Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Fokofpolisiekar: ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh

Fokofpolisiekar: ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh

Post Summary: Fokofpolisiekar is playing Park Acoustics this weekend, and we caught up with bassist Wynand Myburgh about the gig and their exciting new venture, the Fokof Bar in Pretoria. They're planning a special Sweet Sixteen show packed with classics and songs they haven't played in years, plus new music and a Fokof Lager box-set coming end of 2019. The bar opens February 5th above Varsity Bakery.

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 29, 2019No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 177 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Fokofpolisiekar is een van die bands wat die naweek by die eerste edisie van Park Acoustics vir 2019 gaan speel. Dit beloof om een vir die boeke te wees.

Ek het so rukkie gelede met Wynand Myburgh (die baskitaarspeler van Fokofpolisiekar) gesels oor hierdie optrede by Fort Schanskop in Pretoria. Ons het gepraat oor hulle kief nuwe watergat in Pretoria, die Fokof Bar.

Mense het dit seker al vir julle gevra, maar Is daar enige weg-gesteekte mening in julle musiek?

Dink nie ons was dit al ooit gevra nie… daar is niks versteek nie. If anything, dalk soms complicated te danke aan Hunter se beautiful mind.

Fokofpolisiekar
Foto deur Liam Lynch

Wie dink julle sal teen mekaar baklei in die Ultimate Suid-Afrikaanse weergawe van Celebrity Death Match? Wie sal wen en hoekom sal hulle wen?

Dis nou iets waaraan ons nog nooit gedink het nie. Karen Zoid teen Karlien van Jaarsveld sal fun wees. Pop vs. Rock! Aangesien ons die rocker support sal ons wil glo Karen sal wen. Sy het meer ervaring en defnitief sterker as Karlien 🙂

NetfloristOfferforge

Behalwe dat julle by Park Acoustics speel, wat is nog nuus in Fokofpolisiekar land?

Die Fokof Bar wat oopmaak is ‘n groot storie vir ons. Ons werk al die afgelope 12 maande aan dit. So dit is vir die volgende 12 maande ‘n groot prioriteit. Ons is besig om aan die ‘ultimate’ Fokof show te werk!

Dit sal ‘n 2 ure set wees packed met die classics + songs wat ons jare laas gespeel het; op ‘n groot stage met great production. Ons dink daaraan om dit SWEET SIXTEEN te noem aangesien ons die jaar vir 16 jaar bestaan.

Maar, meer oor dit later. Ons sal weer musiek uitbring saam met ‘n Fokof Lager box-set aan die einde van 2019. Hoeveel songs en hoe dit gaan klink, weet ons nog nie.

Fokofpolisiekar
Foto deur Liam Lynch

Hoe vind julle ‘n balans tussen julle famiie lewe en al die optredes, opnames ens.?

Dit is nie altyd maklik nie, maar ons vroue, etc. het geweet waarvoor hulle hulself ingekry het toe hulle met ons betrokke geraak het! Niemand van ons wil ‘n ‘normale’ lewe leef nie! Fokof maak seker daarvoor!

Vertel ons bietjie meer van die Fokof Bar. Wat kan die mense van Pretoria van dit verwag?

Soos enige nuwe venture was dit baie harde werk en baie oomblike van stres om die plek reg te kry ! Die grootste challenge was om iets te create wat nie soos ‘n Hardrock Cafe is nie, maar tog die band se waardes, idees, legacy en geskiedenis capture.

Gelukkig het ons al ‘n resep vir dit: al 5 band members se input en om altyd te doen waarvan ons hou. “Kom ons create net die soort spasie waarin ons sal wil kuier…” Dit is regtig ‘n awesome space en ons sien uit om daar uit te hang! 

Vertel ons bietjie meer van julle optrede by Park Acoustics. Wat kan ons verwag?

Ons gaan die Fokof-energie hard bring! Ons kyk ook na ‘n paar songs wat ons baie baie lanklaas en ook songs wat ons nog nooit live gespeel het in die set te sit.

Wat is volgende in die pyplyn vir Fokofpolisiekar?

Ons sal graag nog ‘n collective van songs wil skryf, maar dit sal nie begin voor 2020 nie. Vir nou is dit killer shows, baie by die kroeg kuier en baie baie Fokof Lager drink…

”Daar is nog baie bier om te drink en kak om te praat voor ons die wereld probeer reg maak.”

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Wynand en Fokofpolisiekar dankie te sê vir hierdie onderhoud. Ek sien moerse uit om ‘n bier of 15 by die Fokof Bar te drink en ek sien moerse uit na hulle show by Park Acoustics die naweek.

As jy nog nie tickets gekoop het vir die naweek se Park Acoustics nie, kry joune HIER.

Jy mag dalk jouself vra, “Waar de fok is die Fokof Bar?”

Die Fokof Bar is bokant Varsity Bakery by 297 Lynnwoodweg in Pretoria. Daar is ‘n openingsparty op die 2de Februarie. Daar is ook ‘n Park Acoustics After Party op die die 3de Februarie.

Fokof Bar

Die kroeg se deure maak offisieel oop om 10 VM op die 5de Februarie. Check die Fokof Bar Facebook page uit vir meer inligting.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to promote your business, event, product or service? We get more than 14,000 pageviews a month! Contact us for marketing and advertising options.

You might also like

  • 2020 South African Metal Music Awards Winners Announced

    South African Metal Music Awards 2020
    Music News 8 Nov 2021
  • ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar

    Fokofpolisiekar @ Park Acoustics
    Artist/Band Interviews 9 May 2017
  • Fokofpolisiekar: 15 Interesting Facts You Might Not Know

    Fokofpolisiekar
    Music Facts 4 Jul 2025
  • Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review

    Green Day @ Calabash 2025
    Event Reviews 22 Jan 2025

Featured Events

  • WAV Festival: Returning to SA in 2027

    WAV Festival: Returning to SA in 2027 1
    Upcoming Events
  • Tyla: Live in South Africa in January 2027

    Tyla Tour
    Upcoming Events

Join The Wolf Pack

📻 Subscribe To Our Newsletter

Help To Keep Us Going

☕ Support Us

Explore Running Wolf's Rant

🎵 Visit the Music Hub🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check out Upcoming Events🎤 Check Out The SA Gig Guide
Fokof Bar Fokofpolisiekar Park Acoustics South Africa Wynand Myburgh
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Subscribe To Our Newsletter

Enter your email address to subscribe and receive notifications of new posts in Your Inbox.

More Articles
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
Categories
Entertainment
3,507 ▼
Music 2,696
Events 254
Interviews 230
Gaming 100
Streaming 97
Humor 48
Movies 34
Television 28
Advertising 20
Featured
561
Hacks
510
Facts
468 ▼
Music Facts 153
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Gaming Facts 15
Sport Facts 15
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
341
Opinion
232
General News
144
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
NetfloristOfferforge
Popular Topics
South Africa 3,355
Rock 623
Useful Tips 570
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 292
Festivals 200
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.