Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Willim Welsyn Toor Met Collage Animasie Op Nuutste Musiekvideo

Willim Welsyn Toor Met Collage Animasie Op Nuutste Musiekvideo

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 6, 2019No Comments3 Mins Read Music Videos 27 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Afrikaanse rocker, liedjieskrywer en bekroonde podcaster Willim Welsyn is terug met ’n nuwe musiekvideo vir Die Saad Van Die Onkruid. Die liedjies is op sy 2018 SAMA-genomineerde rock album Blitzkriek. Daar ook nuwe WAT Podcast-episodes, ʼn optrede by Up The Creek en ʼn aanlyn-merch winkel in die pyplyn.

Meer oor die video vir Die Saad Van Die Onkruid

“Die Saad Van Die Onkruid is die eerste song op Blitzkriek, en ook die eerste een wat ek reguit uit my kop uit geskryf het, van begin tot einde, sonder pen, papier of enige musikale begeleiding. Dit was dus uitgedink, eerder as geskryf.

Die lirieke handel oor ’n guitige liefdesdriehoek en ’n vervloekte gesin wat sukkel om te ontsnap uit hulle donker verlede. Ek het gespeel met die idee dat as Quentin Tarantino ‘n arm Afrikaanse filmmaker was, hierdie song dalk op sy eerste film se klankbaan sou kon werk.”

Willim Welsyn - Die Saad Van Die Onkruid

Die musiekvideo is deur Willim (wat ook ʼn gesoute grafiese ontwerper is) self vervaardig. Dis ‘n uitdagende collage-animasie gebaseer op groenskerm-beeldmateriaal wat per toeval gedurende ʼn vorige video-opname verfilm is.

“Toe ons destyds Al Die Cool Kinders se video klaar geskiet het, het ons nog so 20 minute tot ons beskikking gehad by die filmateljee. Ek het ons kameraman Juan Le Roux gevra om die groepslede te verfilm voor die groenskerm met die idee dat ek op ’n latere stadium iets sou kon doen met die beeldmateriaal.” verduidelik Willim

NetfloristOfferforge

Willim Welsyn - Die Saad Van Die Onkruid

Willim het vir maande lank gesukkel om met ’n konsep voorendag te kom. Hy het eventueel met ou tydskrifuitknipsels begin eksperimenteer om collage-agtergronde te maak.

Elke collage se betekenis het spesiale betrekking op elkeen van die groep se lede met ʼn paar geheimsinnige popkultuur-paaseiers daarin verberg. Die eindproduk is ʼn kompulsiewe kunswerk wat visueel tot lewe kom op die maat van ʼn Moordenaarskaroo-anthem.

Kyk die video vir Die Saad Van Die Onkruid hier onder:

Hierdie is ‘n lekker tune! Behalwe dit, moet ek sê dat ek rêrig lanklaas so goeie musiekvideo vir ‘n Afrikaanse rock song gesien het. Dis iets anders en defnitief ‘n kunswerk in sy eie reg.

Meer inligting oor Willim Welsyn

Willim is in 2018 bekroon met die ATKV Mediaveertjie in die “Luister” kategorie as Beste Aanbieder of Onderhoudvoerder van ’n Joernaalprogram vir sy WAT met Willim Welsyn podcast.

Hy is die eerste onafhanklike, self-befondse Suid-Afrikaanse podcaster gemaak om ‘n toekenning te verower in hierdie kategorie. Die toekenning word tradisioneel deur media-persoonlikhede van terrestriële radiostasies oorheers.

Willim Welsyn

Hy het sedert Desember 2018 ʼn blaaskans geneem om Die Saad Van Die Onkruid video klaar te maak. Die podcast begin weer in alle erns aan die einde van Februarie 2019.

As jy nog nie na Willim se WAT podcast geluister het nie, doen jouself ‘n guns. As jy ‘n fan is van Suid-Afrikaanse musiek sal jy nie teleurgesteld wees nie.

Moenie Willim Welsyn mis by Up The Creek Musiekfees nie

Die groep se eerste optrede vir die jaar vind plaas by die Up The Creek Musiekfees buite Swellendam. Kaartjies is beperk, so jy sal moet vinnig moet spring as jy nog een wil inpalm voor die feesvlae begin wapper die naweek.

Willim se Nuwe Aanlyn-Merch Winkel

Opsoek na ʼn Willim Welsyn of WAT Podcast T-hemp? Jy kan nou ʼn verskeidenheid ontwerpe (grootte S – XXL) aanlyn bestel op die groep se merch-winkel webwerf. Die gerieflike platform is intuïtief om te gebruik en laat jou toe om nuwe ontwerpe te besigtig en te bestel vir aflewering.

WAT Podcast Merch

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Willim Welsyn
    Willim Welsyn: Terug met ’n video & potgooi-episodes
  • Willim Welsyn
    A quick pre Oppikoppi chat with Willim Welsyn
  • Margaret's Daughter
    Margaret’s Daughter stel hul nuutste snit “Worsteling” vry
  • Angie Oeh - Wyfie
    Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Cape Town Rock Willim Welsyn
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 1
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”
    July 3, 2026
  • Kehlani
    Kehlani South African Tour: December 2026
    June 16, 2026
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
    June 5, 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026
    May 14, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • Muse Band
    Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
    July 10, 2026
Popular Articles
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202635 Views
VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 2

VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

July 6, 202630 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”

July 3, 202630 Views
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202630 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.