Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit

Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit

Blitsoorsig: Francois Van Coke het sy eerste solo album-snit "Maak Wakker" met Elandré vrygegee. In die musiekvideo speel hulle twee toekomstige speurders wat mense wakker maak met rock 'n' roll. Die nommer sal ook uitgevoer word by Francois Van Coke & Vriende 2022 op 25 September by SunBet Arena in Pretoria, waar sy nuwe album Kanniedood vrygestel word.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 1, 2022No Comments2 Mins Read Music Videos 107 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Maak Wakker” feat. Elandré is die eerste enkelsnit en musiekvideo vrystelling vanaf Francois Van Coke se volgende solo album (Kanniedood) en is nou uit.

Francois  en Elandré se paaie het die eerste keer gekruis op ‘n lughawe. “Dit was net na Elandré se viral sukses met “Tougher than the Rest”. Daarna het ons mekaar maar gesien by feeste. Ek het altyd gedink daar is iets baie uniek aan hom.” vertel Francois.

Francois Van Coke - Elandre - Maak Wakker

In die musiekvideo vir “Maak Wakker” speel Francois en Elandré twee speurders van die toekoms wat mense wakker maak met die klanke van rock ‘n’ roll. Hulle is ‘n Suid-Afrikaanse weergawe van die Ghostbusters. Die spookrokers.

Die musiekvideo vir “Maak Wakker” is vroëer vanaand uitgereik, kyk dit hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Maak Wakker” HIER stroom / aflaai. Indien jy gewonder het, Elandré gaan saam met Francois “Maak wakker” opvoer by Francois van Coke & Vriende 2022 by SunBet Arena in Pretoria. Ja mense, COVID-19 is so te sê iets van die verlede en die gewilde show is terug!

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Francois Van Coke & Vriende 2022

Na twee jaar se afwesigheid slaan Francois Van Coke & Vriende weer SunBet Arena, Time Square se verhoog weer aan die brand op Sondag, 25 September. Francois stel sy vierde solo album (Kanniedood) vry op Vrydag, 23 September, wat dit die grootste sameswering nóg maak!

Francois Van Coke & Vriende 2022

Hier is 2022 se vriende:

Spoegwolf, Elandré, Early B, Tasché, Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Laudo Liebenberg, Jack Parow, Van Pletzen en Hunter Kennedy.

Soos die tradisie loop, gaan die twee uur lange vertoning weereens gepak wees met Francois se bekendse liedjies, die rock treffers wat hy saam met Die Vriende opgeneem het in die verlede, plus lekker nuwe samewerkings, soos “Maak Wakker” met Elandré wat vandag vrygestel is.

Francois Van Coke & Vriende - Henry Engelbrecht
Foto deur Henry Engelbrecht

Kry jou kaartjies HIER. Staande kaartjies kos R250 en Sit-kaartjies kos R295. Kry meer inligting op die Facebook event bladsy.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 2
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.