Park Acoustics: ‘n Vinnige Onderhoud met Janie Bay

Janie Bay is een van die kunstenaars wat die naweek by Park Acoustics optree in Pretoria. Ek het met haar gesels oor hierdie gewelde eendagfees en so paar ander goedjies. Hier is wat sy te sê gehad het.

Wat is die beste manier om Park Acoustics vir iemand te beskryf wat nog nie daar was nie?

Dis rustig en party mode in een. Jy kan doen wat jy wil, want die atmosfeer is non-judgemental. Almal het ‘n lekker tyd in hul eie manier.

Wat is die snaakste ding wat al gebeur het by een van jou vertonings?

Iemand het my gebook vir ‘n show jare terug en gedink my naam is “Jannie Bay” en toe ek arrive toe vra die ou my “Maar waar is Jannie, ons het vir Jannie Bay gebook.”

Janie Bay

Wat het jou ge-inspireer om “Amper Daar” te skryf?

My eie verhouding. “Amper Daar” beteken amper meer die opposite van wat dit sê. As jy oor 10 jaar die liedjie luister gaan dit nogsteeds sê “Ons is amper daar”, meenend mens “arrive” nooit regtig in ‘n verhouding. Die wiele draai altyd en dis altyd harde werk, maar dis SO worth it.

Wat is die ding wat huidiglik skort in die SA Musiek bedryf?

Ondersteuning by shows vir verskillende artists. En ek sal fans aanmoedig on steeda albums en songs te KOOP op streaming platforms en selfs hard copies. Gaan support nuwe en ou acts  Dit help die kunstenaars vreeslik baie.

Wat kan ons van jou verwag by Park Acoustics op die 1ste Maart 2020?

Ons het ‘n hele nuwe set met nuwe songs wat op my volgende album gaan wees, van ballads na upbeat tunes en dan natuurlik die laaste paar singles. ‘n Persoonlike true journey en account van die afgelope jaar of twee in my lewe.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Janie Bay te bedank vir hierdie onderhoudjie. Ek wens haar als van die beste toe met haar vertoning en haar toekomstige musikale avonture.

As jy nog nie kaartjies het vir Sondag se Park Acoustics nie, kry joune HIER.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

  • 22
  •  
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    24
    Shares
  •  
    24
    Shares
  • 22
  •  
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply