Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates
    • Dan Mace discovers incredible musical duo
    • Phil Gregory Releases New EP: “22” – Not Out
    • Daniel Baron Releases Powerful Emotional Ballad: “Roses”
    • OneRepublic Announces 2022 South African Tour Dates
    • Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit
    • SAMA28 Nominees Announced
    • The Incidentals release debut single: “Trippin’ on Tar”
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    Henno KrugerBy Henno KrugerJun 21, 2021 Music 3 Mins Read
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Afrikaanse superster Janie Bay is weereens besig om grense te verskuif met haar langverwagte tweede Afrikaanse album, Prisma. Die album is ‘n samevloeisel van liedjies wat geskryf is tussen 2019 en vroeg-2021.

    Met persoonlike temas soos familie, die liefde, passie, verlies en aanmoediging as hoeksteen, is dit ‘n meesterlike smeltkroes van uiteenlopende musikale teksture wat wye draaie gooi tussen lieflike ballades en ligte pop-musiek, asook ‘n goeie dosis elektroniese adrenalien.

    Janie Bay - Prisma

    Die sewe snitte (wat op Prisma is), hoewel dit oënskynlik heelwat van mekaar verskil, vorm ‘n prismatiese matriks waarin Bay mildelik tussen verreikende klanke en emosies beweeg. Treffers op die album sluit onder andere die radio-gunsteling “Ek Glo Nog In Jou” met Danie Reënwolf in, sowel as die nuwe enkelsnit “My Lief” met Majozi en Early B, asook ‘n lieflike weergawe van die gewilde Fokofpolisiekar-liedjie “Tevrede”.

    Janie Bay sê dat sy dit geniet om liedjies te skryf oor die dinamika van Liefde. Sy verduidelik dat die boodskap van die huidige enkelsnit “My Lief” eerlik en eenvoudig is

    “Verhoudings is nie perfek nie. Soms raak dinge gejaagd of deurmekaar, maar dan moet mens onthou dat pasmaats deur middel van ware toewyding deur dik en dun saam kan staan.”

    Die liedjie “Kalmeer” gaan oor die onvoorspelbare wêreld waarin ons tans leef. Bay vertel:

    “Dinge beweeg vreeslik vinnig deesdae en dit voel asof daar tans so baie onverwagte dinge oor ons almal se pad kom. Ons het almal bietjie kalmer waters nodig.”

    “Ek Glo Nog in Jou” wat Bay saam met Danie Reënwolf in 2020 opgeneem het, het onlangs die gesogte nommer 1 posisie op Jacaranda FM se internasionale CTM trefferlys gehaal, en die video van die liedjie het tot op datum reeds meer as ‘n halfmiljoen klieks op YouTube gehad.

    Janie Bay het in 2017 as SAMA-genomineerde kunstenaar en internasionale pryswenner aangesluit by Warner Music South Africa. Haar musiek is al meer as 6 miljoen keer gestroom en volgens RadioMonitor.com het haar Afrikaanse enkelsnitte die afgelope twee jaar meer as 90 miljoen luister-trefslae gehaal.

    Janie Bay vertel dat sy baie opgewonde is om haar nuwe album (Prisma) vry te stel

    “Ek het baie nader gevoel aan my luisteraars en medekunstenaars terwyl ek hierdie album vervaardig het. Die liedjies is persoonlik, maar dis ook ‘n uitdrukking van alles waardeur ons as mensdom tans gaan, en ek dink almal wat daarna luister sal daarby aanklank vind.”

    Prisma is nou beskikbaar op alle gewilde digitale platforms. Klik hier om dit te stroom/ download.  

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Janie Bay Music News Prisma South Africa
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous Article5 Key Metrics to Evaluate your Data Quality
    Next Article “The State of the Arts” Gives Snapshot of Artists’ Struggles
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

    Sep 29, 20213 Mins Read

    Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

    May 28, 20213 Mins Read

    Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

    Nov 13, 20204 Mins Read7 Views

    Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”

    Sep 4, 20203 Mins Read

    Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

    Apr 24, 20203 Mins Read65 Views

    Janie Bay reik “Amper Daar” uit

    May 17, 20193 Mins Read24 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    Photo Album: Van Coke Kartel @ Park Acoustics

    May 4, 201330 Views

    An Interview with Richard from Retro Dizzy

    May 22, 201825 Views

    A quick pre Mieliepop chat with Bark

    Mar 15, 20166 Views

    Review: Capital Craft Beer Festival 2018 in Pretoria

    Jun 25, 201818 Views

    Interstellar Review

    Nov 10, 201410 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    4 Things to do when you’ve faced a Financial Blunder

    Mar 11, 20199 Views

    How Is the #MeToo Movement Affecting the Music Industry?

    Jul 31, 201918 Views

    Why Quality Matters When It Comes To CBD Oil

    Mar 27, 202029 Views

    4 Ways To Inspire Yourself To Reach Your Health Goals

    Nov 24, 2021

    3 Benefits of Using A Cool Mist Humidifier

    Dec 23, 20219 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    The 2019 Rugby World Cup: 20 Interesting Facts you might not know

    Nov 5, 2019263 Views

    30 Funny Mitch Hedberg Quotes

    Feb 18, 2021110 Views

    Coronavirus: 20 Interesting Facts You Might Not Have Known

    Jun 21, 2021903 Views
    Recent Posts

    What are the Best Trails in Australia?

    Jun 29, 20229 Views

    Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates

    Jun 29, 20222,801 Views

    Dan Mace discovers incredible musical duo

    Jun 27, 202228 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.