Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Britney Meistre heads to Hollywood to record “By My Side”
    • Artists Announced for MTN Bushfire Festival 2022
    • David Kramer Reik Liedjie Uit Vir Eseltjiesrus se Donkies
    • Nomadic Orchestra release flavourful album: “Out & About”
    • Emerger Prepares For Take-Off With “Aeroplane Park”
    • Amy Lilley releases new single: “Video Games”
    • Jeremy Loops Colabs With Ed Sheeran on “Better Together”
    • Nibs Van Der Spuy releases “Maiden of the river”
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Park Acoustics: Jannie “Hanepoot” Van Tonder Onderhoud

    Park Acoustics: Jannie “Hanepoot” Van Tonder Onderhoud

    Henno KrugerBy Henno KrugerNov 26, 2019 Music 5 Mins Read43 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Jannie “Hanepoot” Van Tonder is deel van die Gereformeerde Blues Band. Hulle jam die naweek by die 100ste edisie van Park Acoustics in Pretoria.

    Die Gereformeerde Blues band speel een van hulle 30ste anniversary shows by hierdie eendag fees in Pretoria (wat een van die moet-beleef feeste is in die 012).

    Jannie Hanepoot Van Tonder en die Gereformeerde Blues Band

    Meer inligting oor die Gereformeerde Blues Band

    Die groep het gevorm in die middel 1980s. Johannes Kerkorrel, Gary “Piet Pers” Herselman, Willem “Meneer Volume” Möller en Jannie “Hanepoot” van Tonder was die lede van die groep. Koos Kombuis was ook op ‘n stadium deel van die groep gewees.

    Die Gereformeerde Blues Band was deel van die Voëlvry beweging in die 1980s gewees. Die Voëlvry beweging was heavy uitgesproke teen Apartheid en die regering van toe-staatspresident P.W. Botha. Die groep se 1989 album Eet Kreef was ‘n kommersiële sukses gewees (al het die SABC radio stasies die nie gespeel nie). Kerkorrel is oorlede in 2002, maar die ripple effect wat hy en die Gereformeerde Blues Band op die SA musiekbedryf gehad het, word vandag nog gevoel.

    Ek het onlangs met Jannie “Hanepoot” Van Tonder gesels via e-pos. Hier is wat hy te sê gehad het…

    Hoe het dinge verander in die SA musiek bedryf sedert die 1980s?

    Dis ‘n komplekse vraag, want alles het soveel verander. Maar kortliks, wat afrikaanse musiek betref is daar nog steeds ‘n massiewe mark vir soetsappige stront, vandag gedryf deur die Kyknet brigade, dus hoofsaaklik ‘n “wit” ekonomie.

    Niks fout met bietjie escapism in musiek nie, natuurlik is daar ruimte daarvoor, maar sedert die fokop wat die Zuma regering was, en die daaropvolgende herpolarisasie, het die “boere” weer laergetrek, en daar’s minder ywer om enigsins ‘n crossover mark te bereik.

    So, ons sit maar weer met dieselfde struggle, waar kwaliteit kuns op die randjie van die samelewing moet plaasvind, met weinig ondersteuning van ‘n krimpende ekonomie. Daar speel social media darem ‘n rol om fringe kunstenaars met hulle mense te konnek, maar ek’s bevrees as jy nie op ‘n manier in die hoofstroom in kan breek nie, you will forever be preaching to the converted.

    Wat is die snaakste ding wat al met julle gebeur het tydens ‘n konsert?

    Daar was die keer wat die Gereformeerde Blues Band op ‘n sportveld in Pretoria onder polisiebewaking moes speel a.g.v. doodsdreigemente (WTF?) en die dressing room was aan die ander kant van die rugbyveld.

    Toe dring die polise aan ons mag nie verhoog toe stap nie, en die engiste kar wat ons op daai oomblik kon kry was ‘n BMW…

    Hoe het hierdie hele 30 jaar reunie storie gebeur?

    Johannes Kerkorrel se tydlose liedjies, en optredes saam met die GBB gedurende daai kritieke oomblik in ons geskiedenis, het ‘n massiewe impak op mense se lewens gehad, so daar’s al jare lank gereeld mense wat vra of ons ooit weer sal optree.

    Ons bydrae het gekom teen ‘n hoë prys, in die sin dat ons verskeie makkers vroeg verloor het, insluitende Johannes Kerkorrel en James Phillips, so dis vir ons nogal ‘n emosionele issue. So, om nou weer diè besonderse materiaal saam te speel, met jou ou tjommies waarmeee jy al 35 jaar lank saam musiek maak, is gedeeltelik ‘n genesingsproses van ou wonde, en verder, soos dit toentertyd ook was, ‘n moerse thrill.

    Die Gereformeerde Blues Band en Die Wasgoedlyn

    Wat kan ons verwag van julle set by Park Acoustics op die 1ste Desember?

    Die GBB was oorspronklik Johannes Kerkorrel se ‘backing band’. Dit was ons bydrae aan die afrikaner (en die mensdom) se ewigdurende stryd om geregtigheid, so ons het gevoel dis belangrik om op ‘n manier die proses voort te sit wanneer ons weer optree.

    Alhoewel ons 2 liedjieskrywers in die GBB het in Gary Herselman (Piet Pers) en Tonia Möller (Karla Krimpelien), was dit belangrik om materiaal soortgelyk aan Johannes Kerkorrel s’n te vind. Ons het daarom vir Churhil Naude ingebring, ‘n bruin rymkletser van Mitchells Plain wat briljante afrikaanse songs skryf oor hedendaagse pertinente issues. Ons is oortuig dat Johannes Kerkorrel ‘n groot fan van Churchil sou gewees het.

    Met die nuwe besetting is Tonia (vroeër agtergrondsangeres van die GBB) nou op sang, ons het ook vir Riku Lätti ingebring  op keyboards en agtergrondsang, en Jackie Lätti op agtergrondsang. Riku, Jackie en Churchil lewer ‘n enorme en inspirerende bydrae wat die hele ding vir ons weer vars laat voel!

    So hier’s die hele boksemdaais:

    Die Gereformeerde Blues Band:

    • Sang: Karla Krimpelien (Tonia Selley)
    • Kitaar: Willem “Meneer Volume” Möller
    • Bas: Gary “Piet Pers” Herselman
    • Tromme / Tromboon:  Jannie “Hanepoot” van Tonder

    Die Trawante (vars gehaal van Die Wasgoedlyn):

    • Rymklets: Kroeskop (Churchil Naude)
    • Klavier en sang: Kolonel Mostert (Riku Lätti)
    • Sang: Bettie Blatjang (Jackie Lätti)

    Wat is in die pyplyn vir Gereformeerde Blues Band na hierdie 30 jaar reunion toer?

    Dis ‘n moerse effort om die band bymekaar te kry, ons is almal op verskillende plekke, en besig met klomp ander dinge, maar tog baie rewarding.

    En dis veral inspirerend om Churchil se songs saam met hom te speel, so afhangende van almal se gesondheid (ons is mos ou ballies) en ander verpligtinge, kan ons dalk later nog weer ‘n paar dinge doen. Ons doen wel nog in Desember ‘n paar shows in die Kaap by Masque Theatre in Muizenberg (op 22 Desember) en by Evita se Perron in Darlin (op die 27ste Desember).

    Ek wil die geleentheid gebruik om vir Jannie “Hanepoot” Van Tonder en die Gereformeerde Blues Band te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle alles van die beste toe met hulle show by Park Acoustics en hulle toekomstige bedrywighede.

    As jy nog nie kaartjies het vir Sondag se Park Acoustics (by die Voortrekker Monument in Pretoria) nie, kry dit HIER.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Die Gereformeerde Blues Band Festivals Interviews Jannie "Hanepoot" Van Tonder Park Acoustics Pretoria South Africa
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous Article4 Amazing Technologies That Are Revolutionizing the Gaming Industry
    Next Article 15 Hilarious Baby Yoda Memes
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Park Acoustics: Pieter De Jager Onderhoud

    Jan 29, 20203 Mins Read26 Views

    Park Acoustics: Die Melktert Kommissie Onderhoud

    Oct 23, 20192 Mins Read31 Views

    Park Acoustics: ‘n Onderhoud met Van Pletzen

    Jul 26, 20192 Mins Read24 Views

    Park Acoustics: Bouwer Bosch (Straatligkinders) Onderhoud

    Jan 28, 20194 Mins Read18 Views

    ‘n Vinnige Pre Park Acoustics onderhoud met The Black Cat Bones

    May 15, 20174 Mins Read13 Views

    ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar

    May 9, 20174 Mins Read12 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    My 2 cents on the 2nd edition of Rise & Festival for 2015

    Aug 31, 20156 Views

    An Interview with Gareth Wilson: The guy who booked Oppikoppi

    Jul 29, 201333 Views

    Album Review: In Flames – I, The Mask

    Mar 7, 201920 Views

    ‘n Vinnige geselsie met Koos Kombuis

    Nov 28, 201615 Views

    A quick chat with Kabaal Klankbaan

    Nov 14, 2016
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    How to deal with Exam Stress

    Dec 17, 2021

    Opinion: Plans to remove Springbok emblem are ridiculous

    Oct 10, 200847 Views

    What are good options for short term loans?

    Jul 8, 2021

    The Story Of Asha The Rhino

    Jun 4, 201321 Views

    Instagram Strategies To Incorporate For Successful Email Marketing

    Jun 6, 201911 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    7 whiskey facts that nobody will tell you

    Feb 9, 201933 Views

    4 redes hoekom Hidden Eden ‘n awesome venue is

    Jul 4, 201724 Views

    Bring To Bear: 10 Facts You Might Not Know

    Jul 16, 2021
    Recent Posts

    Capital Craft Beer Festival 2022: Everything You Should Know

    May 20, 202254 Views

    Disney+ Makes Smooth Arrival in South Africa

    May 19, 202257 Views

    Britney Meistre heads to Hollywood to record “By My Side”

    May 17, 202249 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.