Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Fokofpolisiekar Maak SA Musiek Geskiedenis

Fokofpolisiekar Maak SA Musiek Geskiedenis

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar het geskiedenis gemaak deur R1 miljoen in te samel via Thundafund crowdfunding, die hoogste bedrag ooit in Suid-Afrika. Met ondersteuning van 1300 fans en bydraes van Lush Festival en Converse, het die band hulle teikelbedrag verdubbel. Hulle nuwe album word in Oktober vrygestel en die band sal die land toer om dit te loods.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 18, 2017No Comments3 Mins Read Music News 70 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie Nuus! Fokofpolisiekar  het gister wakker geword en soos ‘n miljoen Rand gevoel!  Op die aand van die 16de Mei 2016 het hierdie rock band ‘n rekord bedrag van R1 miljoen bereik met hulle Thundafund crowdfunding veldtog.

Hierdie bedrag is onbeskryflik hoog vir ‘n veldtog soos die in Suid-Afrika. Dis die meeste geld wat al ingesamel is vir ‘n crowdfunding veldtog in die land. Patrick Schofield van Thundafund het vir Fokofpolisiekar en hulle fans geluk gewens met hierdie mylpaal.  “Die skare het gepraat”.

Daar is net 3 dae oor in die veldtog en Fokofpolisiekar het hulle oorspronklik teikenbedrag vir fonds insameling vir hulle nuwe album verdubbel! Sover het 1300 passievolle fans die veldtog ondersteun en Lush Festival en Converse het R100,000 elk bygedra.

Fokofpolisiekar Maak SA Musiek Geskiedenis 5

Die sukses van hierdie veldtog is amazing. Dit is ‘n bewysstuk van watse potensiaal bereik kan word in die SA Musiek industrie en WAT Fokof fans bereid is om te doen om nuwe musiek te hoor van hulle kant af.

NetfloristOfferforge

Om hulle dankbaarheid te bewys, het die Die Bende vir Kaapstad ‘n gratis show gegee (nadat hulle die R700K mylpaal bereik het). Die gratis vertoning gebeur by Mercury Live in Kaapstad op die 25ste Mei. Gauteng kry ook ‘n gratis show want hulle het die R800k mylpaal bereik. Details hieroor sal nog beskikbaar gemaak word in die nabye toekoms.

Die band fokus nou om die songs vir die album (wat in Oktober vrygestel gaan word) klaar te skryf voordat hulle in die recording studio ingaan in Junie. Die ouens hang gereeld uit en werk hard om hulle eerste vol lengte album  in 11 jaar uit te bring.

“Ons skryf genoeg musiek waarvan ons hou en waarvan ons sal hou om te luister. Dis hoe ons dit nog altyd gedoen het. As al 5 van ons van dit hou, dan is dit goed genoeg om verder te vat. Dit is hoe ons filter en songs kies wat op die album gaan verskyn.” sê Wynand Myburgh (bass speler en bestuurder van Fokofpolisiekar)

Fokof se songs was nog altyd baie persoonlik gewees. Die onderwerpe van liedjies is afgelei van gesprekke tussen die 5 lede van die band oor wat met hulle en rondom hulle gebeur en hoe hulle be-invloed word deur die wêreld rondom hulle. Hunter Kennedy is die hoof liedjie skrywer want hy het ‘n unieke talent om hulle vibe te capture.

NetfloristOfferforge

Die nuwe album het nog nie ‘n titel nie, maar Fokofpolisiekar het werkende titels vir liedjies op hulle sosiale media platforms gedeel.

Fokofpolisiekar Maak SA Musiek Geskiedenis 6

Die album word op die 3de Oktober vrygestel saam met die eerste singles en ‘n musiek video. In egte Fokofpolisiekar tradisie, gaan die manne die rook uit die land uit toer om die album te loods. Merk solank die datums in jou dagboek:

  • 7 Oktober 2017 – Rocking The Daisies
  • 12 Oktober 2017 – Mystic Boer, Potchefstroom
  • 13 Oktober 2017 – Mystic Boer, Bloemfontein
  • 14 Oktober 2017 – Good Luck Bar, JHB
  • 15 Oktober 2017 – Atterbury Teater, Pretoria (All ages)
  • 27 Oktober 2017 – The Jock Pub & Grill, Nelspruit
  • 28 Oktober 2017 – Voortrekker Monument, Pretoria
  • 29 Oktober 2017 – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort Dam

As jy nie so lank wil wag nie, maak seker jy kry jou musiek liefhebbende boudjies by een van die shows:

  • 21 Mei 2017 – Park Acoustics, Pretoria
  • 25 Mei 2017 – Mercury Live, Kaapstad (Gratis show)
  • 30 Junie 2017 – Grizzlies, Daspoort, Pretoria
  • 8 Julie 2017 – Injustice 2 Championship Series Grand Final, Weiveld, Pretoria Oos

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Silverstein: 13 Interesting Facts You Might Not Know

    Silverstein Band
    Music Facts 25 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 7
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”

    Kerk Straat
    Music News 17 Sep 2026
  • Royal Blood: 26 Interesting Facts You Might Not Know

    Royal Blood
    Music Facts 10 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Crowdfunding Fokofpolisiekar Punk Rock Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.