Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Janie Bay reik “Amper Daar” uit

Janie Bay reik “Amper Daar” uit

Blitsoorsig: Gewilde sangeres Janie Bay het haar eerste offisiële solo Afrikaanse enkelsnit "Amper Daar" uitgereik. Die liedjie verken hoe verhoudings werklik voel en stel dit voor as 'n voortdurende reis wat twee mense saam neem. Janie werk tans aan 'n vollengte album en voel opgewonde oor die nuwe vryheid in musiek om jou unieke stem uit te druk.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 17, 2019No Comments3 Mins Read Music Videos 69 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die gewilde sangeres Janie Bay se eerste Afrikaanse enkelsnit “Amper Daar” is pas uitgereik. Janie verduidelik dat “Amper daar” handel oor hoe dit is om in `n verhouding te wees. “Soos mens dit regtig ervaar, nie soos in die flieks nie.”

Janie het al voorheen ‘n paar Afrikaanse liedjies in samewerking met ander kunstenaars opgeneem, maar hierdie is die eerste solo liedjie wat as ‘n offisiële enkelsnit uitreik word.

Janie Bay - Amper Daar

“Ek skryf tans in Afrikaans en het dit baie geniet om hierdie liedjie te skryf en op te neem. Ek werk ook aan `n vollengte album wat hopelik oor `n paar maande uitgereik gaan word.”

Janie verduidelik dat “Amper Daar” daaroor gaan dat mens eintlik nooit regtig in ‘n verhouding arriveer nie: “Dis `n reis wat twee mens saamneem wat nooit eindig nie, vandaar die “roadtrip” in die musiekvideo, wat ook pas uitgereik is, wat uitbeeld dat die kar altyd bly loop.”

IQ AcademyOfferforge

Janie voel opgewonde oor hoe musiek tans ontwikkel

“Dis ‘n wonderlike tyd om te kan eksperimenteer met jou eie “vibe.” Ek ervaar dat die wêreld baie meer oop daarvoor is dat mens jou eie kleurvolle self kan wees. Dis `n tyd van nuwe style en interessante klanke en ek geniet die vryheid wat dit bied om myself te kan uitleef.

Ons het almal soveel meer van onsself om te gee as wat ons aanvanklik besef. Dis lekker om te sien dat meer kunstenaars dit waag om hulle unieke stempels op musiek af te druk.”

Janie Bay se sangloopbaan het die afgelope paar jaar opwindende draaie geloop

Sy het in 2016 `n platekontrak met Warner Music geteken en haar album “Miscellany” wat in 2017 uitgereik is was benoem vir `n SAMA.

Die liedjie “Can`t be the One” vanaf hierdie album het in 2018 `n Goue Toekenning vir “Beste musiek in `n Video” by die Queen Palm International Film Fees in Palm Springs, California ontvang.

NetfloristOfferforge

Videos van samewerkings tussen Janie en verskeie gewilde kunstenaars onder andere Jack Parow, Hunter Kennedy, Bouwer Bosch en Jan Bloukaas is kollektief al meer as 500,000 keer op YouTube gekyk.

Hunter Kennedy, wat saam met Janie verlede jaar die liedjie “Wag vir Jou” opgeneem het, voel dat sy iemand is om dop te hou: “Janie is die outentieke vroulike, Alternatiewe Pop stem waarvoor ek al lankal wag.”

Janie se musiek kan ook gehoor word in die plaaslike films “Mooirivier” en “Vir Altyd.” Sy het ook haar eie weergawe van “You are my Sunshine” opgeneem vir die fliek “Stroomop.”

Die van julle wat my ken sal weet dat ek glad nie ‘n fan is van Afrikaanse Pop musiek nie. Ek is ‘n ou rock ‘n roller, maar ek moet krediet gee waar dit nodig is. Skiet my as julle wil, maar ek dink “Amper Daar” is heel moontlik een van die beste Afrikaanse liedjies wat ek in 2019 gehoor het.

As jy twyfel oor my assessment, kyk asb die “Amper Daar” musiek video hier onder:

Wat dink jy van die song? Los kommentaar oor die liedjie hier onder en laat weet. Terugvoer is welkom.

“Amper Daar” is by die aanlyn beskikbaar by hierdie skakel.

Wees op die uitkyk gereeld opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026

    South African singer Janie Bay releases "Nevermind", a soft pop track born from grief and emotional vulnerability during a difficult period in her life.

    Janie Bay Releases Pop-Country song titled “Miracles”

    Janie Bay - Miracles
    Music Videos 2 Feb 2024

    Janie Bay releases her new Pop-Country single "Miracles," pushing creative boundaries after years of successful Afrikaans releases and over 18.5 million streams.

  • Riverdance 30 – The New Generation: April 2027 SA Tour Deets

    Riverdance 30 - The New Generation: April 2027 SA Tour Deets 1
    Upcoming Events 5 Aug 2026

    Riverdance 30 - The New Generation is coming to South Africa in April 2027, featuring innovative choreography and a fresh generation of performers celebrating 30 years of the iconic Irish dance show.

    Halloween 2026 in Pretoria: Featuring Silverstein & More

    Halloween 2026 in Pretoria Featured
    Upcoming Events 30 Jul 2026

    Halloween 2026 Pretoria is bringing heavy alternative music to Heartfelt Arena Gardens with international headliners Silverstein and local rock and metal acts.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Janie Bay Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 2
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 3
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,255
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.