Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Willim Welsyn Toor Met Collage Animasie Op Nuutste Musiekvideo

Willim Welsyn Toor Met Collage Animasie Op Nuutste Musiekvideo

Blitsoorsig: Willim Welsyn is terug met 'n musiekvideo vir Die Saad Van Die Onkruid van sy 2018 SAMA-genomineerde album Blitzkriek. Die video is 'n unieke collage-animasie wat hy self ontwerp het, met groenskerm-beeldmateriaal en verstopte popkultuur-verwyings. Willim het ook nuwe podcas-episodes, 'n optrede by Up The Creek en 'n aanlyn-merch winkel in die pyplyn.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 6, 2019No Comments3 Mins Read Music Videos 80 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Afrikaanse rocker, liedjieskrywer en bekroonde podcaster Willim Welsyn is terug met ’n nuwe musiekvideo vir Die Saad Van Die Onkruid. Die liedjies is op sy 2018 SAMA-genomineerde rock album Blitzkriek. Daar ook nuwe WAT Podcast-episodes, ʼn optrede by Up The Creek en ʼn aanlyn-merch winkel in die pyplyn.

Meer oor die video vir Die Saad Van Die Onkruid

“Die Saad Van Die Onkruid is die eerste song op Blitzkriek, en ook die eerste een wat ek reguit uit my kop uit geskryf het, van begin tot einde, sonder pen, papier of enige musikale begeleiding. Dit was dus uitgedink, eerder as geskryf.

Die lirieke handel oor ’n guitige liefdesdriehoek en ’n vervloekte gesin wat sukkel om te ontsnap uit hulle donker verlede. Ek het gespeel met die idee dat as Quentin Tarantino ‘n arm Afrikaanse filmmaker was, hierdie song dalk op sy eerste film se klankbaan sou kon werk.”

Willim Welsyn - Die Saad Van Die Onkruid

Die musiekvideo is deur Willim (wat ook ʼn gesoute grafiese ontwerper is) self vervaardig. Dis ‘n uitdagende collage-animasie gebaseer op groenskerm-beeldmateriaal wat per toeval gedurende ʼn vorige video-opname verfilm is.

NetfloristOfferforge

“Toe ons destyds Al Die Cool Kinders se video klaar geskiet het, het ons nog so 20 minute tot ons beskikking gehad by die filmateljee. Ek het ons kameraman Juan Le Roux gevra om die groepslede te verfilm voor die groenskerm met die idee dat ek op ’n latere stadium iets sou kon doen met die beeldmateriaal.” verduidelik Willim

Willim Welsyn - Die Saad Van Die Onkruid

Willim het vir maande lank gesukkel om met ’n konsep voorendag te kom. Hy het eventueel met ou tydskrifuitknipsels begin eksperimenteer om collage-agtergronde te maak.

Elke collage se betekenis het spesiale betrekking op elkeen van die groep se lede met ʼn paar geheimsinnige popkultuur-paaseiers daarin verberg. Die eindproduk is ʼn kompulsiewe kunswerk wat visueel tot lewe kom op die maat van ʼn Moordenaarskaroo-anthem.

Kyk die video vir Die Saad Van Die Onkruid hier onder:

NetfloristOfferforge

Hierdie is ‘n lekker tune! Behalwe dit, moet ek sê dat ek rêrig lanklaas so goeie musiekvideo vir ‘n Afrikaanse rock song gesien het. Dis iets anders en defnitief ‘n kunswerk in sy eie reg.

Meer inligting oor Willim Welsyn

Willim is in 2018 bekroon met die ATKV Mediaveertjie in die “Luister” kategorie as Beste Aanbieder of Onderhoudvoerder van ’n Joernaalprogram vir sy WAT met Willim Welsyn podcast.

Hy is die eerste onafhanklike, self-befondse Suid-Afrikaanse podcaster gemaak om ‘n toekenning te verower in hierdie kategorie. Die toekenning word tradisioneel deur media-persoonlikhede van terrestriële radiostasies oorheers.

Willim Welsyn

Hy het sedert Desember 2018 ʼn blaaskans geneem om Die Saad Van Die Onkruid video klaar te maak. Die podcast begin weer in alle erns aan die einde van Februarie 2019.

NetfloristOfferforge

As jy nog nie na Willim se WAT podcast geluister het nie, doen jouself ‘n guns. As jy ‘n fan is van Suid-Afrikaanse musiek sal jy nie teleurgesteld wees nie.

Moenie Willim Welsyn mis by Up The Creek Musiekfees nie

Die groep se eerste optrede vir die jaar vind plaas by die Up The Creek Musiekfees buite Swellendam. Kaartjies is beperk, so jy sal moet vinnig moet spring as jy nog een wil inpalm voor die feesvlae begin wapper die naweek.

Willim se Nuwe Aanlyn-Merch Winkel

Opsoek na ʼn Willim Welsyn of WAT Podcast T-hemp? Jy kan nou ʼn verskeidenheid ontwerpe (grootte S – XXL) aanlyn bestel op die groep se merch-winkel webwerf. Die gerieflike platform is intuïtief om te gebruik en laat jou toe om nuwe ontwerpe te besigtig en te bestel vir aflewering.

WAT Podcast Merch

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • KALEO February 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    KALEO
    Upcoming Events 15 Oct 2026
  • Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”

    Southern Wild Band
    Music Videos 12 Oct 2026
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 7 Sep 2026
  • Gallo 100: The Sound of a Century – All The Deets

    Gallo Record Company
    Upcoming Events 21 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Piano People South Africa: November & December 2026

    Piano People Featured
    Upcoming Events
  • Up The Creek 2027: Everything You Should Know

    Up The Creek Music Festival
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Rock Willim Welsyn
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Gerald Clark
    Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”
    October 20, 2026
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 2
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.