon in my broer hulle se tuinwoonstel en die familie tyd was incredible! Finansieel was dit vir baie mense maar moeilik.

NetfloristOfferforge

Janie Bay

Jy het in hierdie tyd baie cool nuwe songs uitgereik: “Ek Glo nog in Jou” met Danie Reënwolf, “My Lief” met Majozi en Early B en nou “Kalmeer”. Vertel ons hoe het jou musiek as geheel die afgelope paar jaar geshape vandat jy ook in Afrikaans begin sing het?

Ek skryf nogsteeds in Engels ook, maar dit was ‘n goeie journey om te leer beter skryf in Afrikaans. Hunter Kennedy was pretty much ‘n teacher vir my, maar hy het vir my gesê hy wil nooit my crux raak nie en dit was die beste ding wat kon gebeur. Learn and apply! Ek hou nie van boksies of labels nie. Ek glo ek het beter geraak as ‘n skryf, maar my “sound” sal seker altyd evolve.

Wat fassineer jou van die huidige SA Musiek Scene?

Dat bietjie meer girls in Afrikaans begin doen wat hul hart en gut hul sê om te doen.

Wat pla jou van die huidige SA Musiek Scene?

Dat daar nog te min girls is wat willing is om boundaries te breek en dat daar te min vrouens in leier posisies is by record labels.

Gaan Janie Bay enige shows speel binnekort?

Nie regtig op die oomblik en tot die einde van die jaar nie. Ek is besig met baie writing workshops / co-writing vir en met ander artists / sangers so my fokus is baie op dit tans.

NetfloristOfferforge

Hoe sal jy jou musiek beskryf aan iemand wat dit nog nooit gehoor het nie?

Dis eintlik maar Pop soos dit in die res van die wêreld klink, maar vir Afrikaans sou ek probably sê dit is “Progressive-Pop”.

Behalwe vir musiek, waaroor is jy passievol?

Om sag te wees op die planeet soveel moontlik. Minder plastiek te gebruik, slow fashion te support, cruelty free makeup te gebruik, ens. Ek love ook om te oefen en gesond te leef. Ook om ander te help waar ek kan.

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Janie Bay te bedank vir hierdie onderhoud en haar als wat goed is toe te wens vir die res van die jaar en die toekoms.

Kyk die video vir “Kalmeer” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Jy kan “Kalmeer” HIER stroom.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026
  • Janie Bay Releases Pop-Country song titled “Miracles”

    Janie Bay - Miracles
    Music Videos 2 Feb 2024
  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Janie Bay Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.