Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”

Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”

Blitsoorsig: Janie Bay het "In Die Sitkamer", haar nuwe akoestiese album, uitgereik na haar sukses met Afrikaanse enkelsnitte soos "Jammer" en "Die Heelal". Die album bevat agt liedjies wat haar treffers insluit, 'n duet met Hunter Kennedy, twee covers en 'n nuwe lied getiteld "Herfs". Dit is ideaal vir roadtrips, braaie of lekker luister tuis.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 4, 2020No Comments3 Mins Read Music News 44 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie nuus! Janie Bay het ‘n nuwe akoestiese album uitgereik, “In Die Sitkamer”. Die gewilde sangeres se musiek is sedert 2019 reeds meer as twee en `n half miljoen keer op digitale platforms gestroom.

Haar Afrikaanse enkelsnitte “Amper Daar”, “Die Heelal” en “Jammer” wat in die afgelope jaar en `n half deur Warner Music South Africa uitgereik is, het verskeie nommer 1 posisies behaal en het volgens RadioMonitor.com, gesamentlik reeds meer as 3 000 keer op Suid -Afrikaanse Radio stasies landwyd gespeel. Die huidige enkelsnit “Jammer” is hierdie week nommer een op Jacaranda FM se SA Top 20.

Janie Bay - Jammer

Met aanhangers wat bly vra vir meer, wou Janie Bay aanvanklik vanjaar `n vol-produksie album opneem, maar met die inperkingsreëls was daar nie toegang tot studios en kon musikante ook nie bymekaar kom om liedjies op te neem nie. Janie het besef dat sy wel `n akoestiese album sou kon opneem. Die proses is net so eenvoudig soos die liedjies self.

Janie Bay vertel ons meer oor “In Die Sitkamer”

““In die Sitkamer” is so te sê my fated baby. En op `n manier neem dit my ook terug na waar alles begin het want dit is eintlik hoe my loopbaan afgeskop het: Ek en my broer was `n akoestiese duo wat baie rondgetoer het met ons musiek.”

NetfloristOfferforge

Janie Bay - In Die Sitkamer

Janie het in April vanjaar opgemerk dat mense reg oor die wêreld meestal rustiger musiek luister tydens die Covid-19 “lockdown.” Sy vertel ons meer oor dit

“Ek het self ook meer kalm begin voel as ek op my askoestiese kitaar sit en speel. Een van my wonderlikste herinneringe is hoe my pa altyd die liedjie “Fly Away” van John Denver gespeel het toe ons klein was. Daar is iets vertroostend aan akoestiese musiek en daarom, ten spyte van die tegniese noodsaaklikheid van `n kleiner produksie, voel dit sommer ook vir my reg om nou in hierdie tyd `n rustige, sielvolle album uit te reik.”

“In die Sitkamer” bied 8 akoestiese liedjies wat die afgelope jaar se drie treffers insluit, `n duet met Hunter Kennedy “Wag Vir Jou”, asook `n nuwe liedjie getiteld “Herfs.” Hierdie splinternuwe lied sou aanvanklik op die vol- produksie album wees. Janie werk al vir `n rukkie daaraan en het besef dat die “50`s rhythm en blues” gevoel van die liedjie lekker sal inpas by hierdie akoestiese album.

Daar is ook 2 covers op die album: die Elvis Presley treffer “Can’t Help Falling In Love With You” en “You Are My Sunshine” wat Janie Bay vir die bekende Afrikaanse film “Stroomop” opgeneem het”. Die album is in ‘n sitkamer opgeneem in die Spoegwolf huis,  vandaar die naam van die album.

Janie Bay vertel ons hoe om “In Die Sitkamer” te geniet

“Ek dink die album is perfek vir ‘n “road trip” of selfs om by ‘n braai te luister, of ‘n Sondag oggend in die bed met ‘n koffie en beskuit. Ek hoop mense sal hierdie songs geniet!”

NetfloristOfferforge

Jy kan Janie Bay se “In Die Sitkamer” HIER stroom. Om ‘n idee te kry van die album, luister na die akoestiese weergawe van “Sterrebrand” hier onder

Ek het na die album geluister vanoggend en ek moet se dat dit dat ‘n heartfelt en ‘n decent album is. Ek glo daar is baie mense wat hierdie album sal waardeer en geniet.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026
  • Janie Bay Releases Pop-Country song titled “Miracles”

    Janie Bay - Miracles
    Music Videos 2 Feb 2024
  • Janie Bay gesels met ons oor 2021, 2022 en ander goedjies

    Janie Bay
    Artist/Band Interviews 6 Dec 2021
  • Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

    Janie Bay - Kalmeer
    Music Videos 29 Sep 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Janie Bay South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.