Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Fokofpolisiekar reik “Dans deur die donker” album uit

Fokofpolisiekar reik “Dans deur die donker” album uit

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar het hul langverwagte vyfde album Dans deur die donker uitgereik, ses jaar na Selfmedikasie. Die album is moontlik gemaak deur crowdfunding en verteenwoordig die perfekte balans van wat al vyf bandlede wou hoor. Die album tans ongemaklike onderwerpe aan soos nostalgie en menslike breinsels, met lirieke wat filosofiese vrae stel.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 7, 2023No Comments3 Mins Read Music News 51 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Twintig jaar terug het Fokofpolisiekar hul eerste album, As jy met vuur speel sal jy brand, uitgereik en die landskap van die Afrikaanse kultuur onherroeplik ontwrig.

En nou’s dit ses jaar later vandat hulle hul vorige vollengte album, Selfmedikasie, uitgereik het. Vandag (7 Desember 2023) stel Die Bende hul vyfde vollengte album, Dans deur die donker vry, en dit is die een Fokofpolisiekar album waarvoor hul ondersteuners gewag het.

Fokofpolisiekar

“Die album klink soos my mid-90’s CD wallet wat in 2023 internet access gekry het.” vertel Hunter Kennedy

Volgens Wynand Myburgh (baskitaarspeler en bestuurder van die groep) het hierdie album “die perfekte balans van wat al vyf lede van die groep wou hoor op ‘n nuwe Fokofpolisiekar album.’’

IQ AcademyOfferforge

En oudergewoonte skroom Fokofpolisiekar nie om ongemaklike onderwerpe in die gesig te vat met hierdie album nie. Soos byvoorbeeld met die snit, “Die goeie ou dae”: “Ek wou die kognitiewe vooroordeel uitlig van mense wat verlang na die ‘ou’ Suid-Afrika.” vertel die liriekskrywer Hunter Kennedy.

Fokofpolisiekar - Dans deur die donker

Hunter Kennedy deel sy beskrywings van die snitte op Fokofpolisiekar se Dans deur die donker:

1. Ctrl+Alt+Delete: “Ek wonder soms hoekom die programmeerder van hierdie simulasie nie net Ctrl + Alt + Delete druk nie.”

2. Ek voel so klein: “Ons mense dink ons is darem baie slim. Maar hoe slim is ons nie?”

3. Die goeie ou dae: “Jy is hier as gevolg van almal wat voor jou was.”

NetfloristOfferforge

4. Word wakker word groot: “Partykeer voel dit vir my of ons die robotte is.”

5. Breindrein: “Oud word is nie vir sissies nie.”

6. Dans deur die donker: “Jou keuses is: ineenkrimp van vrees of dans deur die donker.”

7. Dis nie nodig om my polse te sny nie: “‘n Positiewe uitkyk is kardinaal in die eindtye.”

8. Fok rond: “Basies die kreet van die mensdom as geheel.”

9. Goue drol: “Wanneer jy besef materiale belonings is nie jou siel werd nie.”

10. Die gees van Fokof: “Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.”

11. Oorgestimuleer: “Voorkoming is beter as genesing.”

12. Die einde: “Niemand kon al die einde van die wêreld akkuraat voorspel nie… Nog nie.”

Fokofpolisiekar se skarefinansieringsveldtog

Soos met Selfmedikasie, is die Dans Deur Die Donker album moontlik gemaak deur Die Bende se aanhangers wat items gekoop het vanaf fokof.store of donasies gemaak het. Met Selfmedikasie se skarefinansieringsveldtog was die doel van R500 000 in 2017 verdubbel. En in 2023 is Fokofpolisiekar se verwagtinge weereens oorskry.

Wynand vertel: “Ons wou graag weer die Fokof community betrek by die album creation en daar is geen beter manier as ‘n crowdfunding campaign nie. Die doel was om R250 000 se net profeit in te samel (+/- R650000 gross) en ons het geëindig by R262 350. Dankie aan almal wat betrokke geraak het. Julle weet wie julle is.”

Fokofpolisiekar {Woorde 2003 – 2023}

Fokofpolisiekar {Woorde 2003 – 2023} is die opgedateerde en voltooide weergawe van al Die Bende se woorde in ‘n digbundel formaat. Dis basies 20 jaar en 80 liedjies in ‘n 128-bladsy bundel vasgevang. Die bundel sluit ook die lirieke in vanaf die nuwe album getiteld Dans deur die donker en kan vooraf bestel word by fokof.store.

Fokofpolisiekar Woorde 2003 - 2023

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Fokofpolisiekar: 15 Interesting Facts You Might Not Know

    Fokofpolisiekar
    Music Facts 4 Jul 2025

    Fokofpolisiekar are legendary Afrikaans rockers from South Africa with an impressive discography, notable collaborations, and upcoming festival performances in 2025.

    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026

    Francois van Coke het sy nuwe punk anthem "Bangkinders" uitgereik. Dis propvol rou energie en satire oor moderne absurditeite.

    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop

    Millennium - Brooklyn Bachelor
    Music Videos 28 Jul 2026

    Millennium se nuwe blues-rock hit "Brooklyn Bachelor" is 'n opwindende liedjie oor 'n gevaarlike vrou en roekelose avontuur vol humor en waarskuwing.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Dans deur die donker Fokofpolisiekar Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Strongboi
    Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single
    August 4, 2026
  • Alyssa Grace
    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP
    August 4, 2026
  • GoodLuck
    GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”
    August 3, 2026
  • Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton
    August 1, 2026
  • Scatterlings - Johnny Clegg Reimagined
    “Scatterlings”: A New Generation Reimagines Johnny Clegg
    August 1, 2026
  • Blush - Pose
    With “Pose”, Blush is searching for connection
    August 1, 2026
  • Jann Klose and Marcella Detroit
    Jann Klose & Marcella Detroit Drop “Hurting Nobody”
    July 27, 2026
  • Somi
    Somi Releases New Single: “So You Want To Be A Woman”
    July 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 510
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 286
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.