Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

Blitsoorsig: Janie Bay het haar langverwagte tweede Afrikaanse album Prisma uitgereik. Die album kombineer ballades, pop-musiek en elektroniese klanke met persoonlike temas oor familie, liefde en verlies. Dit bevat hitsingels soos "Ek Glo Nog In Jou" met Danie Reënwolf en "My Lief" met Majozi en Early B, asook 'n weergawe van 'n Fokofpolisiekar-liedjie.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 21, 2021No Comments3 Mins Read Music News 75 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Afrikaanse superster Janie Bay is weereens besig om grense te verskuif met haar langverwagte tweede Afrikaanse album, Prisma. Die album is ‘n samevloeisel van liedjies wat geskryf is tussen 2019 en vroeg-2021.

Met persoonlike temas soos familie, die liefde, passie, verlies en aanmoediging as hoeksteen, is dit ‘n meesterlike smeltkroes van uiteenlopende musikale teksture wat wye draaie gooi tussen lieflike ballades en ligte pop-musiek, asook ‘n goeie dosis elektroniese adrenalien.

Janie Bay - Prisma

Die sewe snitte (wat op Prisma is), hoewel dit oënskynlik heelwat van mekaar verskil, vorm ‘n prismatiese matriks waarin Janie Bay mildelik tussen verreikende klanke en emosies beweeg. Treffers op die album sluit onder andere die radio-gunsteling “Ek Glo Nog In Jou” met Danie Reënwolf in, sowel as die nuwe enkelsnit “My Lief” met Majozi en Early B, asook ‘n lieflike weergawe van die gewilde Fokofpolisiekar-liedjie “Tevrede”.

Janie Bay sê dat sy dit geniet om liedjies te skryf oor die dinamika van Liefde. Sy verduidelik dat die boodskap van die huidige enkelsnit “My Lief” eerlik en eenvoudig is

“Verhoudings is nie perfek nie. Soms raak dinge gejaagd of deurmekaar, maar dan moet mens onthou dat pasmaats deur middel van ware toewyding deur dik en dun saam kan staan.”

NetfloristOfferforge

Die liedjie “Kalmeer” gaan oor die onvoorspelbare wêreld waarin ons tans leef. Janie Bay vertel:

“Dinge beweeg vreeslik vinnig deesdae en dit voel asof daar tans so baie onverwagte dinge oor ons almal se pad kom. Ons het almal bietjie kalmer waters nodig.”

“Ek Glo Nog in Jou” wat Bay saam met Danie Reënwolf in 2020 opgeneem het, het onlangs die gesogte nommer 1 posisie op Jacaranda FM se internasionale CTM trefferlys gehaal, en die video van die liedjie het tot op datum reeds meer as ‘n halfmiljoen klieks op YouTube gehad.

Janie Bay het in 2017 as SAMA-genomineerde kunstenaar en internasionale pryswenner aangesluit by Warner Music South Africa. Haar musiek is al meer as 6 miljoen keer gestroom en volgens RadioMonitor.com het haar Afrikaanse enkelsnitte die afgelope twee jaar meer as 90 miljoen luister-trefslae gehaal.

Janie Bay - Prisma

Janie Bay vertel dat sy baie opgewonde is om haar nuwe album (Prisma) vry te stel

“Ek het baie nader gevoel aan my luisteraars en medekunstenaars terwyl ek hierdie album vervaardig het. Die liedjies is persoonlik, maar dis ook ‘n uitdrukking van alles waardeur ons as mensdom tans gaan, en ek dink almal wat daarna luister sal daarby aanklank vind.”

NetfloristOfferforge

Prisma is nou beskikbaar op alle gewilde digitale platforms. Klik hier om dit te stroom/ download.  

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026
  • Janie Bay Releases Pop-Country song titled “Miracles”

    Janie Bay - Miracles
    Music Videos 2 Feb 2024
  • Janie Bay gesels met ons oor 2021, 2022 en ander goedjies

    Janie Bay
    Artist/Band Interviews 6 Dec 2021
  • Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

    Janie Bay - Kalmeer
    Music Videos 29 Sep 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Janie Bay South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.