Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Fokofpolisiekar maak Geskiedenis in 9 dae

Fokofpolisiekar maak Geskiedenis in 9 dae

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar het 'n skarebevondsingsveldtog geloods om R500 000 in te samel vir hul eerste vollengte album in 11 jaar. Hul passievole fans het met vuur gereageer, en die groep het twee Thundafund-rekords gebreek deur die meeste geld binne 48 uur en meeste fondse vir 'n album in Suid-Afrika in te samel. Hulle het nou 'n nuwe doel om Goue status te bereik met 15 000 voorverkope.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 4, 2017No Comments4 Mins Read Music News 72 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Indien jy dalk onder ‘n rots gelewe het vir die laaste week of so, Fokofpolisiekar het op 22 Maart 2017 ‘n skarebevondsingsveldtog geloods via Thundafund om geld in te samel vir hul eerste vollengte album in 11 jaar. Hul droomteiken was om R500 000 in te samel. Hierdie bedrag is gestel om produksie onkostes te dek, die album te laat druk, musiekvideos te maak, en om bemarkings-, skarebevondsing- en ander uitgawes te dek.

Die groep se aanhangers het met vuur gereageer en twee rekords het vinnig gewaai. Volgens Thundafund het die groep die meeste geld binne 48 uur by hulle ingesamel en het hulle ook die meeste fondse vir ‘n album ingesamel in Suid-Afrika. Binne slegs 9 dae het Fokofpolisiekar hul droomteiken van R500 000 oorskry en hierdie bedrag groei by die uur soos aanhangers aanhou om geld te belowe vir ‘n album wat hulle klaarblyklik enige iets sal voor doen om dit gemaak te kry.

“Ons was Vrydagmiddag in ekstase toe ons R500 000 geslaan het. Die veldtog het met ‘n ‘bang’ afgeskop en die fondse het net bly instroom. Dit het by tye skoon onwerklik gevoel. Ons is ongelooflik dankbaar vir ons fans se ondersteuning. Ons is nou baie opgewonde om ‘n ‘killer’ album te maak,” sê Francois van Coke.

Fokofpolisiekar Band

Ek moet erken dat die Fokof fan binne my GEWEET het dat hulle hierdie mylpaal sou behaal. Fokofpolisiekar se fanbase is passievol en is die main rede hoekom hierdie Belville orkes so gewild geraak het oor die laaste 14 jaar. As mense hoor Fokofpolisiekar speel by ‘n venue in hulle dorp of stad, polish hulle hulle partytjie skoentjies, lees op hoe mens effektief kan mosh en breek hulle spaarvarkies sodat hulle nie daai vertoning misloop nie.

NetfloristOfferforge

Teen Dinsdagoggend, 4 April, het Fokofpolisiekar reeds oor die R570 000 ingesamel en daar is nogsteeds 47 dae van hierdie veldtog oor. Die lede het geweet dat dit deesdae baie moeilik is om mense te kry om musiek te koop en juis daarom het hulle so baie ander belonings by hulle skarebevondsing ingesluit. Die stand van sake “Ons besef dat album verkope op ‘n ‘all-time low’ is en dis een van die redes hoekom ons besluit het om die ‘crowdfunding’ roete te loop. Om jou uitgawes op ‘n album terug te maak is amper onmoontlik, veral vir ‘n band wat nie hoofstroom musiek maak nie,” sê Jaco S. Venter.

Dit is interessant om te sien dat van die R570 000 wat ingesamel is, maar slegs 446 eenhede van die opkomende album verkoop is. Dit is slegs ‘n totaal van R61 580 wat deur album verkope ingesamel is. “Dis mal dat album verkope so ‘n klein deel uitmaak van die geld wat ons ingesamel het. Maar ons het dit verwag. Dit bevestig die toestand van die musiekindustrie en dat ons die regte roete gegaan het. As ons R500 000 op hierdie projek spandeer het en ons die geld moes terugmaak deur album verkope, sou ons geskoef gewees het,” sê Wynand Myburgh, die groep se bestuurder en baskitaarspeler.

Johnny de Ridder sê dat hulle uiters dankbaar is aan hulle lojale ondersteuners en “die intense liefde wat hulle aan ons wys. Ons het glad nie verwag om so baie geld in so min tyd in te samel nie. Of dit nou T-hempde or getekende plakkate is wat verkoop is, dis gedoen en ons is dankbaar. Nou wil ons vir goud gaan!”

Fokofpolisiekar mik vir ‘n nuwe teiken Juis om die rede het die groep 'n nuwe doel rondom die skarebevondsing. Hulle wil probeer om meer eenhede van die album te verkoop in die volgende 47 dae. Hulle sal graag Goud status wil bereik met voorverkope van 15 000 eenhede vanaf hul Thundafund-blad. In die 14 jaar van hul bestaan het hulle nog nooit ‘n Goue album gehad nie.

NetfloristOfferforge

Fokofpolisiekar moedig almal aan om die stap te neem en hulle verder te ondersteun deur die album vooraf te bestel. Die digitale mp3 album is te kry vir R80, die fisiese CD kos slegs R100 en plaat kan vooraf bestel word teen R350 (slegs ‘n beperkte aantal is beskikbaar).

Fokofpolisiekar maak ‘n belofte aan hul fans Die groep wil ook ‘n belofte maak aan hul aanhangers. As hulle R700 000 insamel, sal hulle ‘n gratis vertoning in Kaapstad lewer (op ‘n ‘first come first serve’ basis) en as hulle R800 000 insamel sal hulle ‘n gratis vertoning in Gauteng lewer (ook op ‘n ‘first come first serve’ basis).

As julle nog geld wil donate vir hierdie veldtog, besoek http://www.fokofpolisiekar.co.za/fund

As jy die Bende wil live sien in April, check hulle uit by een van hierdie shows:

NetfloristOfferforge
  • 15 April 2017 -Afrikaans Rock VOL 2 – Shimmy Beach Club, Kaapstad
  • 21 April 2017 – Wilgenhof Residence, Stellenbosch
  • 26 April 2017 – Madisons Avenue & Presleys Pretoria Tent Party.
  • 27April 2017 – Margate Main Beach

Volg Fokofpolisiekar by hierdie skakels aanlyn: 

  • Website: fokofpolisiekar.co.za
  • Facebook: facebook.com/fokofpolisiekarband
  • Twitter: @fokofband
  • Instagram: fokofpolisiekar

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Royal Blood: 26 Interesting Facts You Might Not Know

    Royal Blood
    Music Facts 10 Sep 2026
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 7 Sep 2026
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”

    Future Radio - Scream
    Music Videos 21 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Fokofpolisiekar Punk Rock Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.