Die gewilde sangeres Janie Bay se eerste Afrikaanse enkelsnit “Amper Daar” is pas uitgereik. Janie verduidelik dat “Amper daar” handel oor hoe dit is om in `n verhouding te wees. “Soos mens dit regtig ervaar, nie soos in die flieks nie.”
Janie het al voorheen ‘n paar Afrikaanse liedjies in samewerking met ander kunstenaars opgeneem, maar hierdie is die eerste solo liedjie wat as ‘n offisiële enkelsnit uitreik word.

“Ek skryf tans in Afrikaans en het dit baie geniet om hierdie liedjie te skryf en op te neem. Ek werk ook aan `n vollengte album wat hopelik oor `n paar maande uitgereik gaan word.”
Janie verduidelik dat “Amper Daar” daaroor gaan dat mens eintlik nooit regtig in ‘n verhouding arriveer nie: “Dis `n reis wat twee mens saamneem wat nooit eindig nie, vandaar die “roadtrip” in die musiekvideo, wat ook pas uitgereik is, wat uitbeeld dat die kar altyd bly loop.”
Janie voel opgewonde oor hoe musiek tans ontwikkel
“Dis ‘n wonderlike tyd om te kan eksperimenteer met jou eie “vibe.” Ek ervaar dat die wêreld baie meer oop daarvoor is dat mens jou eie kleurvolle self kan wees. Dis `n tyd van nuwe style en interessante klanke en ek geniet die vryheid wat dit bied om myself te kan uitleef.
Ons het almal soveel meer van onsself om te gee as wat ons aanvanklik besef. Dis lekker om te sien dat meer kunstenaars dit waag om hulle unieke stempels op musiek af te druk.”
Janie Bay se sangloopbaan het die afgelope paar jaar opwindende draaie geloop
Sy het in 2016 `n platekontrak met Warner Music geteken en haar album “Miscellany” wat in 2017 uitgereik is was benoem vir `n SAMA.
Die liedjie “Can`t be the One” vanaf hierdie album het in 2018 `n Goue Toekenning vir “Beste musiek in `n Video” by die Queen Palm International Film Fees in Palm Springs, California ontvang.
Videos van samewerkings tussen Janie en verskeie gewilde kunstenaars onder andere Jack Parow, Hunter Kennedy, Bouwer Bosch en Jan Bloukaas is kollektief al meer as 500,000 keer op YouTube gekyk.
Hunter Kennedy, wat saam met Janie verlede jaar die liedjie “Wag vir Jou” opgeneem het, voel dat sy iemand is om dop te hou: “Janie is die outentieke vroulike, Alternatiewe Pop stem waarvoor ek al lankal wag.”
Janie se musiek kan ook gehoor word in die plaaslike films “Mooirivier” en “Vir Altyd.” Sy het ook haar eie weergawe van “You are my Sunshine” opgeneem vir die fliek “Stroomop.”
Die van julle wat my ken sal weet dat ek glad nie ‘n fan is van Afrikaanse Pop musiek nie. Ek is ‘n ou rock ‘n roller, maar ek moet krediet gee waar dit nodig is. Skiet my as julle wil, maar ek dink “Amper Daar” is heel moontlik een van die beste Afrikaanse liedjies wat ek in 2019 gehoor het.
As jy twyfel oor my assessment, kyk asb die “Amper Daar” musiek video hier onder:
Wat dink jy van die song? Los kommentaar oor die liedjie hier onder en laat weet. Terugvoer is welkom.
“Amper Daar” is by die aanlyn beskikbaar by hierdie skakel.
Wees op die uitkyk gereeld opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koppie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🎵 Verken ons Music Hub: Check bietjie ons Music Hub uit vir meer musiekverwante inhoud, of kyk wat op die SA Gig Guide is en wat by Upcoming Events aangaan.
🎬 Verken ons Screen Hub: Check bietjie ons Screen Hub uit vir flieks, TV, gaming en meer.
🔥 Popular Articles: Kyk wat ander mense lees by ons Popular Articles.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

